Afrikaanse gedig: Vrystaatse donderstorm
Vrystaatse donderstorm
Soos 'n pleitend droë spons
Sluk die warm dorre Vrystaatse veld
Die donderende wolke se geweld
Water wat in strome plons
Rooi malende wolke verwelk
Flitse klief-blits uit donker wolke
Wat kilometers hoog in kelk
hael soos vernietigende dolke
skeur in elke groen kombers
pluimvee tot bloedpulp gepers
In die weste breek 'n ligstraal
Eers soos 'n skerp priemende flits
ligbakens uit die donker haal
Dan in 'n kits 4
Helderkleurig vrolik skyn die son
Op die nat aarde uit God se bron
Herman Toerien
__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.http://www.eset.com