Herrie se blog

 

Afrikaanse humor: Omgesukkelde oranje-wors

Herman Toerien

Die laaste klompie jare kry die Vrystaters gereeld Curriebekerkoors.

En dan is die hele wêreld oranje.

Só oranje dat selfs 'n paar taxi's oranje geverf is – ene nogal metalic, en al het die destydse LUR ir sport oranje verbied.

Sien, ken nie haar geskiedenis nie.

Nartjies is ook oranje, en die en positiewe ding is dat mens nie die gedokterde weergawe met die vuurwater pawiljoen toe kon neem nie.

Die nadeel is dat die plaasvervangers, suurlemoene en veral lemmetjie (geel en nie oranje nie) darem baie beter en verder geslinger kan word as 'n nartjie.

'n Lemmetjie (nee man, nie die ding waarmee jou stukkend skeer as jy babelas het nie – dit wat die Engelse 'n lime noem, as mens nou naby genoeg aan die kantlyn sit, kan 'n mens tot 'n skelm skeidsregter tussen die blaaie pot.

Maar die rugbybase is half tee daarop.

Maar wat, as die oranjegolf eers spoel kan 'n LUR maar haar mond uitspoel soos sy wil., daai golf loop.

Vanoggend op die Langenhovenparkboeremark is omtrent als oranje. Die vlae, die hoede, die klere.

En dit spoel toe ook oor na die diere.

Kom iemand met so 'n woelige worshondjie verby aan 'n oranje leiband.

En van voor af kom mense met twee steekhare aan sulke pers-blou leibande.

Fout.

As iemand gedink het honde is kleurblind, het niemand dit vir daar worsie vertel nie. Dié is op die plek uit sy humeur uit, en probeer daar twee brandsiek brakke net bymekaar maak. Sy baas moet net lelik rem, of die enkele worsie het van twee brakke bloubulfrikkadelle, of eerder stew gemaak. Lanklaas 'n worsie so sleg die m*%r in gesien. Dis die ene tande-uitpakkery en 'n gegrom wat selfs 'n leeu stert tussen die bene sal laat koers kry.    

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Afrikaanse humor: Amperse moles op Loftus

Herman Toerien
Lank, lank gelede....

Herrie was in gedwonge ballingskap – in die Jakarandastad.

'n Blikoor kwyn maar in daardie wêred, maar dit was nou te ene male omtrent alle Politieke Wetenskapstudente by Kovsies se lot. Hulle word na hul studies afgevoer Blou Bul-wêreld toe.

In hierdie mistroostigheid het die jong Blikoortjies gereeld saam iets aangepak, en namate die lotjie aan die een kant afgetrou en ingeburger geraak het, is die jong Blikoorklub weer deur nuwe aankomelinge aangevul.

Een so 'n gereelde uitstappie saam was Loftus toe. As die Wit Tornado kom speel het.

Dit was die Naas-era, en dus die hartverskeurende tyd toe Naas gereeld die Bulle met 'n doodsnikskop aan die horings uit die Tornado gepluk gekry het. Soms het die Bulle verder gewen.

'n Slag het Jannie Els 'n kitsheld geword toe hy bietjie Naasslaanwerk vir die wit truie gedoen het.

Dus wat die Blikore op Loftus maar bedeesderig. Dis al klaar nie lekker om hoegenaamd daar te wees nie, en met die destydse petrolbeheermaatreëls was dit nog moeiliker om naweke huis toe te gaan.

Op 'n dag gebeur dit dat Jors Troelie die enigste haan, of manlike blikoor, onder die groep Vrystaters was wat saam Loftus toe is.

Nou moet ek verduidelik. Destyds het die Vrystaat begin goed krieket speel, en dit het afgegee op die rugbyspelers. Sommer in 'n japtrap 'n groot telling opgestapel, en dan verklaar die spulletjie vroegtydig.

Dié dag loop die Vrystaat na 'n ruk sommer ver voor. En Herrie se bek is verskriklik groot.

Nou laat Herrie 'n ding vertel. Wat die Blou Bul-ondersteuners betref – as hul span die wind van voor kry is dit nooit omdat die ander span dalk iets werd kan wees nie, dis die Bulle wat 'n afdag beleef.

Eers is dit net sulke benoude krete: "Noord-Transvaaaal!" Met die laaste aaa's wat so in 'n skril benoudheid omsit.

Dan begin die spul hardop wonder wat vandag met die Bulle verkeerd is. En hoekom die skeidsregter so kroek?

Nou daai dag. Reg agter die spul blikore sit 'n klein kannetjie en sy pa, en die pa se pêl. Die twee volwassenes het 'n hele sak vol gedokterte nartjies wat hulle redelik besig ...en stil hou.

Die kannetjie is op die: "Noord-Transvaaaaal!"-wa, want die Tormnado is sommer sleg ver voor.

Herrie voel so lekker soos die slag toe hy, as oud-Tralie, so lekker gekry het toe 'n laaitie in sy Grey-gewaad so hartstogtelik geween het toe die Wiepie op die Vrystaatstadion uitgelooi is. Boonop is van die dames wat in die groep was baie mooi, en natuurlik, hoe verder die Vrystaat voorloop, hoe mooier word hulle, en hoe groter raak die uwe se bek.

