Herrie se blog

 

Ontwikkelingshulp speel-speel vir outisme / Dvelopmental aid for autism through play

(download)

English text hereunder
Ek is besig om 'n stel bordspelle wat op die doolhofbeginsel geskoei is
ontwerp, en plaas hiermee die eerste, mees eenvoudige weergawe. Soos ek die
ander klaar grafies voorgestel het, sal ek dit ook plaas.
Die gedagte is om sekere eienskappe te kombineer, om die "gapings" tussen
die splintervermoëns te probeer "toemaak." In hierdie geval word die
ruimtelike en spelling gekombineer, in die volgende fase ruimte en syfers,
en daarna 'n komplekse weergawe waar verskillende roetes verskillende
puntetellings tot gevolg het. Die hoogste telling is die wentelling.
Ek wil graag dit volkome elektronies maak, maw dat dit op die rekenaarskerm
gespeel kan word en die punte outomaties opgetel word.
Voor tot soveel moeite gegaan word, sal ek graag terugvoer wil kry -
menings, resultate, mislukkings, bedenkinge, enigiets.
Baie dankie by voorbaat
HermanToerien
hermantoerien@iburst.co.za
I am in the process to develop board games based on the labyrinth principle,
and I herewith place the first, most basic version. As I complete the
graphics of the more advanced versions, I will place them.
The idea is to combine some characteristics to "close" the "gaps" between
some splint abilities.
In this case the spatial and spelling is combined, in the next phase the
spatial and numbers is combined and then a more complex version where
different routes end up with different totals, and the highest total being
the winning score. I would like to adjust this into an electronic version,
in other words, where it can be played on the computer screen and the point
scored, added automatically.
Before going to all that trouble, I would like to receive some feed back,
whether opinions, results, failures, reservations - anything.
Thank you very much
Herman Toerien
hermantoerien@iburst.co.za

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: Dit raak nou afgesaag

Nuuskommentaar: Dit raak nou afgesaag

In die blankes se kontak met die Amerikaanse Rooihuide, het die Indiane gou die opmerking gemaak dat wit mense neig om met 'n gevurkte tong te praat.

Sê een ding, en doen 'n ander.

Vandag is min Amerikaners trots op die wyse waarop hul voorouers met die kontinent se oorspronklike inwoners gewerk het.

Die Amerikaanse pioniers het moontlik die kuns van met 'n gevurkte tong omgaan ontwikkel, die regering alhier neig om dit te wil vervolmaak.

Pas weer het die SABC-TV-nuus groot gewag gemaak van 'n stelling van die ANC se sekretaris-generaal dat die ANC sy kader-ontplooiingsbeleid sodanig hersien, dat die ontplooide kaders darem minstens aan die aanstellingskriteria vir die poste waarin hulle ontplooi word moet voldoen.

Dienslewering wat oor 'n wye front in dui stort, en oproer hieroor, is die minder stille getuienis van die stelsel van politieke kommissarisse wat soos politieke kom-as-narre presteer.

Hierdie soort opmerkings soos dié Gwede Mantashe, skep hoop, en stuur die regte seine.

Die dagbladpers bring egter 'n ander prentjie aan die lig. In plaas daarvan dat Mantashe opnuut – dit was nie sy eerste stelling hieroor nie – prominente aandag kry, word prominent berig dat die regering en die direksie van Eskom haaks is. Volgens die gedrukte media se bron, wil die direksie van sy uitvoerende hoof ontslae raak, en het trouens met die proses begin om hom af te dank.

Volgens die bron het dit pres. Jacob Zuma se ore bereik, en hy het dadelik aan die toepaslike minister en haar adjunk opdrag gegee om 'n stokkie hiervoor te steek. Dié keer voer Barbara Hogan haar opdrag skynbaar pligsgetrou uit, nadat sy voorheen vir skeibrekery in baie warm sop beland het.

'n Groot twis heers nou tussen die direksie wat uit die moeras wil wikkel, wat hy meen hy nie kan doen solank die huidige stuurman nie oorboord gegooi is nie.

Om een ding te sê en 'n ander te doen, is een ding, maar om sommer tegelykertyd die teenoorgestelde te doen as wat 'n mens praat boesem nie veel vertroue in nie.

En beleggersvertroue gaan oor vertroue. So ook sakevertroue.

Boonop stuit die ANC nie sy skrootskieters soos Julius Malema nie. Minstens sê Malema wat hy en die ANC se Jeugliga wil doen, soos om van die anti-sosialistiese leiers in die ANC ontslae te raak. Sy geskiedenispunte was egter van so 'n aard dat niemand seker van hom kan verwag om te weet hoekom die Berlynse muur getuimel, en Rooi China nou feitlik volledig nie meer sosialisties is nie. Ander meer senior leiers behoort darem van beter te weet.   

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Laurinda Hofmeyr: Reis na België en Nederland



03, 2009 2:09 PM

Theatertour - Laurinda Hofmeyr -Reis na die suide - November 2009

Belgie & Nederland

Zo 8 Nov

Santpoort Noord

De Dorpskerk, Burgemeester Enschedelaan 67, 2071 AT, Santpoort Nrd

Aanvang 16.00 uur 

SOLO-OPTREDEN NEDERLAND

Cultuur in de Dorpskerk,in het kader van de Kunstlijn Haarlem

Toegang gratis, echter bijdrage in de kosten wordt gewaardeerd.

Di 10 Nov

Antwerpen

Arenburgschouwburg,Antwerpen

Aanvang 20.30 uur

SOLO-OPTREDEN BELGIE

met Zuid-Afrikaanse dichter  Christine Barkhuizen le Roux

Toegang € 10 ,Reserveren op de website : www.provant.be/vrije_tijd/cultuur/cultuurhuizen/arenbergschouwburg/  - of aan de kassa die avond  

Vr 13 Nov

Kortrijk

privé optredens

Middag

BELGIE

Vr 13 Nov

Blankenberge

privé optredens

Avond

BELGIE

Di 17 Nov

Den Haag

Theater de Regentes

Aanvang 20.30 uur

NEDERLAND

Laurinda  in het voorprogramma van Chris Chameleon

Toegang € 17,50 : Reserveren op tel: 070-3637798

Wo 18 Nov

Amsterdam

Zuid-Afrika Huis Keizersgracht 141, 1015 CK Amsterdam

Zaal open om 19.00 uur. Aanvang 19.30 uur

NEDERLAND

Optreden Laurinda met basgitarist Schalk Joubert

Toegang € 12,50 inclusief glas wijn. Reserveren op tel: 020 6249318 of email: info@zuidafrikahuis.nl

Zo 22 Nov

Noord Beemster

Huiskamerconcert,Jisperweg 5, 1463 ND

Aanvang 14.30 uur

NEDERLAND

Laurinda Hofmeyr met Hank Wedel uit Ierland,basgitarist Schalk Joubert (ZAR) saxofonist Andre van der Hoff (NL) percussionist Andries Eleveld (NL)

Toegang € 17,50 : Reserveren op tel: 0299-689631

Zo 22 Nov

Haarlem

Rosenstock Huessy Huis,Hagenstraat 10,2011 CV Haarlem

Aanvang 20.00 uur

NEDERLAND

Laurinda Hofmeyr met Hank Wedel uit Ierland,basgitarist Schalk Joubert (ZAR) saxofonist Andre van der Hoff (NL) percussionist Andries Eleveld (NL)

Toegang € 15,- Reserveren op tel: 023 54 098 45 of Mob 06 361 480 11 of reserveer@snoeproducties.nl

Nuuskommentaar: Die reg is nie net sport nie, en die Reitz-4-sage se draai by die persombudsman

Nuuskommentaar: Die reg is nie net sport nie, en die Reitz-4-sage se draai by die persombudsman
Herman Toerien

Wanneer dinge op die sportveld nie na wense gaan nie, geld die argument dat dit net sport is. 'n Briefskrywer in Volksblad simpatiseer vanoggend met die Cheetahs en ondersteuners oor verskeie insidente, soos 'n beweerde vorentoe aangee na Habana wat tot 'n drie gelei het, en nog 'n voorval waar Habana glo voor die skopper sou wees. Nog verskeie voorbeelde word genoem, en die vinger word veral na die een lynregter gewys.

