Nuuskommentaar: Dit raak nou afgesaag
Nuuskommentaar: Dit raak nou afgesaag
In die blankes se kontak met die Amerikaanse Rooihuide, het die Indiane gou die opmerking gemaak dat wit mense neig om met 'n gevurkte tong te praat.
Sê een ding, en doen 'n ander.
Vandag is min Amerikaners trots op die wyse waarop hul voorouers met die kontinent se oorspronklike inwoners gewerk het.
Die Amerikaanse pioniers het moontlik die kuns van met 'n gevurkte tong omgaan ontwikkel, die regering alhier neig om dit te wil vervolmaak.
Pas weer het die SABC-TV-nuus groot gewag gemaak van 'n stelling van die ANC se sekretaris-generaal dat die ANC sy kader-ontplooiingsbeleid sodanig hersien, dat die ontplooide kaders darem minstens aan die aanstellingskriteria vir die poste waarin hulle ontplooi word moet voldoen.
Dienslewering wat oor 'n wye front in dui stort, en oproer hieroor, is die minder stille getuienis van die stelsel van politieke kommissarisse wat soos politieke kom-as-narre presteer.
Hierdie soort opmerkings soos dié Gwede Mantashe, skep hoop, en stuur die regte seine.
Die dagbladpers bring egter 'n ander prentjie aan die lig. In plaas daarvan dat Mantashe opnuut dit was nie sy eerste stelling hieroor nie prominente aandag kry, word prominent berig dat die regering en die direksie van Eskom haaks is. Volgens die gedrukte media se bron, wil die direksie van sy uitvoerende hoof ontslae raak, en het trouens met die proses begin om hom af te dank.
Volgens die bron het dit pres. Jacob Zuma se ore bereik, en hy het dadelik aan die toepaslike minister en haar adjunk opdrag gegee om 'n stokkie hiervoor te steek. Dié keer voer Barbara Hogan haar opdrag skynbaar pligsgetrou uit, nadat sy voorheen vir skeibrekery in baie warm sop beland het.
'n Groot twis heers nou tussen die direksie wat uit die moeras wil wikkel, wat hy meen hy nie kan doen solank die huidige stuurman nie oorboord gegooi is nie.
Om een ding te sê en 'n ander te doen, is een ding, maar om sommer tegelykertyd die teenoorgestelde te doen as wat 'n mens praat boesem nie veel vertroue in nie.
En beleggersvertroue gaan oor vertroue. So ook sakevertroue.
Boonop stuit die ANC nie sy skrootskieters soos Julius Malema nie. Minstens sê Malema wat hy en die ANC se Jeugliga wil doen, soos om van die anti-sosialistiese leiers in die ANC ontslae te raak. Sy geskiedenispunte was egter van so 'n aard dat niemand seker van hom kan verwag om te weet hoekom die Berlynse muur getuimel, en Rooi China nou feitlik volledig nie meer sosialisties is nie. Ander meer senior leiers behoort darem van beter te weet.
__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.http://www.eset.com