"Hoekom skree oom vir die Vrystaat?" wil die hartseer knapie hier agter weet.

Sonder omkyk, om darem niks van die Blou Bul-opneukery te mis nie, sê Herrie 'n dwars ding wat minder gesofistikeerd en oorspronklik as sy gewone aard is.

"Want ek skree nie vir gemors nie."

En ek skreeeeee!

Maar na 'n paar sekondes sê 'n stemmetjie ek moet liefs omkyk. En ek maak so.

Die twee fris omies is besig om op te staan en moue op te rol!

Die opsies gaan blitssnel deur my kop. As iemand wat fiks vir die landloop bly, kan ek voet in die wind slaan, maar met soveel Vrystaat-ondersteunende meisies saam met my sal dit half onwaardig afgaan. En boonop is die Blou Bul-ondersteuners om ons teen die tyd so die josie in vir die grootbek, hulle is kapabel en trek kordon dat ek in elk geval nie sal wegkom nie.

Net een opsie bly oor.

"Gaan sit" brul ek vir die twee fris manne.

Ek bluf, maar ek sien saam met die trekke van ongeloof daai effense trekke van onsekerheid. Seker maar die gedokterte nartjies wat hul gesonde oordeel in die slag laat bly.

Maar net 'n oomblik toe begin die frisser van die twee sommer naderstaan.

"Vandag bliksem ek jou dwarsdeur die stadion," brul ek. "Ek soek juis 'n proefkonyn vir my lesse by Dave Marais."

Dave Marais het kontakkarateklasse aangebied en was nogal bekend.

Ta aarsel weer, en ek gryp hom met my vuurhoutjie-arm aan die bors.

"Gaan sit!" brul ek.

Hy gaan sit, en sy fris pêl gaan sit.

Intussen het die Vrystaat verklaar, en Noord-Transvaal is besig met sy "come back". Die toeskouers het dus lankal van die onderonsie vergeet, en die gille van "Noord-Transvaal" klink nou veel minder na iemand wat oor 'n doringdraad klim, en bo-op heel onderaan gehaak word.

En ja, die Wit Tornado se wind is uit en skaars 'n dwarrelwindjie. Seker hoogte bo seespieël of iets. 'n Koue front het skynbaar ook deur die stadion beweeg, want die uwe het die ritteltits en moet vreeslik fokus dat die meisies nie sien hoe ek die bibberasies het nie. Gelukkig het die twee omies en die benoude laaitie elders gaan sit. Van die insident het 'n polisieman te veel in hul nartjies begin belangstel. Kom seker ook van die Vrystaat af.

Die eindtelling?

Ag ja.

En ongeag wat môre gebeur in die eindstryd. Solank die Bulle net weet hul liedjie, Liefling, is deur 'n gebore en getoë Vrystater, wyle Heine Toerien geskryf.

En dat die Blou Bul-liedjie gesing word deur iemand wat sy sang op die Vrystaatse Goudveld geleer het...

Een troos het ek darem oorgehou uit doeriejare. 'n Destydse grootkop by die Noord-Transvaalse Rugby-unie se hond, Moaner, het my altoos op my motorfiets in die straat kom skraap as ek vir vriende gaan kuier het, want ek moes by die huis verbyry, en dit was 'n doodloopstraat.

Eendag het ek genoeg gehad. Toe Moaner vir my kom trek ek die scrambler se vet ook en skraap vir Moaner. Moaner sien HKGK – hier kom groot kommer – en laat spaander sy baas se erf in. Ek soos 'n wafferse ridder agterna. Moaner vat kortpad deur sy nooi se beddings met die blommende blomme, en ek is agterna. Sommer so met die deurry besluit ek die beddings kort so 'n bietjie omdolwe, en trek weer die vet oop. Die skurwe wiele doen hul ding.

Daar is 'n gegil uit die huis, maar ek was vasbeslote Moaner sal in die toekoms weet om dié motorfiets uit te los.

Kort hierna het ek werk in die Vrystaat gekry danksy waarskynlik die beste sportskrywer wat nog sy ding in die Vrystaat gedoen het, en Moaner se nagmerrie het ongetoets verdwyn.   

En as die Cheetahs môre wen, dra ek graag die berig wat ek moet skryf aan Herman le Roux op.

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4558 (20091030) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Marokko se persvrye vakansie verby

Herman Toerien

Tradisioneel is Afrtikalande oor die algemeen laag op Reporters without Borders se persvryheidsindeks, en is Arabiese lande op die Afrikakontinent boonop nog onder die mins persvrye Arabiese lande in die wêreld. 'n Uitsondering is Mali wat selfs meer persvry is as Suid-Afrika.

Reporters without Borders se indeks ten spyte, is tradisioneel geoordeel dat Marokko onder die bewind van koning Mohammed VI 'n blaaskans gekry het, hoewel die persvryheidsindeks die afgelope jaar van die 122ste posisie na die 127ste teruggesak het.

Maar nou is die vet in die vuur, en is die koerant   al Akhbar al Youm gesluit en is die redakteur en spotprenttekenaar in die sop. Trankstraf blyk onafwendbaar te wees.