As is verbrande hout, en dit is net sport. Ook nie heeltemal nie, want 'n ander uitslag sou waarskynlik 'n hele paar miljoen rand in ander rigtings laat rol het. 'n Paar ander spelers sou moontlik die groen en goud oor die kop getrek het.

Na 'n provinsiale skeidsregter in 'n wedstryd tussen Wes-Transvaal en die Vrystaat sowat twee dekades gelede in die verkeerde geselskap gespog het dat hy 'n wedstryd met sowat 17 punte kan swaai sonder dat die vinger na hom gewys kan word, het dit sommer die laaste wedstryd geword wat deur 'n skeidsregter van die tuisspan geplaas word.

Daar is 'n strewe na geregtigheid, selfs op die sportveld.

Wanneer dit egter kom by die regsveld self, wat juis op die beginsel van natuurlike geregtigheid en die weegskaal gebaseer word, dan is mense dikwels veel minder oor regverdigheid begaan.

In die Reitz-sage het dit so erg begin gaan dat die landdros die media en politici moes waarsku, onder meer om nie die beskuldigdes voortydig skuldig te bevind nie. Die landdros het ook gedreig om op te tree teen oortreders.

Sondag plaas 'n nasionale koerant 'n brief, nogal as hoofbrief, waarin die Reitz-4 misdadigers genoem word. Die briefskrywer dring ook aan dat die viertal om verskoning vra.

Vanuit 'n regsoogpunt beskou, die vier is nog nooit aan enigiets skuldig bevind nie en kan dus nie misdadigers genoem word nie. Trouens, die skrywer, en moontlik die koerant moet nou asem ophou nadat die appèlhof sowat 'n jaar gelede bevestig het dat kriminele laster steeds 'n misdaad bly.

Een van die vernaamste redes wat pres. Jacob Zuma aangevoer het hy nie die land oor sy korrupte verhouding met Shaik, soos die hof bevind het, om verskoning kan vra nie is omdat dit op implisiete skulderkenning sou neerkom.

Uiteindelik is die aanklagte teen Zuma ook laat vaar, hoewel die regsproses hieroor nog nie afgeloop het nie.

Die Reitz-4 kan dieselfde argument aanvoer. Trouens, dit is komplekser as die beskuldigdes in die verhoorstadium met die klaers wat ook staatsgetuies is, gesprek moet voer. Die landdros se waarskuwings aan die media en politici het juis betrekking op begionsels waar regsgebruike geskend word.

Dit is egter nie die volle verhaal nie. Die volgende aanhaling kom uit twee susterpublikasies van die koerant wat die brief ongekwalifiseerd gedra het: Hulle bied desnieteenstaande verskoning aan teenoor alle betrokkenes wat direk, of indirek, geraak is deur die vertolking wat aan die video gekoppel is en die reaksie wat dít uitgelok het. Dit sluit ook die inwoners van Reitz-kamerwonings en die betrokke werkers in. Dit is op 7 Maart 2008 in die twee publikasies gepubliseer.

Hierna, so dui die elektroniese argiewe aan, was daar verskeie verwysings, sodat een briefskrywer in 'n stadium geskryf het: "Hoeveel keer moet hulle nóg om verskoning vra?"

Die berig waarop die twee Afrikaanse dagblaaie hul beriggewing geskoei het, is ook deur SAPA die wêreld ingestuur. 'n Soektog deur elektroniese argiewe dui dat dit waarskynlik der geen Engelstalige koerant hier te lande gedra is nie. Dit is wel in die Times of London en minstens een Amerikaanse koerant gedra.

Gegewe die lesersprofiel van Afrikaanstalige en Engelstalige koerante in Suid-Afrika, kan so iets maklik tot polarisasie langs rasselyne lei, en het dit waarskynlik omdat verskillende rasse nou dieselfde situasie wat op geregtigheid afgestem moet wees, met verskillende feitestelle beoordeel.

Die koerant wat die brief gedra het is nou by die Persombudsman verkla.

Die regsproses om te probeer verseker dat 'n onboetvaardige Zuma teregstaan, dat 'n onboetvaardige Malema voor die gelykheidshof pa staan vir 'n opmerking, die gebrom oor spoedboetes wat glo nie betaal word nie – dit is alles is deel van 'n demokratiese proses waar die regstaat nie durf ondermyn word nie, en niemand is skuldig voor hulle skuldig bevind is nie. Dieselfde behoort vir die Reitz-vier te geld.

Want dit is nie net sport nie.

Soos die gesegde lui: "Cheetahs don't cry."  Die dame wat die skaal van geregtigheid vashou – kyk mooi, sy huil.

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: Wie wend Julius hoe waarvoor aan?

Nuuskommentaar: Wie wend Julius hoe waarvoor aan?
Herman Torien

'n Toutrekkery in die kleine bestaan oor of die Julius Malema-verskynsel 'n verskynsel is wat deur die media geskep en in stand gehou word, en of hy die nuusdekking kry weens die feit dat hy die ANC Jeugliga se leier is.

Dit is te ene male 'n feit dat sommige mense die vermoë het om die kalklig te steel, selfs al probeer hulle nie.

Die mate waarin mense soos Joost van der Westhuizen en Naas Botha daarin slaag om lank na hul aftrede as rugbyspelers in die kalklig te bly, staan skerp in teenstelling met byvoorbeeld ander eertydse rugbysterre soos Jackie Snyman. Selfs André Venter, wat weens 'n verlamming en sy beste maak daarvan soms in die nuus kom, kan nie droom om so in die kalklig te kom soos Joost en Botha nie.

Julius Malema is een van hierdie kalkligdiewe. Geen oproepe, selfs uit senior ANC-geledere, dat die media hom volgens sy veronderstelde impak moet beoordeel, sal hom uit die kalklig haal nie. Sy aanvoeling oor hoe om die kalklig te steel is eenvoudig te goed ontwikkel. Word sy breedsprakige oprui-sothede te veel, sal hy die mees onvoorsiene geleentheid benut om versoenend te wees, en al is die uitsprake lomp en vol teenstrydighede, hy het opnuut gesorg dat die kalklig hom bly volg.

Die ander siening is dat Julius nie so irrelevant is as wat sommiges wil glo nie, omdat hy 'n baie wye siening onder jong mense verteenwoordig. Hierdie beskouing is onheilspellend, want dit impliseer dat die ANC koelbloedig die jong mense se ontnugtering oor 'n demokrasie wat te min opgelewer het, wil wegkanaliseer van die wys van vingers na die ANC, en die vinger na ander – setlaars soos Julius al daarna verwys het – wil wring.

Om nuwe teikens vir rewolusionêre skyfskietery op te stel, los nog nie die oorsake vir die ontstaan van 'n rewolusionêre klimaat op nie. Doeltreffende regering en die effektiewe aanwending van beskikbare hulpbronne – ook menslike hulpbronne – doen veel meer. Mense reageer op hul persepsies van die werklikheid eerder as die werklikheid self, en daarom stuur onoordeelkundigheid, soos die peperduur vuurwaens van ministers, hordes partytjies en ander vermorsing die seine uit wat geen regering graag sal wil koester nie.

Julius is nie die enigste skrootskieter wat benut word nie. Pas het dit aan die lig gekom dat 'n plaaslike maatskappy Fifa in die hof aandurf oor die gebruiksreg van sokkerembleme met die oog op 2010. Die feit dat so 'n saak in die hof gaan draai is skadelik genoeg vir SA se beeld op die vooraand van die sokkerskouspel. Maar asof dit nie genoeg is nie, dreig Casatu se Vavi op TV met rollende optrede teen Fifa oor hierdie saak.

