Morné skttier met kolf
Van Wyk, eens beskou as Mark Boucher se opvolger, het gewys dat hy nou weer sy kolfvisier ingestel gekry het deur in die Diamand-Arende se openingswedstryd in die nuwe 40 boulbeurte aan 'n kant 'n onoorwonne 168 lopies van 124 balle teen die Hoëveldse Leeus te moker. Altesaam 25 viere en 'n ses het deel van sy houetentoonstelling uitgemaak.
Van Wyk was nie die enigste swaeltjie in die Vrystaatse somer nie. Boeta Dippenaar, Reeza Hendricks en Rilee Rossouw het die telbord se ratte laat sing.
Die boulaanval van die Arende was eenvoudig briljant, met SJ van der Linde wat as die beste bouler uit die stryd getree het, maar Johan van der Wath het die meeste paaltjies laat kantel. Die gevolg was dat die Leeus 'n reuse loesing van 106 lopies op die lyf geloop, terwyl die Arende se verwoestende slaners nie eens kans gekry het om los te trek nie, omdat die Arende net 5 paaltjies in hul lopiesoeke verloor het.
Hierdie spogbeurt van Van Wyk was sy 13de hondertal in middag-aandkrieket, en 'n duidelike aanduiding dat die Proreakeurders dalk te gou Van Wyk na die Protea-ashoop gestuur het. Was hy 'n paar jaar jonger, sou die keurders liederlik geblaps het om dié skitterende paaltjiewagter nie nader te trek nie.
__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.http://www.eset.com