Die sonde? 'n Spotprent waarop 'n prins, 'n volle neef van die koning uitgebeeld word. Amptelik word die Dawidster in 'n anti-Sionistiese gebaar geminag deurdat die prins oor die helfte daarvan uitgebeeld word, en boonop 'n Nazi-saluut gee.

Die koerant meen egter dit kos vindingrykheid om die Dawidster daarin te lees, aangesien die agtergrond die Marokkaanse vlag uitbeeld, en die prins, wat pas in die huwelik getree het, word in sy huweliksboodjie uitgebeeld wat vir die mense vaarwel toewuif.

Hoe dit ook al sy, min mense twyfel dat die koning op die oorlogspad is. Die koning het 'n virus onder lede wat maagwerkings veroorsaak, en verlede week is 'n hoofredakteur 'n jaar tjoekie toe gestuur omdat hy oor dié virus berig het. Nog 'n hoofredakteur het ligter daarvan afgekom, sy verwysing na die virus het hom op opgeskorte jaar tronkstraf besorg.

Die Franstalige Le Journal het 'n boete gekry oor 'n soortgelyke aangeleentheid, maar die vonnis is nie voltrek nie. Waarnemers wys daarop dat dié optrede, wat beslaglegging op die koerant se bankrekening insluit, "toevallig" saamval met die terugkeer van 'n rubriekskrywer wat in die buiteland krities oor Marokko berig het.

Selfs die Franse en Spaanse koerante,  Le Monde en El Pais wat gewoonlik in Marokko te koop is, het 'n paar dae nie die straat van Gibraltar kon oorsteek nie.

Dit lyk of Koning Hassan se streng sensuur in volle glorie terug is... in elk geval so lank die huidige koning se maag nie alte wel is nie.

Die kwessie kan in Europa ligte vuurwerkies afgee. Toe die Nederlandse koerant Trouw hieroor berig, wou een van die lesers wat elektronies gereageer het – skynbaar 'n Nederlander van Marokkaanse afkoms – weet of dit in die haak is om die Nederlandse koningshuis te beledig. Indien wel, sê hy, vertrek hy nou na Amsterdam om die Nederlandse persvryheid te gaan toets.

 

Nuuskommentaar: Balansstaat van versoening: Vordering of gryp na strooihalms?

Nuuskommentaar: Balansstaat van versoening: Vordering of gryp na strooihalms?
Herman Toerien

Twee van die merkbaarste eksponente oor die vlak van nasionale versoening is die optrede van die ANC-Jeugleier, Julius Malema, en die Reitz-4-sage. Gister het die twee sake skouer geskuur en die asem is opgehou.

Dit gebeur gereeld dat iemand die situasie in Suid-Afrika oor-optimisties beoordeel, soos prof. Jakes Gerwel wat steeds soos twee van die drie apies sit wat die oë en die ore toedruk, maar steeds nie skroom om sy menings aan die groot klok te hang nie.

Enkele maande gelede het 'n aantal akademici en die bekende kommentator, Harald Pakendorf, na strooihalms gegryp om vordering te toon in die regering se rits optredes en uitsprake wat op 'n remaandraaiery dui op die algemene koers na piesangrepubliekstatus. Sommiges van hierdie strooihalm-optimiste was minder skepties as ander.

Met die Malema-Reitz-saamloop gister is 'n nuwe balansstaat om die stand van versoening te meet inderdaad op die tafel gelê.

Vir baie het Malema se uitlatings as 'n verrassing gekom. Selfs sy ondersteuners was bewus van die skade wat Malema tot dusver aangerig het, maar die afbrekende bekpraatjies geregverdig deur daarop te wys dat hy 'n breë sentiment onder jonges verteenwoordig. Hierdie vertolking het sake gewoon vererger omdat dit op lamsakkige leiding van senior leiers en groter onverdraagsaamheid onder die jeug dui.

Malema se versoenende uitsprake staan ook nie in isolasie van ander skynbare positiewe ontwikkelinge nie. Die midtermyn-begrotingsrede dui op 'n rug-styfmakery teen die tromslanery na 'n links-sosialistiese koers, pres. Jacob Zuma erken rondborstig dat die land op die oomblik die stryd teen Vigs verloor en mnr. Matthews Phosa, tesourier-generaal van die ANC erken ruiterlik in die buiteland dat korrupsie hier te lande 'n probleem is. Trevor Manuel het strategies voor die begrotingsrede erken hy het 'n oordeelsfout gemaak deur onder die huidige ekonomiese omstandighede sy lyf eietydse Amrie-Antoinette te hou met die aanskaf van 'n peperduur vuurwa op die belastingebetalers se rekening. Verskeie senior regeringslui het stem dik gemaak oor onbekwames wat in poste ontplooi word waar hulle nie die mas opkom nie. 'n Voorbeeld wat uitgewys is, is dié van die teedame wat 'n munisipaliteit se finansiële hoof geword het.

Daar kon net sowel verwys gewees het na die teedame van 'n munisipaliteit wat 'n provinsie se LUR vir Plaaslike Regering geword het, en daarna ook nog LUR vir Onderwys en ook later van Maatskaplike Ontwikkeling en selfs Gesondheid.