Presies hoe lank dink invloedryke Suid-Afrikaners gaan dit duur voor Fifa besluit genoeg is genoeg? Suid-Afrikaanse politici, soos Komphela, sit gereeld voet in die hoek met wat as niks anders as politieke inmenging in sport vertolk kan word nie – iets wat Fifa en ander internasionale sportliggame soos die IOK verbied. Die Caster-sage het boonop verseker dat die kalklig nou op Suid-Afrika gefokus is en vir die voorsienbare tyd gefokus sal bly. En dis nie asof Fifa hieroor 'n keffende hondjie is nie – lande soos Griekeland, Iran en Kenia is al hieroor geskors, en lande soos Nigerië en selfs Brasilië het op die laaste nippertjie kopgegee om te keer dat ook hulle geskors word.

Nog iets wat die sportliggame se grondwette verbied is rassisme, en opmerkings soos setlaars, kan moeilik as iets anders uitgelê word.

Dit gaan Duitsland, die vorige gasheer, nie lank neem om sy vere reg te skud om die toernooi by Suid-Afrika te erf as die politici hier nie leer om 'n wag voor hul monde te hou nie. Stil-stil is Brasilië, die volgende gasheer, op 'n versnelde program geplaas om vir sy gasheerstatus reg te maak. Gasheerstede moes hul meesterplanne reeds twee jaar gelede laat goedkeur.

Die aanbied al dan nie van 2010 behoort egter nie die oorweging te wees om verantwoordelike regering aan die dag te lê nie, verantwoordelike regering self moet die oorweging wees.

En as kroonprinse dan aangewys moet word, moet dit ook nie iemand wees wat om al die verkeerde redes in die kalklig baai nie.

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Outisme: Nuwe hoop?

Dalk hoop vir outisme

Herman Toerien

"Die beste terapie is maksimale ouerliefde."

'n Eenvoudige, eerlike stelling van 'n terapeut na intensiewe toetse op ons jongste jare gelede.

Vanjaar, op 16, kon die diagnose van outisme ongekwalifiseerd neergepen word.

Ook nie heeltemal nie, want Jandré is tog anders, tog uniek soos enige kind, maar met soveel nie-outistiese eienskappe dat die lank uitbly van 'n diagnose nie vreemd was nie. Daar is heel moontlik iets anders by die outisme – 'n multi-gestremdheid – en dit moet nog gevind word.

Vra enige tyd vir Jandré 'n drukkie, en hy gee dit met oorgawe. Of hy kom vra vir 'n "duk" – sy woord vir 'n druk.

Ja, daar was moeilike tye. 'n Pa wat met 'n skoppende en skreeuende kleintjie oor die skouer uit 'n winkel gestap kom waar hy 'n vloermoer gegooi het omdat daar gewoon nie geld was vir iets wat hy gesien en begeer het nie.

Lang ure se verduideliking, en hy raak mak hieroor.

Of 'n Vrystaatstadion wat opgeroep word om te help soek na 'n gestremde kind wat tussen neus en ore verdwyn het. As hy Coke soek, soek hy "Cope" soos hy dit genoem het NOU. Hy mag gestremd wees, maar het rigtingsin soos min, dus is dit ook kort-kort afsit na die geparkeerde kar toe om te kyk of hy nie dalk plan gekry het om daar te gaan wag nie.

En word hy gekry, sal hy meermale met 'n blikkie Coke in die hand staan, en is dit onmoontlik om vas te stel hoe hy hieraan gekom het.

Soos sommige outistiese en Williamssindroomkinders het Jandré ook splintervermoëns, genaamd savantisme. Die eerste tekens het op vierjarige ouderdom geblyk, toe hy by 'n terapeut moeilik was en onder 'n bank ingeklim het. Sy laat hom begaan, en hy begin blokkies wat hy daar in 'n mandjie gekry het uitpak. Netjies, van een tot tien, almal regop, sien die verbaasde terapeut.

Tuis kyk vroulief, en hy kom op die sakrekenaar tot 59 reg.

Nou hoe leer 'n kind op sy eie so iets wat effektief geen taal het nie?

Dis juis oor die taalkwessie dat ons besluit om dan eers vas te haak by dit waarin sy grondslag gelê is voor ons van die probleem bewus geword het. Maar watwou, so "vinnige" soos hy Afrikaanse woorde leer, net so vinnig vorder hy met die Engels. Blykbaar omdat Engels minder harde klanke het waarmee hy sukkel, maar meer waarskynlik omdat al sy helde, soos Spiderman, Asterix, Batman en Kangaroo Jack (min of meer in daardie volgorde van gewildheid) Engels praat.

Nog 'n splintervermoë kom aan die lig.

Ouboet-hulle maak weke lank van koerantpapier klere vir 'n skoolkosert, en die dag met die konsert kom die klere huistoe om aangetrek te word.

Jandré sien dié ongewone klere, en beduie hy wil ook hê. Ons beduie dis amper tyd om te ry en daar is nie tyd nie.

Terwyl ons aantrek gryp hy 'n skêr, kramdrukker en koerante, en dis 'n geknip, gekram en siedaar, nog voor ons ry het hy sy stel klere. Nie baie netjies afgewerk nie, maar dit pas perfek sonder dat iets gemeet of gepas is.

Hierna het dit nie einde nie. Enigiets wat kan plak word aangewend om iets van te maak, gewoonlik Aladdin se towerlamp, wat hy 'n ketel noem. Soms word tot 'n genie geprakseer om by die tuit uit te kom.

Modelhuisies van kartonbokse, met die fynste detail soos trappe, baddens en selfs wasbakke word gemaak.

Een aand begin hy neul vir 'n "twakie." Pa en ma het geen benul watse ding 'n twakie kan wees nie, en uiteindelik is hy moedeloos met sy dom ouers, gryp weggooipapier, 'n skêr en die kramdrukker. Dit woel en werskaf, en na 'n paar uur is "Twakie" klaar, synde 'n drakie. Twakie het tot tande, en 'n "vlam" in die bek wat kan uitkom, met vlerkies kompleet.

Twakie word sy troue metgesel. Een aand voor die TV begin hy stukke van Twakie afpluk, en ons wonder nog wat aangaan, toe begin hy weer stukke papier vaskram. Nie lank nie, is sy nuwe Twakie klaar. Dié keer mensgrootte.

Dié vakansie ry Twakie saam see toe, regop op die sitplek langs Jandré. By die see bedel ouma die drakie af, en Jandré kom sonder Twakie huis toe. Pligsgetrou, elke vakansie wat hy by ouma kom, het hy gaan kyk of dit nog wel gaan met Twakie.

Intussen loop ma 'n tannie raak wat eens met outistiese kinders gewerk het, en keramiekklasse aanbied. Ja, sy sal kyk of sy Jandré kan leer. En nee, sy ken outistiese kinders en Jandré is beslis nie een nie.

En so pak Jandré en tannie Joy, die Engelssprekende tannie. 'n nuwe koers aan.

"Hy wil die onmoontlikste goed maak," sê tannie Joy. "Ek sê vir hom dit kan nie gemaak word nie, maar hy wil nie kopgee nie."

Nie lank nie, kom sy eerste stel werkies huis toe. 'n Pa-draak, 'n ma-draak 'n ouboet-draak en 'n klein drakie.

Die jongelinge is intussen beide al pa en ma verby wat grootte betref, maar die vier drake staan nog. In die begin moes 'n poot of twee al met vasvat weer vasgesit word, maar nie sleg vir iets wat nie gemaak kon word nie.

Die woord versprei, en kort voor lank begin hy mense se honde vir hulle van foto's maak. Selfs 'n kat of twee.

Soos ou Max, wat kort na sy mense die beeldjie gekry het, die tydelike met die ewige verwissel het.

Die Nutsman is sy nuwe held. Wanneer hy Sondae uit die Tydskrif-Rapport die week se TV-programme memoriseer, is die Nutsman bo-aan sy lys.

By geleentheid lees ek in die koerant die Nutsman kom 'n groep mense in die Rosestad toespreek, en ek doen navraag of Jandré dalk sy held kan kom ontmoet.

Riaan maak 'n grotigheid van Jandré se skeppings, en wys dit vir die mense. Toe roep hy Jandré vorentoe, en prys hom vir sy mooi werk, die mense klap hande...en Jandré maak 'n buiging vir die gehoor.

Ek wil hom dooddruk.  

