Herrie se blog

 

Haal iets positiefs uit disleksie

Haal iets positiefs uit disleksie
Herman Toerien

"Nuo gana ek iets oor dsileksei skryf. Ek gana nie spot nei, ook nie kla nie, net biekie oor die vasbyt en moet skryf."

Sommer ter aanvang. Daar is hoop. Terapeute verrig wondere as dit op 'n jong ouderdom vasgestel en aangespreek word.

Maar daar glip gevalle deur die krake, en ek was een daarvan. Miskien was meer as 'n halwe eeu gelede ook bietjie gou om raak te sien en iets aan te doen.

Met twee nefies wat akademies nie matriek kon haal weens disleksie nie, was die uwe redelik gou oortuig dis sy moeilikheid ook ...die skoolhoof wat alewig wou weet hoekom 'n man dan twintig persent onder sy IK presteer.

"Man, jy het nie disleksie nie, want jy het nie op jou kop geval nie." Punt.

In my derde jaar op universiteit word my oë getoets. "Maar jou oë kan dan nie konvergeer nie."

Hoe nou, wat is dit en wat het dit tot gevolg?

"Jou oë kan nie na mekaar kyk nie, en dit maak dat jou oë gou moeg en seer word as jy lees." Leer behels ook taamlik lees, en siedaar, ek het die verklaring. Of so gedink.

Eers die jaar daarna, toe ek in my honneursjaar is, lê ek psigometriese toetse vir 'n werkaansoek af, en word ek met disleksie gediagnoseer.

Later jare blyk dit kom hierdie disleksie van altwee kante van die familie af, en word baie dinge duidelik.

Die snuifgetrapte voetpaadjie na die skoolhoof se kantoor, hoekom ek nooit klaar was as "dosente" hul "lesings" in die vorm van handgeskrewe transparante teen die witbord gooi nie, en omgeblaai word voor ek halfpad is, hoekom ek juis in eksamentyd so lekker landloopfiks word.

Want as die brein ingespan moet word, word die liggaam hiperaktief.

Dan word verwoed in die tuin gewerk, en kort-kort gou "om die koppie gehardloop" om die brein bietjie te laat lugskep.

Steeds is dit amper onmoontlik om agter te kom die tak is op die kat, en nie die kat op die tak nie. Die rekenaar se speltoetser help ook nie.

Nie net letterdisleksie nie, maar ook syferdisleksie.

Trouens, woorde kan mens nog op sig memoriseer, maar syfers, soos op 'n nommerplaat, maak nie 'n herkenbare prentjie nie. By daardie werk wat ek gekry het, was deel van die opleiding om skyfies vir 'n breukdeel van 'n sekonde teen die bord te flits, en dan vrae te vra.

Die een waarmee ek baie gesukkel het was 'n meisie – 'n voormalige mej. Suid-Afrika – in 'n sjoebroekie op 'n motorfiets. Dan wil hulle die motorfiets se registrasienommer weet!

Ek weet nie hoeveel die feit dat ek nie eens die nommerplaat kon kry met syferdisleksie te make gehad het nie.

So elke tien jaar na ek klaargemaak het, skryf ek weer vir 'n universiteitskursus in. Buitemuurs, wanneer die akademiese swaarkry al bietjie vergete is.

So kom ekonomie aan die beurt.

Die dosent kom in 'n stadium na my toe, baie deurmekaar.

"Die ander studente kry agt uit nege vir die teorievrae, en een uit nege vir die toepassingsvrae. Jy kry een uit nege vir die teorievrae, en agt of nege uit tien vir die toepassing. Hoe kry jy dit reg?"

Ek kon dit net so min antwoord soos wat ek 'n verbaasde onderwyseres kon antwoord oor hoe ek by 'n antwoord van 5 en 58 / 59stes in plaas van die regte antwoord van 6 gekom het. Op sig kon ek sien min of meer wat die antwoord moes wees, maar om in 'n syferdoolhof by daai regte antwoord uit te kom – dis 'n heel ander storie.

Dus, het ek die kans gekry het ek op 'n manier die transparant langer op die oorhoofse projektor laat bly. Soos die dosent wat gedooi het oor sy dampies. Verkas hy buitentoe, glip ek gou die vorige transparant terug op, en skryf.

By geleentheid was ek nog nie klaar toe hy terugkom nie.

"Wat het van my transparant geword?" teem hy.

Almal in die klas kyk om, ek ook, maar ek sit agter teen die muur.

Dus het ek grootliks my tyd beter benut deur meer te luister – behalwe dat daardie dosent en van die ander g'n niks gepraat het nie, net die *&^%se transparante teen die muur gegooi het.

Dan het ek nuttige dinge gedoen soos om ook Sorsie se naam in die presensielys te skryf, en eksperimente gedoen soos om te tel hoeveel keer per minuut 'n sekere dosent "nie waar nie" sê.

Of om 'n stuk plank deur die koperhandvatsels van die klaskamer se dubbeldeur te gaan druk toe 'n dosent laat was vir klas. Dit was presies die dag na ek by my ma 'n preek gekry het oor ons daardie dag 'n klas "gegeneral" het – dit is wanneer die dosent presies sewe minute na die klas moes begin het, nog nie daar is nie en die klas so blitsig verdamp dat die dosent, sou hy agt minute laat wees, nie eens meer een verdwaalde student kan opspoor nie.