Net 'n dwaas gaan nou ongekwalifiseerd opgewonde raak. Hierdie vlae positiewe uitlatings kom periodiek voor, en het ook in die Mbeki-era skynbaar geörkestreerd voorgekom wanneer die dienste van beeldpoetsers bekom is.

Ook nou wil dit voorkom of die sweep iewers geklap het. Suid-Afrika sak min of meer konsekwent terug op belangrike indekse soos die persvryheidsindeks, beleggersvertroue-indeks en die korrupsie-indeks. Pas het Suid-Afrika onheilspellend nader na die onderpunt van die VN se sogenaamde piesangrepubliek-indeks teruggesak, met skaars 50 lande in die wêreld wat nog meer piesangrepubliek-kenmerke as Suid-Afrika het.

Na afloop van die jongste begroting het die DA daarop gewys dat Suid-Afrika nou 'n negatiewe groeikoers het, en Afrika as kontinent 'n positiewe groeikoers. Hoewel dit ietwat van appels met pere vergelyk is, doen dit Suid-Afrika se posisie op die indekse nie goed as dit lyk of die land 'n remmende sleureffek op die kontinent het nie.

Terwyl dit belangrik is om die ekonomie om te keer waar die aantal likwidasies die afgelope agt maande met sowat 25 % teenoor die ooreenstemmende agt maande 'n jaar gelede toegeneem het en nog sowat 770 000 broodwinners die afgelope jaar hul werk kwyt is, is dit ook so dat dit moeiliker is om ankers uit te gooi as die bevolking teen die donker wolk vaskyk. Die gesondheidsvlak van 'n ekonomie het baie met persepsies te make. Dit is gebiedend noodsaaklik dat die silwer randjie moet veld wen, en in hierdie konteks is die versoenende geluide van Malema en Kovsies onontbeerlik synde die oë van die wêreld hier gefokus is.

Malema se nuwe deuntjie het stellig baie daarmee te make dat pres. Jacob Zuma hom onlangs as 'n waardige toekomstige leier van die ANC genoem het, en dit 'n siddering deur die wêreld gejaag het. Beeldpoetsers het duidelik oornag hard gewerk. Ongelukkig bevat Malema se uitlatings steeds uiters gevaarlike elemente, soos dat Jansen gesteun moet word omdat hy, soos Malema dit gestel het, "een van ons is" en skynbaar na Jansen se velkleur verwys het.

Hoe die jongste verwikkelinge die land se persepsie-balansstaat gaan beïnvloed moet nog besien word. Te veel mense het reeds mamparras van hul professionele reputasies gemaak deur oor-optimisties na strooihalms te gryp.

 

 

Draws in PSL entrench position of Bafana prima donnas

Draws in PSL entrench position of Bafana prima donnas

It is still early days, but the PSL log so far reflects a complete reversal of the previous season as far as the Free State sides are concerned. Last season Celtic were courting disaster in the relegation zone, and so far this year Stars have taken over that role, with Celtic still keeping in touch with the front runners.

Yet, Celtic can not rest assured. It conceded three goals in a draw against Jomo Cosmos, the side at the bottom of the log. Free State Stars also drew a draw from the magician's hat against Bidvest Wits, fourth on the log ahead of Pirates and Celtic.

Celtic recently narrowly went down to Ajax Cape Town, with the Dutch linked boys now second on the log.

The number of draws PSL teams have achieved so far this season must be a matter of concern for the soccer bosses, needing a spirit injection ahead of the 2010 World Cup. The Bafana's lack of a high tempo killer instinct is clearly reflected in the number of PSL draws, with Stars and Arrows sharing the "honours" with 8 draws from 12 matches, followed by Bidvest Wits with 7 and Celtic and Jomo Cosmos sharing the spills at 6 each. Top dog, Supersport United, have drawn 5 draws from the hat, just one less than the underdog, Jomo Cosmos, a clear signal that a hunger for winning is absent. Kaiser Chiefs and Moroka Swallows have only two draws each to their credit, but have more than amply "compensated" with a series of losses, not aiding the national selectors in keeping the Bafana prima donnas on their toes..

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4553 (20091028) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4553 (20091028) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4553 (20091028) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: VSA brei haatmisdaad uit

Nuuskommentaar: VSA brei haatmisdaad uit
Herman Toerien

Geen land, en ook nie Suid-Afrika nie, is polities en ekonomies in so 'n mate 'n eiland dat dit wat elders in die wêreld gebeur, nie ook hier neerslag vind of behoort te bevind nie.

Terwyl die teerkwas steeds lustig teen die rektor van die UV en die Reitz-4 ingespan word, selfs na die hof teen aspekte hiervan 'n waarskuwing aan die media en die politici gerig het, en die Vrystaatse ANC-jeugleier van haatspraak aangekla is, het die VSA die kategorieë teen wie haatspraak gepleeg kan word uitgebrei.

Die VSA se nuwe wetgewing het teenkanting gekry van diegene wat meen daar word nou onnodig op liggewigte jag gemaak, en dat daar sodoende onnodig inbreuk op vryheid van menigsuitdrukking gemaak word.