Ma besluit hy moet leer teken en skilder ook. Dit lol aan die begin met die plat vlak, maar mettertyd begin ook dié medium mooi werkies oplewer. 'n Skildery wat hy spesiaal ten bate van 'n nuwe outismesentrum vir Bloemfontein skilder word opgefeil en haal 'n yslike R2 300. Waarskynlik meer vir die saak as die kuns, maar dit is 'n mooi skildery.

'n Lang pad met maksimale ouerliefde. Die woorde van 'n dokter aan 'n kinderlose kollega en sy vrou jare gelede bly in my kop vassteek: "Moet nooit ophou hoop nie."

Ons hou nie op hoop nie, ons Glo en ons doen wat ons kan. Omtrent alle preparate wat op ons pad gekom het, al probeer.

Dit lyk nie of geenterapie binne die raamwerk van hoop – minstens vir die voorsienbare toekoms – val nie.

Die jongste probeerslag – na aanleiding van positiewe resultate elders in die wêreld – is iets wat volwasse stemselaanvuller (Stem cell enhancement) genoem word.

Mense, nog net 'n week se gebruik en die tekens is goed. Gaan lees gerus op by www.stemtechhealth.co.za

En as iemand dit gebruik en enige resultate behaal, positief of negatief, laat weet my asseblief by hermantoerien@iburst.co.za

Asseblief.
 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Reitz-4, Brief in Rapport



Die Persombudsman

khanyim@ombudsman.org.za

CC briewe@rapport.co.za

 

Geagte heer / dame

Reitz-4, Brief in Rapport

Op 1 November 2009 het Rapport ‘n hoofbrief van Adriaan J. Viljoen van Midrand geplaas waarin hy vra dat die Reitz-4 nou om verskoning moet vra, en waarin hy hulle misdadigers noem.

Ek vind dit onaanvaarbaar dar Rapport in hierdie sensitiewe tyd, of enigsins, so ‘n brief plaas sonder om die skrywer minstens reg te help.

Ten eerste het die Reitz-4 om verskoning gevra, en is dit reeds op 7 Maart 2008 in minstens twee van Rapport se susterkoerante, Beeld en Volksblad, gedra nadat SAPA die berig internasionaal gestuur, en die Times of Londen en ander oorsese koerante dit ook gedra het.. (Die berig van Volksblad en Beeld hieronder, gevolg deur verskeie ander Volksblad- en Beeldberigte wat op die kwessie inspeel).

Verder noem Viljoen die Reitz-4 misdadigers, en Rapport plaas dit.

Die Reitz-4 is nog nooit skuldig bevind nie, en die naaste wat hulle daaraan gekom het is implisiete “skuldigbevinding” juis uit hoofde van hul verskonings.

Die Suid-Afrikaanse reg, veral administratiewe reg, is geskoei op die beginsel van natuurlike geregtigheid, en uiteindelik moet die Reitz-4 se aanklaers bewys dat hulle die opset gehad het om ‘n misdryf te pleeg.

Die koor van aandrang op ‘n verskoning (wat reeds aangebied is) of dan ‘n meer eksplisiete verskoning, kan ongelukkig ook die Reitz-4 se reg op natuurlike geregtigheid benadeel.

Ek is nie ‘n oud-Reitzer nie, en daarom is ek nie by die prosesse of die agter-die-skerms-handelinge om ‘n skikking buite die hof te bewerkstellig nie, maar ek kan my indink dat die plasing van hierdie brief die proses tot versoening en die regsproses kan bemoeilik – dit terwyl Rapport tog behoort te geweet het van die beriggewing in sy susterkoerante.

Die brief volg boonop na die landdros in die saak ‘n spesifieke versoek aan die media en die politici gerig het om nie buite die regsproses op te tree nie, en gewaarsku is dat daar teen sodanige media en politici opgetree sal word.

Die hele kwessie van die mediavryheid, en die demokrasie en politici asook die media se rol daarin, word ten diepste in die Reitz-aangeleentheid gevoel, en daarom is dit baie nodig dat alle rolspelers verantwoordelik hiermee omgaan.

(Vgl ‘n tussentydse verslag hieroor by     wat ek hieroor opgestel het).

Ek vertrou dat Rapport aan Suid-Afrika verskoning sal vra vir die wyse waarop Viljoen se brief ongekwalifiseerd geplaas is.

Die uwe

Herman Toerien

hermantoerien@iburstco.za

Reitz-video: 2 studente skort hul studies op

Mike van Rooyen (Beeld & Volksblad, 07 / 03 / 2008)

Mike van Rooyen
Bloemfontein. – Twee van die studente wat betrokke was by die vervaardiging van die omstrede Kovsie-video wat wêreldwyd opslae gemaak het, het hul studies opgeskort.
Mnre. R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit grootliks in belang van die UV geneem is.
Hulle was albei studente in hul finale jaar.
Hulle spreek die vertroue uit dat hul besluit om hul studies te staak, sal bydra om die huidige toestand op die UV-kampus te laat bedaar “en dat die video inderdaad tog ’n bydrae sal lewer om kwelpunte met integrasie op die kampus en selfs elders op te los”.
Indien hulle intern verhoor sou word, sou getuienis aangebied word wat net verdere negatiewe publisiteit vir die UV tot gevolg kan hê, lui die verklaring. As hulle vrygespreek word, sal dit waarskynlik aanleiding tot voortslepende geweld gee en onskuldige mense sal in gevaar gestel en benadeel word.
Hulle bied desnieteenstaande verskoning aan teenoor alle betrokkenes wat direk, of indirek, geraak is deur die vertolking wat aan die video gekoppel is en die reaksie wat dít uitgelok het. Dit sluit ook die inwoners van Reitz-kamerwonings en die betrokke werkers in.
Hulle wil dit beklemtoon en vra om die voordeel van die twyfel te kry, dat hulle hoegenaamd nie bedoel of voorsien het dat die video die gevolge sou hê wat nou blyk nie.
Hulle het glad nie die oogmerk gehad, of dit voorsien nie, dat dit as vernederend vir die betrokkenes beskou sou word en gesien sou wees dat dit met rassistiese oogmerke gemaak is nie.
“Ons het geen kwade gevoelens teenoor enige persone of instellings of bybedoelings met die maak van die video gehad nie en ook hoegenaamd nie die gevolge daarvan voorsien nie.”
Malherbe en Van der Merwe was tot nou die kampus van die UV verbied.

Volksblad
Vrydag
15 Augustus 2008
Bl.8
Hoofartikelblad
Briewe
Rubriek Jou Mening
UV se bestuurspan moet bedank

Reitz-kamerwonings is gesluit en die feite om die video is lankal nie meer ter sprake nie. Die seuns wat ons die onguns bewys het, het verskoning aangebied – verskeie kere as ek reg onthou.
En selfs ook uit hul eie hul studies gestaak en uit hul eie hul reeds betaalde geld aan die universiteit geskenk om “minder bevoorregte” studente te ondersteun. (Is my feite nog reg so ver, Frikkie?)
In die hitte van die stryd was Blouwillem Theron se oproepe van die nugterste en mees gebalanseerde, maar daar was ook verskeie ander wat van hulle laat hoor het. Van die interessantste reaksies was van mense uit die universiteit se eie geledere. Die meeste was verdoemend ten opsigte van die universiteitsbestuur se hantering van die saak.
Daar was ook die enkele: “Frederick, ek salueer jou . . .” of iets in dier voege.
Die hele petalje bedroef my net soveel as wat dit my ontstel.
Die video het waarskynlik maande in die hande van iemand (in die topbestuur?) gelê, terwyl hy gewag het vir die regte moment om dit te “gebruik”? Die staking en betoging op die Rooiplein was ooglopend suksesvol en dit het die nekhare van dese en gene laat rys.
Wysheid en insig het saam met prof. Wynand Mouton en sy skerp intellek vertrek.
Diegene wat die openbaarmaking van die video beplan het, het dit gedoen met die eng siening dat die studente daardeur gedissiplineer sal word.
Weinig het hulle gedink dat dit sulke enorme reperkussies sou hê. Ja, goed, as die video in die eerste plek nie gemaak was nie, sou dit nie beskikbaar gewees het nie. Toe die bestuur egter hierdie video onder oë geneem het, moes hulle tog seker kon dink dat die eerste stap sou wees om daardie studente “in te roep” en om hulle uiters streng te dissiplineer.
Nou het die einste bestuur van ’n interne aangeleentheid ’n internasionale debakel gemaak. Het hulle ooit verwag dat dit selfs uit buitelandse akademiese geledere sulke reaksie sou ontlok? Nie? Eina, my ente!
En nou, wanneer die stryd op sy hewigste is, vertrek die leier vir ’n Sabbatsreis – of iets in dier voege! Goeie genugtig (by gebrek aan spasie vir ritse ander uitdrukkings), ek kan my nouliks ’n lamsakkiger optrede as dit indink.
Ek sou sterk aanbeveel dat veral oud-Kovsies alle bydraes aan bv. die Kovsie Alumni-trust sal staak en om vroegtydig vir julle kinders plek te bespreek by ander varsities.
Dit gaan daarom dat die bestuur moet erken dat hulle as individue en as span die UV as geheel in die steek gelaat het.
Dit sou eerbaar wees indien hulle as bestuurspan bedank – soos die “vervaardigers” gedoen het.