Want, het ma vertel, toe sy op Tuks was het hulle dit ook weer met 'n huishoudkundeklas gedoen. Met die volgende klas is die dosent in trane – sy het uit haar eie sak bestanddele vir 'n eksperiment gaan koop en in die stadsverkeer vasgevang geraak. En sê ma, hulle het so sleg gevoel.

Die volgende dag is die lang maer prof laat, en ek merk die klas begin die horlosies soos stophorlosies dophou. Hier gaan binne 'n minuut of wat 'n groot makeer wees.

Dis toe ek die los plank sien, en die "blink" idee kry. Met die plank deur die handvatsels, is die klas se verkasplanne skoon vergete. Almal hou daai deur dop. En sowaar. 'n paar sekondes na die sewe minute verstryk het, probeer iemand die deur oopmaak. En los dadelik.

Sou die dosent hom vererg het?

Ek vlieg op om hom te gaan soek en om verskoning te vra.

Maar watwou, was nog net halfpad op toe kom daai lang, maer prof by daai deure ingeskouer 'n mens sien net spaanders waai. Hy ploeg so drie rye banke in, skik hom en sy klere, en gaan aan met die klas asof niks gebeur het nie.

Het hy maar geweet hoe amper het ek daai plank uitgehaal gehad. Gelukkig was die klas op die grondvloer, want hy sou by die venster uit gewees het.

Met die rekenaarera kom voor- en nadele. Met 'n Afrikaanse speltoetser bygevoeg, kan die tipiese disleksiefoute maklik ondervang word. Trouens, om uit die kop te tik gaan so vinnig die rekenaar kan nie altyd byhou wanneer dieselfde karakter twee keer langs mekaar gebruik moet word nie. Dit het deels te make daarmee dat die uwe se wysvingers en pinkies eintlik al vingers is wat dun genoeg is om taamlik maklik tussen die toetse in te pas. Die ander is te duk vir tuk. Die ander hand se wysvinger druk dan die volgende karakter nog voor die rekenaar die tweede karakter van die ander hand geregistreer het, en is dit 'n redelike groot werk om na afloop van 'n stuk tikwerk al die "gana's" na "gaan" te verander.  

Om 'n geskrewe teks oor te tik is egter nag. Die teks moet reg gelees word, gememoriseer word en dan na die toetsbord gekyk word om die wysvingers op die regte spasies te lanseer. 'n Toetsbord is dus ook nie juis iets wat vreeslik hou nie.

Ons jongste, wat in die outismespektrum val, het verbale disleksie. By geleentheid, toe hy nog in die skool was, kom hy baie in sy skik by die huis. Hy het derde gekom in gewigstoot. Hy is net kwaai opgetrek met homself omdat hy so "terks" is, en ons is weer verbaas oor daai maer liggaampie soveel krag kon optower.

Natuurlik het disleksie positiewe en negatiewe newe-efekte. Die negatiewe is dat dit ook asosiale gedrag tot gevolg het, want 'n mens kom maar deurlopende in vernederende situasies oor die tak op die kat.   

Die positiewe is moeiliker om te verduidelik. Omdat dit moeiliker is om geskrewe kennis in te neem, gebruik die brein daardie kennis wat hy wél inneem optimaal. Kennis in een vak opgedoen, kom handig te pas om toepassing in 'n ander vak te vergemaklik. 'n Redelike algemene kennis het dikwels tot gevolg dat die IK vir algemene kennis baie hoër as die res van die IK is. 

En as jy kinders het, probeer dit so jonk as moontlik vasstel. Dit kan wonderlik aangespreek word. En as dit nie volkome aangespreek word nie, pas aan. Mense met disleksie is individue. Die een sal meer baat daarby vind om toestemming te kry om langer aan vraestelle te skryf, die ander se selfbeeld sal weer deur sulke spesiale behandeling geknou word, en sy selfbeeld word beter gedien deur 'n vasbyt-lewenstyl.

Baie suksesvolle beroepslui, soos Louis Luyt en Tony Factor, het disleksie. Dit is die gelukkiges wie se talente en belangstellingsvelde so baie met die disleksie oorvleuel dat dit verlammend inwerk nie, en mense wat duidelik oor buitengewone vasbyt beskik. As iemand, soos die uwe, (wil) skryf lol dit egter noodwendig. Dit gaan makliker met die Afrikaanse speltoetser, maar dit is nie volmaak nie en daar is geen manier waarop iets gepubliseer kan word, nie eens op die internet, sonder dat iemand anders dit eers geproeflees het nie. Vir internetpublikasie waar geld nie verdien gaan word nie, is so iemand nie altyd beskikbaar nie, en ek was al goed rooioor oor van die versrkilke splelings wat verewig geraak het.

Ander opsies is daar nie...'n gewas wat die stemband beskadig het maak dat ek met my vingers moet praat – daai twee wat nie te duk is om mee te tuk nie. 

   

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4590 (20091109) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Blik Oor se silwer randjie

Blik Oor en die silwer randjie

"Maar julle verstaan die Indiërkultuur nie lekker nie," sê oom Brand de Wijn toe ons kla oor Jan Taks wat so ongenadig is.

"Hoe nou oom?"

"Man, tot ou Bitterbang Bibberbeentjies Malema is suur oor die ekonomie en finansies van die staat uit, soos hy dit noem, die hande van etniese Africans gehou word. Intussen is daar 'n hele klomp Indiërs wat openlik spog oor die baie Indiërs wat in die hengse groot kabinet is. So baie, ek hoor hulle gaan die kabinet nou na die Kabaal herdoop."