Voorheen was haatspraak, of eerder haatmisdaad, in die VSA in effek beperk tot uitsprake en diskriminasie teen mense op grond van ras, velkleur, geloof of etniese herkoms. Nou is homoseksuele, gestremdes en mense van 'n bepaalde identiteit ingesluit.

Ingevolge die Suid-Afrikaanse grondwet kan hierdie byvoegings ook eventueel, selfs sonder dat dit 'n draai deur die wetboek gemaak het, neerslag in die uitleg van haatspraak hier te lande hê. Dit kan ingrypende gevolge hê omdat dit die reg op assosiasie meer tande kan gee, omdat meer groepe kan aanvoer dat hulle 'n bepaalde identiteit het.

Terwyl gestremdes en die ouers van kinders met gestremdhede so 'n verwikkeling sal verwelkom, sal kerke wat nie 'n onderskeid tussen 'n homseksuele oriëntasie en lewenswyse tref nie, waarskynlik in die toekoms moet let op wat gesê word, en veral waar dit gesê word.

Die basiese les is egter dat die reg op waardigheid, ook 'n basiese mensereg, veld wen ten koste van om 'n vry sê te hê oor elkeen, veral as dit wat gesê en geskryf word nie met feite gestaaf kan word nie.

In 'n heterogene samelewing is ondeurdagte uitsprake soos dat boere hul werkers mishandel, en selfs vermoor, 'n vonk in die kruitvat. Die slagspreuk, Kill the Boer, Kill the farmer, is tot haatspraak verklaar, weliswaar vreemd met moeite. Voortstanders van die vryheid van uitdrukking het hierdie verwikkeling heftig teengestaan.

Soms is stilswye net so skadelik soos haatspraak. Die Suid-Afrikaanse Engelse pers se verswyging van die Reitz-4 se aanvanklike verskoning het heel moontlik baie te make met die polariserende wyse waarop die saak nou ontwikkel.

  

Obama tekent verruiming wet 'haatmisdaad' - Trouw

WASHINGTON (ANP) - De Amerikaanse president Barack Obama heeft woensdag in Washington een wet ondertekend die het begrip 'haatmisdaad' verruimt. De categorie overtredingen en misdaden bestrijkt met de nieuwe regels ook feiten die worden gepleegd uit afkeer of haat jegens homoseksuelen, gehandicapten of slachtoffers met een bepaalde identiteit.

Eerder bepaalde de wet dat de haatmisdaad wordt gemotiveerd door discriminatie en afkeer van een bepaald ras, een bepaalde huidskleur, geloof of etnische herkomst. Slachtoffers van misdaden hebben lange tijd actie gevoerd om deze definitie te verruimen. Obama's Democratische partij heeft er ook lang voor geijverd, maar de Republikeinse tegenstanders blokkeerden die pogingen. Zij beschouwen de verruiming als overdreven en als een aanslag op de vrijheid van meningsuiting.

,,Vandaag hebben we opnieuw een belangrijke stap voorwaarts gezet,'' aldus de president die doelde op de lange strijd om burgerrechten in de VS. ,,Dit is de climax van een strijd die meer dan tien jaar heeft geduurd,'' zei Obama bij de onderteking.

Die media, die politici en die Reitz 4.pdf

(download)

> 'n Tussentydse verslag oor die wisselwerking van die media, die politci en
> die Reitz 4. > Herman Toerien
>

Nuuskommentaar: Die teerkwas inlê

Nuuskommentaar: Die teerkwas inlê
Herman Toerien

Of dit 'n geskinder, laster of haatspraak genoem word, die skietseisoen op mense se karakter is oop. Of steeds oop. Die slagoffers neig egter om terug te veg.

Pas is in die Johannesburgse hooggeregshof geskiedenis gemaak toe 'n lastereis geslaag het teen 'n persoon wat intussen dood is, en die lasteraar nou 'n stywe bedrag in die gestorwene se boedel moet inbetaal.

Vanoggend word berig dat Amore Vittone 'n lastereis teen verskeie instansies en persone ingestel het.

Onlangs het die appèlhof bevestig dat kriminele laster steeds 'n misdaad is. Kriminele laster verskil van crimen injuria in hooftrekke daarvan dat die betrokke laster gepubliseer moes wees, wat die internet en soortgelyk insluit.

Pas het die DA klagtes van haatspraak teen die ANC se jeugleier in die Vrystaat gelê oor beweerde uitsprake teen prof. Jonathan Jansen, beleërde rektor van die UV. Intussen het die Vryheidsfront Plus sy mond begin uitspoel teen die Menseregtekommissie in die Vrystaat wat met die een hand hard teen die Reitz 4 wil optree, maar in ander gevalle beweer hul is in onvermoë om verklaagdes op te spoor – dieselfde mense wat die media binne minute opspoor.

Dikwels loop die haatspraak langs rasselyne.

Met die Jansen-geval het die slagordes binne maande kwaai verwissel, sodat Jansen, wat homself as swart beskryf, hom nou in die ander kamp bevind as die hoofsaaklik swart ontevredenes, wat weer soos dikwels deur die wit ANC-politikus, Neels van Rooyen, gestook word.  