Paul

Volksblad
Vrydag
8 Augustus 2008
Bl.10
Hoofartikelblad
Briewe
Rubriek Jou Mening
Reitz: Geen vervolging ná R3 miljoen se skade?

Dit was seker te wagte dat berigte oor die vervolging van die vier studente van die nou oorlede Reitz-kamerwonings wat betrokke was by die “walgvideo” een of ander tyd sou verskyn.
Dit slaan my egter stom dat daar besluit is om nié voort te gaan met aksies teen die studente wat ’n hofbevel teen oproerigheid op die kampus geminag het nie. Die rede: “Geen skade of beserings is in dié voorvalle aangerig of opgedoen nie.”
Nét so is nou ook besluit om nié op te tree teen die tien studente wat in hegtenis geneem is ná die skade van (meer as) R3 miljoen nie.
Van belang om te onthou is dat dié skade aangerig is voordat die video uitgelek is, want die studente het teen die universiteit se integrasiebeleid betoog.
En die studente van Reitz was nié daarby betrokke nie. Dit gaan my verstand te bowe dat niemand vir die skade voor die hof gedaag gaan word nie, maar wel vier studente wat ’n video, mét die samewerking van die vier vroulike skoonmakers en ’n manlike werker, gemaak het.
Gaan daar nou ook druk op die hof uitgeoefen word om die vier (blanke) studente tot elke prys skuldig te bevind soos wat probeer word dat mnr. Zuma tot elke prys nie vervolg moet word nie?
En die hofordonnans moet nou maar al reël vir ’n tolk, want die vier vroulike werkers het mos, toe onderhoude met hulle gevoer wou word, te kenne gegee dat hulle nie Afrikaans of Engels magtig is nie.
Ek wonder net wat gaan gebeur as die hof wel die vier studente onskuldig bevind?
Gaan die universiteit verskoning vra en Reitz weer oopmaak?
Ek sal graag help om die studente se regskoste te betaal wanneer hulle ’n saak teen my ou/gewese universiteit maak. Die sluiting van Reitz is die grootste skande in die geskiedenis van Kovsies, maar pasop, die wiel draai.

Hennie PienaarBellville

Reitz: Geen vervolging ná R3 miljoen se skade?

Dit was seker te wagte dat berigte oor die vervolging van die vier studente van die nou oorlede Reitz-kamerwonings wat betrokke was by die “walgvideo” een of ander tyd sou verskyn.
Dit slaan my egter stom dat daar besluit is om nié voort te gaan met aksies teen die studente wat ’n hofbevel teen oproerigheid op die kampus geminag het nie. Die rede: “Geen skade of beserings is in dié voorvalle aangerig of opgedoen nie.”
Nét so is nou ook besluit om nié op te tree teen die tien studente wat in hegtenis geneem is ná die skade van (meer as) R3 miljoen nie.
Van belang om te onthou is dat dié skade aangerig is voordat die video uitgelek is, want die studente het teen die universiteit se integrasiebeleid betoog.
En die studente van Reitz was nié daarby betrokke nie. Dit gaan my verstand te bowe dat niemand vir die skade voor die hof gedaag gaan word nie, maar wel vier studente wat ’n video, mét die samewerking van die vier vroulike skoonmakers en ’n manlike werker, gemaak het.
Gaan daar nou ook druk op die hof uitgeoefen word om die vier (blanke) studente tot elke prys skuldig te bevind soos wat probeer word dat mnr. Zuma tot elke prys nie vervolg moet word nie?
En die hofordonnans moet nou maar al reël vir ’n tolk, want die vier vroulike werkers het mos, toe onderhoude met hulle gevoer wou word, te kenne gegee dat hulle nie Afrikaans of Engels magtig is nie.
Ek wonder net wat gaan gebeur as die hof wel die vier studente onskuldig bevind?
Gaan die universiteit verskoning vra en Reitz weer oopmaak?
Ek sal graag help om die studente se regskoste te betaal wanneer hulle ’n saak teen my ou/gewese universiteit maak. Die sluiting van Reitz is die grootste skande in die geskiedenis van Kovsies, maar pasop, die wiel draai.

Hennie PienaarBellville 8 / 8 2008

Volksblad Saterdag 31 Mei 2008 Bl.17 Briewe Rubriek Jou Mening
Waar gaan dit alles eindig?

Ek lees Woensdagoggend die hoofberig, Hoekom Reitz moet sluit.
Dit het alles te doen met die sogenaamde walgvideo wat die land en wêreld ingestuur is.
Ek luister na die berigte oor die radio en na die verskeie rolspelers se mening en dit voel vir my:
Kan die studente nie maar gebly het tot die einde van die jaar nie?
Hoeveel keer moet hulle nou nog om verskoning vra?
My hart gaan uit na die Reitz- studente, veral waar hulle besig is met eksamen.
Is dit die allervreeslikste wat in ons land kan gebeur, wat van die volgende:
Maak koerante oop, kyk na nuus op TV en sien hoe word onskuldige boere vermoor, op die wreedste maniere denkbaar.
So ook met ou mense.
Jong meises en vroue word verkrag.
Pasiënte word verwaarloos en aangerand in hospitale en ouetehuise.
Hoekom word dit nie as walglik beskou nie?
Met
die ANC-jeugkongres is die universiteit omtrent verwoes deur jong mense wat nie weet hoe om goed te respekteer nie.
Neem die vreemdelingehaat.
Ek het nog nie een keer gehoor dat iemand sê dit walg hulle nie.
En wie is die meeste hierby betrokke? Jong kinders van die ouderdom vyftien en ouer.
Nou verduidelik my wat is die ergste.
Die walgvideo, plaasmoorde, verkragting of vreemdelingehaat?
Ek verstaan regtig nie meer wat gaan in ons land aan nie en waar gaan alles eindig.