"'n Kabaal kan hulle maak," brom neef Korrel Kop. "Veral as iemand wil sorg dat Eskom se kerse nie geblus word nie."

"Julle sien," sê oom Brand, "julle kan nie meer die skuld op Jan Taks pak nie. Hy het met affirmative action lankal die trekpas gekry."

"Nou wat moet ons hulle dan noem?"

"Reddy's Bargain House. Julle moet net ready wees om te bargain."

"Klink vir my steeds dis 'n geval van hoes en betaal is die wet wat nie faal."

"Maar mens kan darem bargain oor hoe diep in die *&^ 'n mens moet wees."

"Vir my," brom ek, "lyk dit meer of dit net die Ministers van Uitgawes is wat suksesvol gebargain kry. Al blinker karre namate die soustrein se spore vir skroot verkoop word, 'n paar besoeke aan polisiestasies terwyl 'n man met sy gevolg oor Kerstyd in 'n peperduur hotel op die Durbanse strandfront bly, 'n goue handdruk van R7 miljoen vir die man wat nou weer sy sakke kan volstop in 'n nuwe deployment – te lekker."

"Julle is al weer vreeslik negatief," roep mevv Kop en Oor uit die sitkamer. "Probeer liefs oor iets positiefs praat.

Ons dink 'n oomblik hard. Met die Curriebeker op Loftus is die silwer randjie erg deurgeskuur en skif.

"Gelukkig hou die ys my drankie lekker koud," sê oom Brand, te bly hy het iets positiefs gekry om te sê.

"Gelukkig is my hoed se rand so wyd dit keer dat die son my gesig brand," sê Korrel.

"Dan is dit seker iets anders wat jou so rooi in die gesig maak!" roep mev. Kop uit die sitkamer.

"Ons probeer iets positiefs kry om te sê," raas Korrel terug.

"Gelukkig hou ek van my Boerewors houtskool gebraai," onthou ek van die worsie op die kole.

Heng, dis maklik om aan iets positiefs te dink as mens net probeer. 

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4590 (20091109) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4590 (20091109) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: Sotho-opmars

Nuuskommentaar: Sotho-opmars
Herman Toerien

Die woord "tribalism" was lank soos 'n vloekwoord in die ANC. Onder die oppervlak en subtiel was dit egter aanwesig, soos met die samestellings van die Kabinet geblyk het. Verteenwoordiging moes versigtig gekies word, soos 'n Swazi prinses, iemand van die invloedrykste stamme van die Tswana's, Zoeloes, en natuurlik Xhosas. 'n Venda en 'n Suid-Sotho hier en daar sou ook help.

Bekwaamheid was nie altyd die eerste oorweging nie.

Wat die Xhosas betref was sake effe ingewikkelder, en toe die spanningslyn tussen Holomisa en Stella Siqgau onhoudbaar word, moes die een van minder stamstatuur die trekpas kry. Die UDM is gebore.

Weens politieke korrekte oorwegings moet hierdie waarnemings gefluister word, maar sonder 'n stille verrekening is dit ook nie moontlik om die dinamika te verstaan nie.

In die Vrystaat kan die leierskapposisie van Ace Magashule, 'n Tswana - 'n minderheid in 'n oorheersende Suid-Sotho-omgewing - nie verstaan word sonder begrip van die dinamika nie. Magashule is boonoip nie van die sterk Maroka-groepering van ThabaNchu nie, maar van Parys, 'n oorspoelgroep uit Noordwes.

Intussen het die Xhosa's, na die Albert Luthuli-era, onbetwisbaar die leisels in die ANC gehou, veral na Buthelezi met 'n groot Zoeloe-faksie die IVP gevorm en onafhanklik van die ANC begin optree het.

Toe kom die hundred percent Zulu boy, Jacob Zuma op die toneel. Pres. Thabo Mbeki se termyn word kortgeknip, en 'n Noord-Sotho, Kgalema

 Motlanthe, neem as president waar. Hy word vise-president toe Zuma die presidensie oorneem. Nog 'n Noord-Sotho, Julius Malema, word leier van die ANC se jeugliga, en maak seker niemand kyk hierdie feit mis nie. Hy word so invloedryk en onaantasbaar dat van die koerante al na hom as die land se de facto premier verwys.

Jacob Maroga kry by Eskom die trekpas, maar te midde van hierdie Sotho-opmars was dit ondenkbaar. Heel waarskynlik is hy geoormerk as toekomstige minister van finansies en 'n klad soos hierdie sou onvanpas wees.

Dit is vir die ANC 'n netelige kwessie dat Malema uitgepak het oor swart mense – bedoelende die uitsluiting van bruin mense en Indiërs, en selfs blankes, wat hulself dalk as "Africans" mag beskou – wat skynbaar nie deur die regering as geskik vir die beklee van ekonomiese en finansiële portefeuljes in die yslike kabinet beskou word nie. Trouens, dit was so opvallend hoe oorheersend mense van Indiër-herkoms in hierdie soort portefeuljes aangestel is dat Indiërs op die internet hieroor gespog het, en ander oor die herrysenis van die Kabaal gespot het.