Die ironie is dat hoe harder Jansen na die waarheid in die sage gestreef, en op versoening begin fokus het, hoe meer het hy in die warm water by die sogenaamde transformasiedrywers beland. Die steun vir Jansen is binne 'n ommesientjie rondom respek, waardering, begrip en simpatie vir die slagoffer – wat Jansen nou is – gekonsolideer, en ideologie staan in die praktyk daarbuite. Nie dat sommiges steeds ideologie as rookskerm gebruik nie.

'n Geleentheid vir nasionale versoening, soos dit waarin die sg Reitz-4-sage ontwikkel het, kom nie dikwels nie.

Die hantering hiervan is ongelooflik kompleks, omdat dit baie diep in die regsproses ingebed geraak het en miljoene rande waarskynlik van sakke sou verwissel as almal wat in die proses belaster is, suksesvolle eise teen almal wat die laster gepleeg het sou instel. Die howe sou lank besig gehou word met kriminele lastersake. Die Menseregtekommissie sou vir 'n slag na beide kante moes vee, of vir rassepartydigheid by die Afrika kommissie vir Mense- en Groepregte, of die VN se Menseregteraad verkla word.

Hef aam lê nog voor met 'n beplande protesoptog môre. Gelukkig is die meer verantwoordelike studente nou so op hul studies gefokus dat teen-proteste skynbaar nie beplan word nie, wat die onlangse geskiedenis bewys, die potensiaal het om werklik te ontplof en in 'n ommesientjie tot miljoene rande se skade te lei.

Of nog erger en sonder teenproteste en ander aksies van rug-styfmakery: vrouestudente wat met verkragting gedreig word bloot omdat hulle tot 'n sekere rassegroep behoort.

Onder hierdie omstandighede sou 'n koor van oproepe tot versoening van regerings- en kerkleiers verwag word. Politici wat wel hierdie oproepe doen, word sommer gou as opportuniste afgemaak.

Trouens, die gerekende leiers kan gaan kers opsteek oor die versoeningsaksies wat buite die openbare oog plaasvind, soos die student wat die persoon later herken het wat hom tydens so 'n amokmaaksessie met 'n bofbalkolf in die rug geslaan het, en eerder vrede maak as om die aanrander te verkla.

Selfs al word 'n uiters kundige multi-dissiplinêre span nou saamgestel om versoening te bewerkstellig, sal dit uiters moeilik gaan indien die regering nie sy grondwetlike pligte nakom nie en sy tentakels straffeloos die vure help blaas. Die grondwet plaas immers die plig op die staat, in artikel 7(2) om die regte van die Handves van Menseregte te respekteer, te beskerm, te bevorder en uit te leef, en in die aanhef van die grondwet onderneem die regering om juis dit te doen.

Een van die regte is dat die Reitz -4 nie skuldig is voor hulle behoorlik verhoor is en skuldig bevind nie. Dit is 'n klad op die land se naam dat die hof die politici hieroor moes vermaan, asook daardie deel van die media wat hom nie aan die regstaatbeginsels gesteur het nie.   


Nuuskommentaar: Reitz 4, politici en die media - hedendaagse good, the bad and the ugly

Nuuskommentaar: Reitz 4, politici en die media – hedendaagse good, the bad and the ugly

 

Herman Toerien

Of die Reitz-4 ooit in die hof aangekla gaan word of in 'n ander forum tereg gaan staan is 'n kwessie van die regspraak en regsbeginsels.

Die ANC, wat hom kliphard daarvoor beywer het dat pres. Jacob Zuma nie op aanklagte tereg staan nie nadat hy deur 'n hof in 'n korrupte verhouding met 'n veroordeelde bedrieër geïmpliseer is, neem in hierdie geval die teenoorgestelde houding in.

Anders as Zuma het die Reitz-4 reeds in die openbaar om verskoning gevra, iets wat kompleks is omdat so iets - soos Zuma by herhaling beklemtoon het – as 'n implisiete skulderkenning vertolk kan word.

Dit verg ook volstruispolitiek van 'n oortreffende aard om hoegenaamd te kan wonder welke van die twee sake die land die meeste skade aan sy beeld besorg het. Ten spyte van die ongelooflike mediadekking en opsweping wat met die Reitz-sage gepaard gegaan het en steeds aangaan, sou die Reitz-sage min of geen impak gehad het op die verdere afwaartse aanpassing van Suid-Afrika op die VN se ontwikkelingsindeks. Suid-Afrika is pas afwaarts tot die 129ste plek uit 'n moontlike 183 lande aangepas.

Terwyl daar nog geen skuldigbevinding in die hof was nie, was daar twee vermanings van die hof: Politici en die media wat opdrag gekry het om nie die beskuldigdes reeds skuldig te bevind nie, en ook om nie verder met die klaers in die saak onderhoude te voer nie. Dié vermaning kom, ironies, in dieselfde maand as wat Suid-Afrika sy eie mediavryheidsdag gevier het.