Elna Venter
Japie Neserweg 89, Uitsig, Bloemfontein

Moenie in die verlede leef nie...

willem van der berg
REITZ-KAMERWONINGS was al in die verlede gesluit. Tog is daar elke keer besluit om weer die deure oop te maak. Die manskoshuis het nou eenmaal ’n kleurryker geskiedenis as die ander op die Bult.
Tans is die kleur rooi. Stopstraat-rooi. Die einde van die pad breek aan as die koshuis die einde van die semester sluit.
Die onderwerp is nie holrug gery nie, sy arme rug is daarmee heen. Maar tog gaan daar nog baie geredekawel word.
Die huidige inwoners van die koshuis sê dat hulle geen aandeel aan die wêreldbekende, omstrede video gehad het nie en daarom is die reaksie teen Reitz onregverdig. Hulle word benadeel weens ander se foute.
Die Nazi-bewind is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebreek. Hitler is dood, maar tot vandag toe word die Duitse nasie verantwoordelik gehou vir die misdade teen die Joodse volk en ook ander mense wat nie in hul “superras” wou pas nie.
En in elke nuwe rolprent oor die Tweede Wêreldoorlog word die Duitsers daaraan herinner dat hulle monsters was.
Die jeug van Suid-Afrika skreeu dat hulle nie deel was van die sonde van apartheid nie, tog word daar steeds maatreëls toegepas om die agterstand uit te wis wat ander volke opgedoen het,.
Die Anglo-Boereoorlog het in 1902 tot ’n vredeskikking gelei. Dit was 106 jaar gelede en steeds kan sekere Afrikaners nie ’n goeie woord oor ’n Brit sê nie. As hulle kon, het hulle nou met hul jaggewere in Magersfontein se loopgrawe gaan lê en wag. Vir vergelding.
Dit wil sê:
As jy deel is van ’n sekere kultuur, trek jy die baadjie aan. Dit sluit jou leierskap-, sport- en ander prestasiebalkies in. Maar ook die vetkolle, oliekolle en bloedkolle.
En ander kulture sien gewoonlik graag die kolle raak.
Reitz is ook ’n kultuur.
Van die UV se beweegredes om die koshuis te sluit was om weer buitelandse steun te werf. Die nuwe advertensie wat vertel hoe “bakgat” die kampus deesdae is, kom natuurlik nie daar uit nie.
Toe daar voorverlede week meer as 100 mense in België beseer is in ’n opvlamming van rassehaat het ons niemand hoor om verskoning vra nie. Wit en swart het mekaar daar bestorm en die polisie moes deurnag spook om die groepe uit mekaar te hou.
Hopelik is hulle nie deel van die steun nie.
Ook nie Amerika nie, hulle het maar baie kolle en vlekke. So ook die Australiërs, die Russe, die Chinese, die Pakistani’s, die Israeli’s en natuurlik die Britte
...
Oplossing:
Onthou jou verlede, maar moenie
daarin leef nie.
Jy
het net vandag, maak dit die moeite werd. 3 / 6 208

Inwoners sê hulle wil net jaar op kampus voltooi

henry cloete
“AL wat ons as inwoners van Reitz-kamerwonings vra, is dat ons die jaar hier op die kampus kan voltooi. Daarna sal ons ontbind en kan die universiteit met die koshuis maak net wat hy wil.”
Mnr. Pieter Odendaal, primarius van Reitz, wat pas gehoor het dat die koshuis aan die einde van dié semester sluit, het aan Volksblad gesê die inwoners van Reitz is “tot in hul wese getref” deur dié besluit.
Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gister amptelik aangekondig dat dié koshuis gesluit gaan word ná die sogenaamde walgvideo wat by Reitz geskiet is en vroeër vanjaar internasionaal opslae gemaak het.
Prof. Teuns Verschoor, waarnemende rektor, het gesê dié besluit is ’n simboliese en strategiese skuif.
Odendaal sê die inwoners is reeds vanjaar “deur hel” in die nadraai van die walgvideo-sage. “In daardie moeilike tyd het ons geen ondersteuning van die UV gekry nie. Inteendeel, hy het ons van die staanspoor af verdoem en bygedra om ons in ’n slegter posisie te stel.
“Dit kos ons ouers baie om ons te laat studeer. Die universiteit het toegelaat dat ’n geïsoleerde voorval van enkele studente die hele koshuis benadeel. Ná ’n uitmergelende stilte waarin ons geen terugvoering van die UV rakende die toekoms van Reitz ontvang het nie, breek hy die slegte tyding op die eerste dag van die eksamen. Hoe kan ’n mens in sulke omstandighede akademies presteer?”
Odendaal sê Reitz het reeds telkemale vir die gevolge van die video om verskoning gevra.
Die video het aanleiding gegee tot enorme emosionele nasionale en internasionale reaksie en het ’n groot debat oor rassisme en magsverhoudings in Suid-Afrika ontlok. Op die video het vier inwoners van Reitz vroulike swart skoonmakers aan ’n kamma-inisiëringseremonie laat deelneem.
Hulle moes bier afsluk, aan ’n kamma-rugbyoefening deelneem en ’n brousel eet waarin een inwoner oënskynlik geürineer het.
Dr. Robbie Dennis, voorsitter van die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR), sê in ’n verklaring die UV-bestuur het hom nie aan bydraes van huidige studente, oudstudente en ouers van Reitz-inwoners gesteur nie. “Internasionale en plaaslike menings is oënskynlik vir die UV belangriker as die studente. Die UV is steeds besig om die studente van Reitz en ook onskuldige eerstejaars van die koshuis kollektief te straf vir ’n voorval wat byna ’n jaar oud is. Die NUOR sal alles in sy vermoë doen om dié onreg reg te stel en versoek die UV-bestuur en -raad om dringend die besluit in belang van die inwoners en van die UV te heroorweeg.”
Verschoor het die tydsberekening van die aankondiging verduidelik deur te sê daar was baie administratiewe kwessies en voorleggings wat verwerk en ontleed moes word. 28 / 5 / 2008

Volksblad
Vrydag
18 April 2008
Bl.1


Net Engels! beveel Pandor by Kovsies


Tolke weggejaag op vergadering waar minister oor UV-probleme praat

henry cloete
IN ’n poging om eerstehands die probleme op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) waar te neem, het mev. Naledi Pandor, minister van onderwys, gister besoek afgelê op dié kampus.
Sy het glo tolke wat vir vergaderings met studenteleiers gereël is, afgejak en gesê die vergadering sal in Engels geskied.
Mnr. Ben Schoonwinkel, studenteraadvoorsitter, sê die minister het teen haar eie vroeëre reëlings opgetree deur op die vergadering, wat eers met die studenteraad en koshuis-primaria en daarna met politieke partye op kampus sou wees, te sê sy wil almal gelyk spreek.
“Dit was ’n probleem om dit vinnig te moes reël. Die tolkdienste, wat ons vir elke vergadering reël, is ook deur haar weggestuur. Sy het gesê dit is haar vergadering en dit sal in Engels geskied.”
Hy sê die gesprek met studenteleiers het langer as ’n uur geduur. Kans is vir studenteleiers gegee om hul mening oor transformasie op die kampus te lug.
“Aan die einde het sy gesê sy is nie tevrede met wat sy onder studenteleiers sien nie – dat hulle meer moet saamstaan en oor die vraagstukke leer praat. Sy is ongelukkig oor hoe die situasie deur die studente benader word.
“Daar is volgens haar nog ’n ver pad om te stap voordat transformasie op die kampus werk.”
Mej. Thato Taka, primaria van die Madelief-koshuis wat ook die vergadering bygewoon het, sê sy blameer nie die minister vir dié woorde nie.
“Daar is baie verdeeldheid en vingerwysery in die studenteliggame.”
Mnr. Lunga Ngqengelele, Pandor se woordvoerder, sê almal het op die vergadering ingestem dat dit maar in Engels kan wees.
“Sy wou nie hê enige mense wat nie deel is van die groep met wie sy wou praat, moes in die vergadering wees nie.”
Die beweerde onvoldoende toepassing en ondersteuning van tolkdienste was juis een van die griewe wat koshuisleiers vroeër vanjaar voor hul staking in ’n memorandum aan die UV-bestuur omskryf het.
Pandor het ook namens die ministerie en die regering vir die vyf skoonmakers wat in die gewraakte Reitz-video betrokke was, “om verskoning gevra vir die vernedering wat hulle moes beleef”, sê Ngqengelele.
Pandor het gisteroggend geslote vergaderings met die werkersunies Nehawu (waaraan die vyf skoonmakers behoort) en UVPersu, die studenteraad en ander studenteliggame en politieke partye, die UV-bestuur en ook die skoonmakers gehad.
“Sy wou eerstehands met die mense gepraat het en ingelig wees oor transformasie op die kampus en die gevolge van die video,” het Ngqengelele gesê.
Prof. Frederick Fourie, UV-rektor, sê aangesien die bestuur reeds vroeër baie in kontak met die nasionale departement van onderwys was, het hulle nie soseer met Pandor vergader nie, maar net saam middagete genuttig.
“Ek kan dus nie praat oor wat in die vergaderings gebeur het nie, maar ek verwelkom die feit dat sy eerstehands wil uitvind wat hier aangaan,” sê Fourie.
Pandor
het vroeër ’n komitee vol swaargewigte in onderwys aangestel om diskriminasie aan hoëronderwysinstellings uit te wis en sosiale samehorigheid hier te bevorder.
Dit het gevolg op die herrie wat vroeër vanjaar rondom die sogenaamde walgvideo losgebars het.