Malema se kabaal het beslis sensitiwiteit tot gevolg gehad, en daarom het dit ook niemand verbaas dat Maroga se trekpas die aanblaas van die rassevuur tot gevolg gehad het nie.

Dat sake egter kompleks word, is duidelik toe Malema se troue vennoot met uitsprake wat die hare laat rys, Cosatu se Vavi, skielik standpunt vir Bobby Godsell, die man wat as Maroga se laksman voorgehou word, in die bresse tree.

Terwyl die Zoeloes nog baai in hul Sotho-vriendskap, begin daar nou invloedryke lang lippies in Xhosa-geledere trek.

Maar 'n bespreking soos hierdie is 'n oefening in die futiele, want tribalism bestaan mos nie, al is sommiges bietjie meer 100 persent Zoeloe as ander – 'n duidelike klap na Buthelizi wie se ma 'n Suid-Sotho was.

Juis omdat tribalism so 'n vloekwoord is, is dit nie altyd so maklik om vas te stel wat iemand se stamverband is nie.

Dit sal nietemin interessant wees om te sien of daar 'n verband is tussen swart onderpresteerders wat die trekpas kry en hul stamverband, en diegene wat onaantasbaar is en ook hul stamverband.     

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4590 (20091109) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4590 (20091109) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Venezuela op oorlogsvoet met Columbië

Herman Toerien

Die Venezuelaanse regering het die land se weermag op 'n oorlogsgrondslag geplaas om 'n beweerde bedreiging van Columbië die hoof te bied. Die omstrede Marxistiese president van die olieryke Venezuela, Hugo Chaves, beskou die oprigting van basisse van die VSA in sy buurland as 'n bedreiging. Colombië het ergerlik gereageer en aangedui Chaves gaan by die Bond van Amerikaanse state vir sy oorlogspraatjies verkla word. Columbië wys waarop dat die basisse niks met Venezuela uit te waai het nie, maar opgerig word om dwelmkartelle doeltreffend te beveg. Chavez het sedert hy aan bewind gekom het burgerlike vryhede erg ingekort en onafhanklike radiostasies gesluit. Sy regering word deur die demokratiese wêreld as een van die wêreld se muishondregerings beskou.  

Unique global online conference on autism / Unieke wêreldwys aanlyn-konferensie oor outisme

Unique global online conference on autism / Unieke wêreldwys aanlyn-konferensie oor outisme

English text hereunder

Unieke konferensie oor outisme wêreldwyd toeganklik

Belangstellendes, terapeute, spesialiste en selfs outismelyers dwars oor die wêreld kry binnekort die unieke geleentheid om aan 'n aanlyn-konferensie oor outisme deel te neem, en selfs vrae aan die paneel te stel. Die konferensie word deur Autism Cymru, Wallis se outisme-welsynsorganisasie aangebied, en dit kos vyf pond om te registreer.

Onder die onderwerpe wat aan die beurt kom is aspekte soos outisme en die brein, gedragskwessies, taalvaardighede en savantisme. Meer as dertig kenners neem aan die verrigtinge deel.

Outisme neem skerp toe, en dit word geraam dat 1 uit elke ongeveer 150 geboortes nou binne die outismespektrum val. In Brittanje is die voorkoms nog groter.

Belangstellendes kan by www.awares.org/conferences registreer. Volledige besonderhede is hieronder.

Unique conference on autism globally accessible

Interested people, therapists, specialists and even people with autism from all over the globe soon have the unique opportunity to participate in an online conference on autism, and will even have the opportunity to ask questions to the panel. The conference is hosted by Autism Cymru, Wale's national autism charity, and the registration fee is five pounds.

Topics include autism and the brain, behavioural issues, language issues and savantism. More than 30 experts are to participate.

Cases of Autism are on the increase, and it is estimated that one in approximately 150 births now fall within the autism spectrum. In Britain the incidence of occurrence is higher.

People who are interested can register at www.awares.org/conferences. Comprehensive details hereunder.

Welcome to Autism2009, the fifth online world conference to be held within the AWARES conference centre, run by the Editor of Awares, Adam Fenstein, and hosted by Autism Cymru, Wales' National Charity for Autism. Yet again, an unprecedented list of the world's top autism authorities has agreed to take part and you will have a unique opportunity to put your questions directly to them online. In order to meet the full operational costs of running such a unique event, we are having to charge a small minimum entry fee of £5. This is payable when you register. We very much look forward to welcoming you online.

This conference opens on Monday, November 30, 2009, and runs for a week until December 7, 2009. Paper abstracts will be accessible from early November.

Speaker list includes*:

Professor Simon Baron-Cohen
Donna Williams
Dr Susan Folstein
Dr Gary Mesibov
Professor Susan Leekam
Dr Wendy Lawson
Dr Manuel Casanova
Stephen Shore
Merry Barua
Thorkil Sonne
Dr Connie Kasari
Dr Dirk Dhossche
Dr Wendy Kates
Dr Darold Treffert
Dr George Anderson
Dr Pamela Heaton
Professor Stuart Murray
Dr Paul Ashwood
Dr Susanne Bejerot
Dr Tom Loucas
Dr Annelies de Bildt
David Saldana
Dr Naomi Swiezy
Dr Marjorie Solomon
Dr Sara Jane Webb
Dr Alison Lane
Dr Stephen Bent
Dr Melissa Allen Preissler
Dr Lucina Uddin
Dr Mary E. Stewart
Dr Costanza Colombi
Dr Sam Gilbert
Dr Allison Golnik
Dr Nena Adams
Dr Atsushi Senju
Qazi Fazli Azeem
Dr Christel Depienne
Dr Amanda Ludlow
Dr Sigan Hartley
Dr George Anderson
Jeff Sell
Marlene Briciet Lauritsen
Dr Elizabeth Sheppard
Dr Lisa Wiggins
Dr Tato Sokhadze
Dr Matthew Mosconi
Dr Greg Wallace
Dr Antonio Hardan
Dr Benjamin Yerys
Dr Paul Enticott
Sebastian Dern
Dr Sophie Lind
Dr Valerie Hu
Dr Sam Gilbert
Dr Kenneth Phelps
Dr Sally Clifford
Dr Michele Noterdaeme
Dr Cheryl Dissanayake


