Afrikaanse humor: Omgesukkelde oranje-wors
Herman Toerien
Die laaste klompie jare kry die Vrystaters gereeld Curriebekerkoors.
En dan is die hele wêreld oranje.
Só oranje dat selfs 'n paar taxi's oranje geverf is ene nogal metalic, en al het die destydse LUR ir sport oranje verbied.
Sien, ken nie haar geskiedenis nie.
Nartjies is ook oranje, en die en positiewe ding is dat mens nie die gedokterde weergawe met die vuurwater pawiljoen toe kon neem nie.
Die nadeel is dat die plaasvervangers, suurlemoene en veral lemmetjie (geel en nie oranje nie) darem baie beter en verder geslinger kan word as 'n nartjie.
'n Lemmetjie (nee man, nie die ding waarmee jou stukkend skeer as jy babelas het nie dit wat die Engelse 'n lime noem, as mens nou naby genoeg aan die kantlyn sit, kan 'n mens tot 'n skelm skeidsregter tussen die blaaie pot.
Maar die rugbybase is half tee daarop.
Maar wat, as die oranjegolf eers spoel kan 'n LUR maar haar mond uitspoel soos sy wil., daai golf loop.
Vanoggend op die Langenhovenparkboeremark is omtrent als oranje. Die vlae, die hoede, die klere.
En dit spoel toe ook oor na die diere.
Kom iemand met so 'n woelige worshondjie verby aan 'n oranje leiband.
En van voor af kom mense met twee steekhare aan sulke pers-blou leibande.
Fout.
As iemand gedink het honde is kleurblind, het niemand dit vir daar worsie vertel nie. Dié is op die plek uit sy humeur uit, en probeer daar twee brandsiek brakke net bymekaar maak. Sy baas moet net lelik rem, of die enkele worsie het van twee brakke bloubulfrikkadelle, of eerder stew gemaak. Lanklaas 'n worsie so sleg die m*%r in gesien. Dis die ene tande-uitpakkery en 'n gegrom wat selfs 'n leeu stert tussen die bene sal laat koers kry.
__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.http://www.eset.com