‘Ons loop ter wille van UV’

Reitz-twee staak hul studies

Mike van Rooyen
‘Ons spreek, opreg, die vertroue uit dat ons besluit om ons studies te staak sal bydra om die huidige toestand te laat bedaar, en dat die video inderdaad tog ’n bydrae sal lewer om kwelpunte met integrasie op die kampus en selfs elders op te los.’ OP die vooraand van ’n dringende vergadering van die raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) vandag waar die omstrede video bespreek sal word wat internasionaal opslae gemaak het, het twee van die vervaardigers daarvan, albei studente in hul finale jaar, hul studies opgeskop.
Mnre. R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei inwoners van die manskoshuis Reitz-kamerwonings op die UV-kampus, sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit grootliks in belang van die UV geneem is.
“Ons spreek, opreg, die vertroue uit dat ons besluit om ons studies te staak sal bydra om die huidige toestand te laat bedaar, en dat die video inderdaad tog ’n bydrae sal lewer om kwelpunte met integrasie op die kampus en selfs elders op te los.”
Indien hulle dissiplinêr verhoor sou word, sou getuienis aangebied word, wat net verdere negatiewe publisiteit vir die UV tot gevolg kan hê, lui die verklaring voorts.
As hulle vrygespreek word, sal dit waarskynlik aanleiding tot voortslepende geweld gee en onskuldige mense sal in gevaar gestel en benadeel word.
Hulle bied desnieteenstaande verskoning aan teenoor alle betrokkenes wat direk, of indirek, geraak is deur die vertolking wat aan die video gekoppel is en die reaksie wat dít uitgelok het.
Dit sluit ook die inwoners van Reitz-kamerwonings en die betrokke werkers in.
Hulle sê hulle wil dit beklemtoon, en vra om die voordeel van die twyfel te kry, dat hulle hoegenaamd nie bedoel of voorsien het dat die video die gevolge sou hê wat nou blyk nie.
Hulle het glad nie die oogmerk gehad, of dit voorsien nie, dat dit as vernederend vir die betrokkenes beskou sou word en gesien sou wees dat dit met rassistiese oogmerke gemaak is nie. “Ons het geen kwade gevoelens teenoor enige persone of instansies of bybedoelings met die maak van die video gehad nie, en ook hoegenaamd nie die gevolge daarvan voorsien nie.”
Ten slotte bied hulle aan “dat ons studie- en verwante gelde wat ons vir 2008 betaal het, aangewend word om verdienstelike en behoeftige studente te subsidieer”. )
Dié video, wat in September 2007 deur Malherbe en Van der Merwe en twee ander destydse studente, mnre. Danie Grobler en Johnny Robberts, gemaak is, het die eerste prys op hul koshuis se jaarlikse kultuuraand verower.
In die video word die sogenaamde “inlywing” van swart skoonmakers in die koshuis uitgebeeld as deel van die UV se koshuisintegrasie, wat toe in die nuus was.
Geen haan het destyds daarna gekraai nie, totdat dit skielik verlede maand op die internet opgeduik en wyd beskikbaar was, en veroordeel is.
Dit het gekom kort nadat groot onrus op die kampus uitgebreek en oproerige studente skade van sowat R3
miljoen aangerig het.
Malherbe en Van der Merwe was tot nou die kampus van die UV verbied. 7 / 3 / 2008

Beeld

Reitz-kamerwonings sê jammer aan koshuisgangers

Mike van Rooyen

Mike van Rooyen
Bloemfontein. – In ’n brief aan mede-koshuisstudente het die huiskomitee van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) “onvoorwaardelik” om verskoning gevra vir die rassistiese video wat daar gemaak is.
Briewe is gister aan al die huiskomitees en inwoners van al die koshuise op die kampus gestuur waarin hulle die skade betreur wat die video veroorsaak het. In die video is swart skoonmakers kos gegee waarin die studente “geürineer” het. Hulle het later gesê hulle het voorgegee hulle urineer in die kos.
“Die doel van hierdie brief is geensins om die video of motiewe daaragter te verdedig nie. Ons rig hierdie brief as onvoorwaardelike verskoning dat lede van ons koshuis só ’n video gemaak het en vir die gevolglike leed wat dit veroorsaak het.”
Die brief lui verder: “Ons betreur die skade wat ons optrede aangerig het aan die verhoudinge tussen kultuur- en taalgroepe op ons kampus, sowel as die beeld van ons trotse universiteit.
“Ons moet onsself weer sensitief maak vir ons Bybelse beginsels van respek, liefde, vertroue en integriteit binne ’n multi-kulturele gemeenskap en oor hoe ons hierdie beginsels uitleef.
“Die oorspronklike doel met die video het niks met rassisme te doen gehad nie, maar die openbaarmaking daarvan het ons as Reitz-inwoners die nodige besef gebring dat ons introspeksie moet hou van die sensitiwiteit wat steeds bestaan in die interaksie tussen verskillende kultuurgroepe.”
Die raad van die UV vergader môre en die gebeure die afgelope tyd op die kampus sal dan bespreek word. Die hantering van die integrasieproses van studente in koshuise deur die universiteitsbestuur sal waarskynlik ook op dié vergadering onder die vergrootglas kom. 6 / 3 / 2008

Reitz-video: 2 studente skort hul studies op

Mike van Rooyen

Mike van Rooyen
Bloemfontein. – Twee van die studente wat betrokke was by die vervaardiging van die omstrede Kovsie-video wat wêreldwyd opslae gemaak het, het hul studies opgeskort.
Mnre. R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit grootliks in belang van die UV geneem is.
Hulle was albei studente in hul finale jaar.
Hulle spreek die vertroue uit dat hul besluit om hul studies te staak, sal bydra om die huidige toestand op die UV-kampus te laat bedaar “en dat die video inderdaad tog ’n bydrae sal lewer om kwelpunte met integrasie op die kampus en selfs elders op te los”.
Indien hulle intern verhoor sou word, sou getuienis aangebied word wat net verdere negatiewe publisiteit vir die UV tot gevolg kan hê, lui die verklaring. As hulle vrygespreek word, sal dit waarskynlik aanleiding tot voortslepende geweld gee en onskuldige mense sal in gevaar gestel en benadeel word.
Hulle bied desnieteenstaande verskoning aan teenoor alle betrokkenes wat direk, of indirek, geraak is deur die vertolking wat aan die video gekoppel is en die reaksie wat dít uitgelok het. Dit sluit ook die inwoners van Reitz-kamerwonings en die betrokke werkers in.
Hulle wil dit beklemtoon en vra om die voordeel van die twyfel te kry, dat hulle hoegenaamd nie bedoel of voorsien het dat die video die gevolge sou hê wat nou blyk nie.
Hulle het glad nie die oogmerk gehad, of dit voorsien nie, dat dit as vernederend vir die betrokkenes beskou sou word en gesien sou wees dat dit met rassistiese oogmerke gemaak is nie.
“Ons het geen kwade gevoelens teenoor enige persone of instellings of bybedoelings met die maak van die video gehad nie en ook hoegenaamd nie die gevolge daarvan voorsien nie.”
Malherbe en Van der Merwe was tot nou die kampus van die UV verbied. 7 / 3 / 2008

Afrikaanse humor: Herrie se kerrie: Bul-tuiswedstryde voortaan op Vrystaatstadion?

Sondagoggend ry 'n man met sy groen tjorrie met FS-nommerplate deur Bloemfontein se woongebiede se strate. Die kar is omtrént getooi met blou ballonne, en so ver soos die Blou Bul-ondersteuner ry, so ver toet hy.