 

The conference will cover the following topics:


Autism and the Brain
Genetics
Asperger's syndrome 
Language issues in autism
Sensory issues
First-hand experiences - Voices from the Spectrum
Education 
Biomedical approaches
Immunology
Services
Behavioural issues
Parents' perspective
Concepts of autism
Psychology
Emotional issues
Screening and diagnosis 
Education
Communication methods
Other theories of autism
Savant syndrome
Services
Socialising difficulties in autism
Autism in adolescents
Adults with autism
Autism and the emergency services 
Related conditions

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4586 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Reminder about Autism2009, the unique Awares online autism conference

> From: Adam Feinstein [mailto:adam@autismcymru.org]
> Sent: 09 November 2009 00:18
> To: Adam Feinstein
> Subject: Reminder about Autism2009, the unique Awares online autism
> conference
>
> Hello all,
>
> Just a quick reminder that you can register right now for Autism2009, the
> unique Awares international online autism conference, at
> www.awares.org/conferences
>
> This year's event - which Professor Simon Baron-Cohen has called "the > finest
> online conference of its type on the planet" - is run once again by Adam
> Feinstein, editor of Awares, the pioneering website of Autism Cymru, > Wales's
> national charity for autism. The conference opens on November 30 and runs
> for a week until December 7. The speakers' papers will be added to the
> conference site over the next few days.
>
> Yet again, more than 60 of the world's leading autism experts will be > taking
> part, as well as thousands of delegates. Among those who have agreed to
> participate are: Professor Simon Baron-Cohen, Professor Susan Leekam, Dr
> Gary Mesibov, Donna Williams, Dr Wendy Lawson, Dr Susan Folstein, Merry
> Barua, Dr Darold Treffert, Stephen Shore, Thorkil Sonne, Dr Manuel > Casanova,
> Dr Connie Kasari and Dr Pamela Heaton.
>
> Topics for discussion will include: education, behavioural issues, > language
> impairments, neurology, genetics, immunology, Asperger's syndrome, autism > in
> adolescents and adults, employment, sensory issues, biomedical questions,
> socialising difficulties, concepts of autism and related conditions.
>
> This conference is open to anyone with an interest in autism: parents,
> carers, teachers, clinicians and other professionals, as well as > individuals
> with autism themselves.
>
> Don't this miss this unique opportunity to put your questions directly to
> some of the world's top autism authorities. You can register right now at
> www.awares.org/conferences
>
> On another matter, just to let you know that the new AutismConnect website
> is: www.autismconnect.org.uk
>
> For further details of any of the above, please feel free to contact Adam
> Feinstein at: adam@autismcymru.org
>
> www.awares.org/conferences
>
>
> __________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus > signature
> database 4586 (20091108) __________
>
> The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.
>
> http://www.eset.com
>
>
>
>
> __________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus > signature
> database 4586 (20091108) __________
>
> The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.
>
> http://www.eset.com
>
>
>
> __________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus > signature database 4586 (20091108) __________
>
> The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.
>
> http://www.eset.com
>
>
>

Nuuskommentaar: Met BBP-beskerming vir Malema pluk regering lat vir eie bas

Nuuskommentaar: Met BBP-beskerming vir Malema pluk regering lat vir eie bas
Herman Toerien

Met die regverdiging wat die regering nou aanvoer vir die peperduur BBP-beskerming vir die land se bitter bang de facto premier, Julius Malema, pluk die regering 'n yslike lat vir sy bas.

Boonop wys die regering daarop dat enige landsburger wat meen sy lewe is in gevaar, nou aansoek kan doen op BBP-beskerming. Sulke aansoeke sal geëvalueer word en indien dit geregverdig blyk te wees, toegestaan word.

Dis nie moeilik om te sien wie almal hiervoor kwalifiseer nie. By tye is die moordkoers onder kommersiële boere en hul; gesinslede in Suid-Afrika in die orde van 130 per 100 000 van die bevolking per jaar. Dit plaas dit in dieselfde kategorie as die ongevallekoers van Chinese steenkoolmynwerkers, wat algemeen aanvaar word die gevaarlikste beroep ter wêreld beoefen.

Die wêreldnorm vir die moordkoers is 5 per 100 000 per jaar, en in Wes-Europa ongeveer een per 100 000. Die gemiddeld vir alle Suid-Afrikaners is net minder as 40 per 100 000 wat alle Suid-Afrikaners waarskynlik sal laat kwalifiseer om vir BBP-beskerming in aanmerking te kom.