Uiteraard is nie alle politici en alle media skuldig nie, en as die landdros sy dreigemente uitvoer om teen die skuldiges op te tree, sal dit ook net die vrot appels onder die media en politici wees wat getug word. 'n Grondwet beteken immers niks as dit nie in letter en gees uitgevoer word nie, en beskuldigdes se reg op 'n regverdige verhoor is een daarvan.

Die media het 'n uiters belangrike rol in 'n demokrasie, in so 'n mate dat dit in verskeie toesprake van gerekende politici as die nie-amptelike vierde been van die demokrasie beskryf word.

Suid-Afrika is trouens saam met die VSA een van die min lande ter wêreld waar mediavryheid naas die breër reg van vrye uitdrukking pertinent in die grondwet genoem word. Die rol en die beperkings op die media is in 'n wye reeks rigtinggewende hofsake uitgestippel, waaronder die uiters belangrike waghondfunksie om die demokrasie van korrupsie te help suiwer.

Daar is egter subtieler en minder subtiele maniere van druk op mediavryheid uitoefen, selfs waar dit deur die grondwet gewaarborg word. Dit wissel van 'n inligtingsverbod soos wat die Vrystaatse polisiehoof onlangs teen Volksblad ingestel het, en later gelukkig herbesin het, tot praatjies oor 'n mediatribunaal, dreigemente van wetgewing wat byvoorbeeld kinderpornografie in die oog het maar gerieflik ook ander sensuur moontlik maak, tot 'n waarskuwing van die destydse minister in die presidensie, Essop Pahad, dat die staat advertensies van sekere publikasies kan weerhou.

Ook vir hierdie nuanses het Suid-Afrika 'n prys betaal toe die land op die persvryheidsindeks geval het en nie eens meer die mees persvrye land op die kontinent is nie. Tradisioneel gaan so 'n daling gepaard met 'n betrokke land se posisie op indekse soos die korrupsie-indeks en beleggersvertroueindeks.

Zuma het die naweek vir alle praktiese doeleindes die stout seun van die Suid-Afrikaanse politiek, Julius Malema, as waardige kroonprins genomineer. Zuma het hom reeds by uitstek bewys as die persoon wat vir elke gehoor opdis wat hulle graag wil hoor, en die uitspraak is in Malema se tuisgemeenskap gemaak.

Anders as in die dae toe 'n stamkaptein saans in sy kraal van familievuurtjie na familievuurtjie kon stap en goeie kapteinskap aan die dag kon lê deur vir elke familie te vertel wat hulle wil hoor, beweeg die media nou saam met 'n president, en word sy boodskap ook in ander gemeenskappe gehoor.

Dit verg 'n wag voor die mond en insig.  

Die Reitz-sage is ryp om geoes te word as 'n voorbeeld van hoe versoening in die land moontlik is, en dat daar nog iets van die Madiba-magic in die lug hang. Of dit kan ontaard in 'n demonsrasie van 'n land wat afwaarts op die indekse beur – waar daar nog ruimte vir afwaartse aanpassing is. Of die land dit kan bekostig om hom dieper en dieper in die piesangrepublieksone vas te woel is te besien.

Dit is laat in die dag as 'n tribunaal in Kanada vlugtelingstatus aan 'n Suid-Afrikaner toeken, en 'n sekuriteitsfirma aanbeveel dat die Duitse span vir die 2010-Wêreldsokkerbeker tydens hul verblyf koeëlvaste baadjies moet dra. Die land het nou 'n regering nodig wat behoorlike staatsmanskap aan die dag lê, en 'n media wat die vrymoedigheid het om, sonder benadeling van sy eie geloofwaardigheid, saam te span om die land uit die indeksmoeras te lig.


Nuuskommentaar: Kampusse se seisoen van geweld het nie nog stookwerk nodig

Nuuskommentaar: Kampusse se seisoen van geweld het nie nog stookwerk nodig

Sondebokke gaan uitgeroei word

 

Herman Toerien

Alle oë is nou gerig op die skynbare konfrontasie waarop die Reitz-4-kwessie afstuur. Blykbaar het die rektor, Jonathan Jansen, reeds in 'n mate kopgegee met die koers wat hy vir die versoening uitgemeet het deur die deur vir verdere bespreking oop te wring.

Dis teen dié tyd duidelik dat nie almal wat nou eiertjies wil lê se motiewe edel is nie.

Ongelukkig val die jongste verwikkelinge saam met daardie tyd van die jaar wanneer studente rekenskap van hul jaar, of ten minste semester, se leerwerk moet gee. Dit is nou reeds 'n dikwels-herhalende probleem dat dit dan ook sommer die tyd is wanneer bykans alles vir sommige studente te kort of te lank raak – van koshuiskos tot uitstaande studiegeld en die weerhouding van jaarpunte. Jansen het reeds vir laasgenoemde 'n oplossing aan die hand gedoen, maar aan die kwaliteit van jaarpunte kan nou min gedoen word.

Sonder om te veralgemeen, lyk sake wat jaarpunte en semesterpunte betref nie baie belowend nie. By minstens een fakulteit was die vorige semesterpunte die laagste ooit.