Herrie het 'n spesmaas 'n chirurg sou voor die son water trek die toeter moes uithaal waar 'n Cheeetah-ondersteuner dit kort voor lank sou indruk.

By die plek waar mens mos vir die kleintjies die gatsometer indruk om hul koors te meet.

Nietemin. Elke hond kry ook sy dag. Dié merk Herrie die vorige dag, voor die wedstryd, op die boeremark op.

Van die een kant sien Herrie kom iemand met sy woelige worshond aan 'n oranje leiband aan, en van die ander kant iemand met twee effe groter steekhare sulke pers-blou-leibande.

Nou laat niemand vir julle ooit vertel honde is kleurblind nie. Nee, nie as 'n brak 'n worshond met 'n oranje leiband is nie. Want sien hy iets blous, sien hy net rooi, by wyse van spreke.

Dis 'n aardigheid om te sien hoe die plat hond se baas moeite het om daai wors van die verbouereerde steekhare af te hou. Dis 'n tande uitpakkery van 'n ander wêreld, en sy gromme het hy iewers by 'n Cheetah geleer. Herrie kan net dink wat van daai blou ballonne sou oorbly sou iemand dit in sy kop kry om vir die wors te sê: "Sa!"

Dis toe maar 'n blou sakkie aartappels wat iemand op die mark gekoop en roekeloos langs 'n stalletjie neergesit het waar hy aangedoen het, wat dit moes ontgeld.

Dié hond het nie Oros gebruik om te wys wat hy van die blou sakkie dink nie, deur dit met 'n oranje vloeistof te merk.

Herrie weet nie of dit waar is nie, maar hy verneem die Blou Bul-base is so beïndruk met die skrumlesse wat hulle by die Cheetahs gekry het, hulle gaan nou Cheetahs koop vir die paar posisies wat nog nie deur Blikore beklee word nie. Harold Verster het glo reeds die faks gekry (die Bulle het nog net tjekboeke uitgevind, nog nie e-pos nie) waarin die Blou Bulle vra of hulle volgende jaar hul tuiswedstryde nie maar op die Vrystaatstadion kan kom speel nie.

Sien, want dan speer hulle baie op verblyfkostes want die speler kan sommer by hul ouers oorslaap.

Harold het, verneem Herrie op goeie gesag, terug laat weet die Bulle is na die Haaie en die WP op die waglys.

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Morné skttier met kolf

'n Morné, Morné Steyn, et 'n groot rol gespeel om die Cheetahs in die Curriebekereindstryd te fnuik, maar nog 'n Morné, Morné van Wyk, het gewys hy is vol skop – of liewer – kolfwoema.

Van Wyk, eens beskou as Mark Boucher se opvolger, het gewys dat hy nou weer sy kolfvisier ingestel gekry het deur in die Diamand-Arende se openingswedstryd in die nuwe 40  boulbeurte aan 'n kant 'n onoorwonne 168 lopies van 124 balle teen die Hoëveldse Leeus te moker. Altesaam 25 viere en 'n ses het deel van sy houetentoonstelling uitgemaak.

Van Wyk was nie die enigste swaeltjie in die Vrystaatse somer nie. Boeta Dippenaar, Reeza Hendricks en Rilee Rossouw het die telbord se ratte laat sing.

Die boulaanval van die Arende was eenvoudig briljant, met SJ van der Linde wat as die beste bouler uit die stryd getree het, maar Johan van der Wath het die meeste paaltjies laat kantel. Die gevolg was dat die Leeus 'n reuse loesing van 106 lopies op die lyf geloop, terwyl die Arende se verwoestende slaners nie eens kans gekry het om los te trek nie, omdat die Arende net 5 paaltjies in hul lopiesoeke verloor het.

Hierdie spogbeurt van Van Wyk was sy 13de hondertal in middag-aandkrieket, en 'n duidelike aanduiding dat die Proreakeurders dalk te gou Van Wyk na die Protea-ashoop gestuur het. Was hy 'n paar jaar jonger, sou die keurders liederlik geblaps het om dié skitterende paaltjiewagter nie nader te trek nie.  

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Cheetahs: Vasbytspan rypgedruk vir 2010

Herman Toerien

Al staan die Curriebeker die volgende jaar in die Jakarandastad, het die Vrystaatse Cheetahs die troos dat hulle goed rekenskap van hulself gegee het, en dat die jong Blikore boonop in voorwedstryde beide die Onder 19 en Onder 21-titels verower het. Geen ander bond, nie eens die heel grotes, kon naby hieraan kom nie.

Die tweede agtereenvolgende wedstryd tussen die Bulle en die Cheethas het die spanne ewe veel drieë gedruk, en was die geluk aan die Bulle se Morné-stewel.

Die Cheetahs sal opnuut wonder hoe dit gebeur dat hulle 'n wedstryd so kan oorheers, en tog kort voor lank, soos ook teen die Haaie in die halfeind, ver agter te loop.

Die antwoorde is eenvoudig: Die Vrystaat staan drieë af van sy eie mamparraskoppe af, en in moderne rugby is dit amper onmoontlik om drieë teen konvensionele verdedigingslinies te druk. Die Bulle se drieë het, soos dié van die Haaie, ietwat teen die verloop van die spel gekom toe die Cheetahs se opponente gebroke spel uitgebuit het.

Nie dat die Cheetahs nie ook gebroke spel kan uitbuit nie, soos 'n beweging wat 'n slag voor die besoekers se eie pale gaai draai, en byna-byna op 'n drie vir Lionel Mapoe uitgeloop het. Met die vernietigende skrumkrag wat die Cheetahs ontwikkel het, is moontlik vergeet dat gebroke spel 'n beter aanvalsplatform bied.

Die mamparra-skoppe is waarskynlik die gevolg daarvan dat die Cheetahs nog nie genoeg vertroue in hul lynstaanspringers het nie, en daarom lugtig is om die balle uit te skop wanneer nodig.

Te veel is ook moontlik van Heinrich Brussow se vermoë verwag om die bal deur 'n sleutelgat te kan steel, en hoewel dié Springbok 'n barshou gespeel en sy skakelvermoë tot minstens een drie gelei het, is die Cheetahs dié keer te veel keer in strategiese situasies van die bal beroof.

Of die jong Cheetahs volgende jaar met meer ervaring aan die groot reekse gaan deelneem hang af van hoe suksesvol die tjekboekstropers gaan toeslaan, met Brussow skynbaar die groot vis waarvoor die nette gespan word.

Met Griekwas wat die Vodacombeker verower het en vanaf hierdie platform aanvanklik 'n stewige Curriebekeraanslag geloods het, lyk dit of die Cheetahs se Super 14-span met 'n heelwat stewiger aanslag as vanjaar kan kom. Terselfdertyd moet die Vrystaat die waarde van 'n behoorlike en ernstige Vodacombekeraanslag herontdek, omdat hierdie liga die nuwe talent moet identifiseer en rypmaak wat intussen gereed word om die Super 14-manne op hul tone te hou.

Mapoe en ander wys ook dat die keurders hul oog duidelik op die Onder 21-liga moet hou om talent nader te hark as van die gevestigde spelers besluit hulle is op prima donna-status geregtig.

Boonop sal die rustiger situasie op die Kovsiekampus – sou dit realiseer – waarskynlik koshuisrugby tot sy ou glorie en ryk talentpoel laat herstel.

NS. Dit is net 'n gerug dat die beplande sege-optog deur die strate, sou die Cheetahs gewen het, vervang word vervang word met 'n teer-en-veersessie van die rugby-administrateur wat Morné Steyn vir die Vrystaat verlore laat gaan het. Hy sal ook nie deur die strate gejaag, en die geleentheid met 'n kleilatgooi-geleentheid in die stadion afgesluit word nie. Hy hoef ook nie 500 maal uit te skryf: "Alle Vrystaatse rugbytalent kom nie van Grey af nie."

Tellings:

Curriebeker-eindstryd: Blou Bulle 34, Cheetahs 24

Onder 21: Cheetahs 32, Haaie 25

Onder 19: Cheetahs 45, Leeus 13

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com