Boonop is die amptelike verkragtingskoers in Suid-Afrika bykans 150 per 100 000 van die bevolking, maar maatskaplik werkers meen die werklike koers is tussen tien en dertig keer hoër. Suid-Afrika is die onbetwiste verkragtingshoofsetel van die wêreld. Dit beteken dat meer as 'n miljoen vroue waarskynlik jaarliks in die land verkrag word, waarvan ongeveer 'n derde van die verkragtings deur MIV-positiewe mans verkrag word.

Dit bied stellig nog 'n gronde vir BBP-beskerming, veral as in gedagte gehou word dat die slagoffers se ouderdomme al van tussen drie maande oud tot 103 jaar oud gewissel het.

Voeg hierby die gevalle van motorkapings, huisrooftogte, rooftogte in besige winkelsentrums en vele meer.

Grondwetkenners wys daarop dat die reg op lewe so uitgelê kan word dat die ontneming van iemand se bestaansvermoë ook op so 'n skending neerkom. Talle nuwelingboere se veekrale word op een slag leeggestroop.

Met die amptelike polisiestatistieke kan haas enige Suid-Afrikaner 'n sterk saak uitmaak dat hy of veral sy op BBP-beskerming geregtig is.

Dis nie Suid-Afrikaners wat op openbare verhoë grootbek opgee oor hulle bereid is om dood te maak, en dan bibberbeentjies om BBP-beskerming gaan vra nie. Dit is wetsgehoorsame burgers wat in die sweet van hul aanskyn hul brood wil verdien.

Tot dusver was die regering se reaksie op hierdie gevaarsituasie dikwels vreemd, soos om die kommandostelsel af te skaf, grensbeveiliging af te skaal en 'n onsimpatieke oor om boere belastinggewys tegemoet te kom om hul eie beveiliging te finansier.

Die skynbare rookskerm wat die regering nou werp om die land se nie-amptelike premier te beveilig skep ongelooflike presedente.  

  

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4586 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4586 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Abbreviated index / Opgesomde indeks

Abbreviated index

With this blog approaching 25 000 hits, I updated the abbreviated index. I listed the English contributions first, as more than 90 % are in Afrikaans and people not fluent in Afrikaans may find it difficult to identify English articles this way.

For the first time I included a heading, In memoriam, after my aunt, SC Toerien, and my former step father, the Afrikaans poet Barend J. Toerien, passed away in this period.

The URL of the previous abbreviated index is included at the end of this index, followed by a copy of that index.

Herman Toerien

 

Opgesomde indeks

Met die blog wat na die 25 000 besoekers begin aanstap het ek eer die opgesomde indeks opgedateer. Omdat meer as 90 % van die artikels in Afrikaans is, is die Engelse items bo aan elke onderwerpshofie geplaas.

Vir die eerste keer het ek 'n hofie, In Memoriam, ingesluit na my tannie SC Toerien en my voormalige stiefpa, die Afrikaanse digter, Barend J. Toerien, kort na mekaar gesterf het.

Die URL van die vorige opgesomde indeks is aan die einde hiervan aangebring, gevolg deur die indeks self.

Herman Toerien

Nuwe boeke deur Herman en Nic Toerien / New books by Herman and Nic Toerien

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-media-die-politici-en-die-reitz-4pdf-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/argeologie-misterie-vir-beginners

Groen / Green

http://fotostaatsentrum.posterous.com/opels-hybrid-corsa-impressive

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nederland-wil-boere-vir-groter-natuurlewe-ins

http://fotostaatsentrum.posterous.com/bevolkingsgroei-en-klimaat-bedreig-voedselsek

http://fotostaatsentrum.posterous.com/ethanol-woema

http://fotostaatsentrum.posterous.com/groen-vleisie-op-die-kole-in-die-as

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskomemntaar-voorbeeld-van-die-vader-van-di

http://fotostaatsentrum.posterous.com/omgewingsbewustes-het-n-eie-taal

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-dink-groen-vir-behoud

http://fotostaatsentrum.posterous.com/aardverwarming-beinvloed-akkuraatheid-van-wee

http://fotostaatsentrum.posterous.com/fs-green-project-vs-groen-projek

http://fotostaatsentrum.posterous.com/kosmoklimatologie-n-nuwe-perspektief-op-klima

http://fotostaatsentrum.posterous.com/oor-skarminkels-en-spinnekopper

http://fotostaatsentrum.posterous.com/biologiese-boerderyprodukte-in-aanvraag

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-keraanval-herdenking-en-die-hu

http://fotostaatsentrum.posterous.com/groen-nog-windparke-ter-see-vir-nederland

Outisme / Autism

http://fotostaatsentrum.posterous.com/the-awe-of-autism-and-the-love-for-a-special

http://fotostaatsentrum.posterous.com/developmental-games-for-autism-ontwikkelingsp-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/dilemma-vir-spesiale-onderrig-waarheen-met-ou

http://fotostaatsentrum.posterous.com/outisme-nuwe-hoop

http://fotostaatsentrum.posterous.com/tiny-handz-workshop-in-sign-language-in-gebar-0

Afrikaanse Humor

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-van-faksseels-en-nommer-asse

http://fotostaatsentrum.posterous.com/ou-bibberbeentjies-is-bang-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-mr-p-staan-nie-meer-vir-pro