Daar is ander losstaande faktore, soos damestudente wat op die kampus onder meer met bakstene gegooi is, en bewerings dat die kampus se veiligheidsdienste nie 'n vinger gelig het nie. Dieselfde aand is ander studente wat bietjie oorboord gegaan het toe hulle die laaste alkoholaand op die kampus afgesluit het, deur die kampus-veiligheid met pepersproei gespuit is. Ongelukkig het dit sommige waarnemers opgeval dat hierdie insidente ook minstens ten dele langs rasselyne verloop het.

Op nasionale vlak het talle mense, ook van wie beter verwag is, vergifniskenners geword. Op RSG se Kerknuusprogram is 'n insetsel van 'n leraar gespeel wat hoog opgee dat vergifnis eers van toepassing word na straf uitgedeel is. Hy verwys onder meer daarna dat Christus self eers aan die kruis moes sterf, en haal vervolgens ou-Testamentiese verse aan. Hy versuim egter om Jesus se eie voorbeeld, die gelykenis van die Koning wat die groot skuldenaar vergewe het, te vermeld.

En wie kan nog stry dat die Reitz-4 swaar gestraf is – selfs sonder enige skuldigbevinding? Waar is hierdie geregtigheid, onderliggend aan die land se regskultuur van die beginsel van natuurlike geregtigheid, en die audi altaram partem-reël?

Ook op RSG, maar in 'n ander program, tree 'n joernalis op wat wys daarop dat die Reitz-4 nooit om verskoning gevra het nie. Sy eie koerant was egter een van die handjievol wat wél meer as 'n jaar gelede die berig gedra het. 'n Kort geheue het skynbaar nou veroorsaak dat 'n te groot deel van die land se meningsvormers van die versoek om vergifnis vergeet het, en eerder 'n vakbond se leuens dat die vergifnis nooit gevra is nie agternaloop. Die hartseer is dat bykans al die land se grootste Afrikaanse koerante destyds die berig gedra het, en dat Sapa dit die wêreld ingestuur het. Oorsese koerante het dit ook gedra – Suid-Afrikaanse koerante se dra daarvan of verswyging daarvan het opnuut grootliks langs die taal, en dus rasselyn langs geskied.

Ook gisteraand op RSG se program het Max du Preez na 'n skynbaar latere verskoning, via 'n prokureur, in regsterme uitgereik, verwys en gewonder of dit voldoende is.

'n Nog groter gevaar is dat die klimaat op kampusse wat bevorderlik is vir protesoptredes, ook op nasionale vlak binne die breë gemeenskap teenwoordig is, en die jagseisoen op sondebokke is oop.

Met 'n vorige rondte diensleweringsoproer in die Vrystaat, "toevallig" meestal in munisipaliteite wat oor etniese grense heen strek soos waar die grootliks Zoeloesprekende Harrismith 'n munisipaliteit met die grootliks SeSothosprekende Qwaqwa deel, het 'n LUR, Ouma Tsopo die skuld vir die protes op die opposisiepartye se navorsers gepak wat glo die mense bewus sou maak van hoe gebrekkig dienslewering is. Na die jongste verkiesing is partye se navorsingstoelaes effektief tot niet gemaak, maar steeds brand die land. Dit help dus ook nie om die vermeende boodskapper as sondebok op te offer nie.

Trouens, so lank die land die werklike inligting onderdruk word, soos wat werklik in die Landbank gebeur het en die publiek dus nie verstaan wat van geld vir ontwikkeling geword het nie, gaan die jag na sondebokke die omvang van wildstropery aanneem, en gaan sondebokke 'n bedreigde spesie word.

En niks is opgelos nie.

Trouens, die omgewing vir probleemoplossing word moeiliker. Die moraliteitskrisis waarin die ekonomiese krisis die wêreld gedompel het word goed deur kommuniste uitgebuit, veral hier te lande wat bykans die laaste bastion vir die kommuniste is. Die Vakbonde en die SAKP eis nou sy pond vleis.

Die antwoord op die moraliteitskrisis lê egter nie in die omswaai na 'n groter euwel nie, maar die gesonddokter daarvan. Die volgende is 'n aanhaling uit die beleidsverklaring deur die Christen-demokratiese-geleide Belgiese regering:

"In de nasleep van de financiële crisis is pijnlijk duidelijk geworden welke schaamteloos hoge gouden handdrukken sommigen uitgekeerd kregen, soms zonder medeweten van de aandeelhouders. De regering zal dit aanpakken. Beursgenoteerde bedrijven moeten zich voortaan schikken naar de Corporate Governance Code.... Als een Belgisch beursgenoteerd bedrijf aan een uitvoerende bestuurder, een lid van het directiecomité of een persoon aan wie het dagelijks bestuur is opgedragen toch een hogere vertrekvergoeding wil uitkeren, zal het daarvoor de instemming van de aandeelhouders moeten vragen. Een dergelijk verzoek tot afwijking van de Code moet bovendien vooraf worden meegedeeld aan de ondernemingsraad die hierover ook een advies kan uitbrengen.

 De perverse uitwassen van een uit de hand gelopen bonuscultuur kunnen niet door één land aangepakt worden. Frankrijk en Duitsland zijn tot een gemeenschappelijk standpunt gekomen en ons land heeft zich daar onmiddellijk bij aangesloten."

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4531 (20091022) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com