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-bul-tuiswedstryde-voortaan-o

http://fotostaatsentrum.posterous.com/omgesukkelde-oranje-wors

http://fotostaatsentrum.posterous.com/amperse-moles-op-loftus

http://fotostaatsentrum.posterous.com/n-anderster-soort-swartsmeerdery

http://fotostaatsentrum.posterous.com/blik-oor-oor-die-land-se-probleemoplossings

http://fotostaatsentrum.posterous.com/pumba-en-die-donders

http://fotostaatsentrum.posterous.com/blik-oor-gee-raad-aan-malema

http://fotostaatsentrum.posterous.com/bacchus-en-die-bobaasstorieverteller

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-onwillige-lyk

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-ding-in-die-huis-wat-niemand-sien-nie

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-julius-en-die-soldate

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-humor-glimlag-met-afstandbeheer

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-onrustige-see

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herie-se-kerrie-hoe-ry-die-wille-boere-sit-si

http://fotostaatsentrum.posterous.com/beel-se-bul

Moraliteit in politiek en Christen-Demokrasie / Morality in politics and Christian Democracy

http://fotostaatsentrum.posterous.com/2009-the-year-of-objectivity

http://fotostaatsentrum.posterous.com/world-economic-crisis-new-life-for-socialism

http://fotostaatsentrum.posterous.com/aborsienuus-van-doer-onder-abortion-news-from

http://fotostaatsentrum.posterous.com/how-liberal-are-americans-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/i-saw-angels-once

http://fotostaatsentrum.posterous.com/copes-hopes-dashed

http://fotostaatsentrum.posterous.com/val-van-die-berlynse-muur-hoeveel-mure-nog

http://fotostaatsentrum.posterous.com/besprekingsdokument-christelike-etos-staat-an

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-hoekom-gaan-cope-skynbaar-nere

http://fotostaatsentrum.posterous.com/vrydenkers-dink-outyds

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-godsdiens-en-godsdiensvryheid

http://fotostaatsentrum.posterous.com/mensehandel-in-europa-nog-nie-na-wense-aangep

http://fotostaatsentrum.posterous.com/honderde-duisende-betoog-in-madrid-teen-versl

http://fotostaatsentrum.posterous.com/hervorming-n-stappie-te-ver

http://fotostaatsentrum.posterous.com/the-good-the-bad-and-the-ugly-14

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-wil-van-die-here-en-natuurrampe

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-interpretasie-van-die-bybel

http://fotostaatsentrum.posterous.com/eietydse-inkwisisie-en-die-adder-aan-die-boes

http://fotostaatsentrum.posterous.com/christelike-suid-afrika-en-skepties-suid-afri

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-wanneer-die-regstaat-wankel

http://fotostaatsentrum.posterous.com/hlope-saak-plaas-bedenkinge-oor-sa-as-regstaa

http://fotostaatsentrum.posterous.com/moraliteit-of-gebrek-aan-moraliteit-in-die-po

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-die-aanslag-teen-gesinswaardes

http://fotostaatsentrum.posterous.com/etikette-soos-neo-konserwatief-cape-liberal-r

Mediavryheid en persvryheid

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-die-reg-is-nie-net-sport-nie-e

http://fotostaatsentrum.posterous.com/reitz-4-brief-in-rapport

http://fotostaatsentrum.posterous.com/marokko-se-persvrye-vakansie-verby

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-media-die-politici-en-die-reitz-4pdf-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-reitz-4-politici-en-die-media

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-die-reitz-vier-versoening-en-m

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-suid-afrika-se-mediavryheidsda

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-watergate-in-die-kleine-ruk-ne

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-petro-sa-pers-en-mediavryheid

Afrikaanse gedigte

http://fotostaatsentrum.posterous.com/vrystaatse-donderstorm

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-taalstryd-hoofstuk-hiffel

In Memoriam

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-kanniedood-sterf-toe-wel

http://fotostaatsentrum.posterous.com/barend-j-toerien-en-ek

http://fotostaatsentrum.posterous.com/eerste-vrystaate-vroulike-inspekteur-van-n-ak

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afsterwe-barend-toerien

Previous abbreviated index / Vorige opgesomde indeks

http://fotostaatsentrum.posterous.com/abbreviated-index-1

Opsommende indeks / Abbreviated index

Herrie se blog

English: It seems as though searching for articles on specific topics may sometimes be difficult through, for e.g. Google, and abbreviated index on some topics will be posted from time to time, with the specific url's to trace these articles. This index is by no means complete (there are more than a thousand items on the blog). As far as possible English articles are placed first as Afrikaans readers tend to be more bilingual. Most articles are in Afrikaans.

Afrikaans: Dit blyk dat dit soms moeilik is om deur bv artikels oor spesifieke onderwerpe op hierdie blog na te slaan. 'n Opsommende indeks met die url's van die betrokke artikels sal daarom van tyd tot tyd geplaas word. Die indeks is nie naastenby volledig nie – daar is meer as 'n duisend items op die blog. So ver moontlik word Engelse artikels eerste geplaas. Die meeste artikels is in Afrikaans.

Herman Toerien

 

Boeke deur Herman Toerien en Nic Toerien

http://fotostaatsentrum.posterous.com/pa-en-seun-se-pennevrug-herman-toerien-nic-to

Vrou in Amp Gereformeerde Kerke / Doppers

http://fotostaatsentrum.posterous.com/doppers-rapport-se-prulbekookte-artikel-deur

http://fotostaatsentrum.posterous.com/eens-was-ons-gereformeerd

http://fotostaatsentrum.posterous.com/vroue-in-die-amp

Groen / Green

http://fotostaatsentrum.posterous.com/skarminkels-val-nederland-binne-weens-warmer

http://fotostaatsentrum.posterous.com/johannesburg-goedkoopste-uit-143-stede-eerste

http://fotostaatsentrum.posterous.com/toyota-goes-green

http://fotostaatsentrum.posterous.com/solar-green-for-fs

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-vlieg-in-die-salf-van-groener

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-dit-woeker-met-groen-en-blou-k

http://fotostaatsentrum.posterous.com/groen-rubberslange-vir-golfkragopwekking

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-oos-vrystatase-plan-vir-tier

http://fotostaatsentrum.posterous.com/free-state-shocking-blue-drop-scores

Wat om te weet van pepersproei / What to know about pepper spray

http://fotostaatsentrum.posterous.com/belangrikste-om-oor-pepersproei-te-weet-most

Outisme / Autism

http://fotostaatsentrum.posterous.com/planet-autism

http://fotostaatsentrum.posterous.com/jandre-gestewelde-kat

http://fotostaatsentrum.posterous.com/outisme-autism-super-kids-by-deur-herman-toer

http://fotostaatsentrum.posterous.com/outistiese-kind-se-kersvreugde

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-spoel-juffrou-se-mond-met-se

Afrikaanse humor

http://fotostaatsentrum.posterous.com/pumba-die-kruisiging

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-humor-so-bid-mens-vir-strome-reen

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-laag-vlieg-diep-teug

http://fotostaatsentrum.posterous.com/blik-oor-se-sy-se-oor

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-humor

http://fotostaatsentrum.posterous.com/namakwaland-storiespens-en-kort-humoristiese

http://fotostaatsentrum.posterous.com/petaljes-met-die-edeles

http://fotostaatsentrum.posterous.com/namakwaland-storiespens-opgeda

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-bekwame-ministers

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-humor-durban-toe

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-spoel-juffrou-se-mond-met-se

http://fotostaatsentrum.posterous.com/blik-oor-blik-op-fifa-en-die-zoltrekkers

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-his-masters-voice

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-maltie-taaskieng-in-parl

http://fotostaatsentrum.posterous.com/goue-reklamefoefies

http://fotostaatsentrum.posterous.com/blikoorblik-op-die-vrystaat

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-oos-vrystatase-plan-vir-tier

http://fotostaatsentrum.posterous.com/die-spoor-byster-of-doodgewoon-rigtingbedonrd

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-premier-mokonyane

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-die-snottel-tot-die-geskiede

http://fotostaatsentrum.posterous.com/lewe-op-n-vlooimark

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-zuma-se-masjiengeweer

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-konstabel-se-swart-bitter-ko

http://fotostaatsentrum.posterous.com/zuma-se-trieng-trieng

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-die-mure-van-jericho

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie50

http://fotostaatsentrum.posterous.com/klein-brolloksie-oor-die-minister-se-luukse-r

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-van-slawerny-die-bul-en-die-0

http://fotostaatsentrum.posterous.com/hasie-en-die-mampoer

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-verkiesing-verby-en-nou-op-j

Fifa 2010

http://fotostaatsentrum.posterous.com/fifa-drugs-in-stadium

http://fotostaatsentrum.posterous.com/europen-markets-hike-brazil-hikes-to-to-fifa

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-eendjies-in-n-ry

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-2010-onnodig-om-leeu-leeu-te-r

Dilemma vir spesiale onderrig - waarheen met outisme?

Is die kop en die voete in voeling met mekaar?

Onlangs is berig oor 'n persoon wat 'n rekordaanslag doen deur lank in 'n balie te sit. Hy hoop om hierdeur fondse vir die Veraskool vir outisme te in. Outisme het naamlik oor die afgelope dekade of so met ongeveer 700 % toegeneem. Maar sê die man, die staat het sy subsidie vir Vera verminder. In dié stadium word bereken een uit elke 150 geboortes in SA is outisties, soos ook in die VSA, terwyl dit in Brittanje al minder as 100 is.

As in ag geneem word dat al die skole vir outisme in Suid-Afrika saam net meer as 500 leerlinge kan neem, en dat dit net 'n fraksie van die werklike behoefte verteenwoordig, dan is dit gewoon skokkend om so 'n skool se subsidie te verminder.

En R300 000 per maand op Julius Malema se beveiliging te spandeer.

Weet die regering van die krisis in die outismewêreld?

Skynbaar ja. Volgens die DA is letterlik honderde vrae deur die DA alleen wat in die parlement gevra is, nie beantwoord nie. Een vraag wat wél deur 'n minister beantwoord is, is 'n vraag deur die ACDP of die minister van die toename in outisme bewus is, en wat daaromtrent gedoen word om in behoeftes te voorsien. Die Vrystaat het byvoorbeeld geen skool vir outisme nie.

'n Lang antwoord is voorsien. Dit is duidelik dat iemand aangesê is om navorsing te doen om die vraag te beantwoord, en heelwat moeite is gedoen. Die antwoord lui dat outisme inderdaad toeneem, en daar word 'n kort oorsig gegee oor hoe outisme nou ondervang word, soos kinders wat in skole vir kinders met gestremdhede is.

Net 'n klein bietjie in voeling wees met die outismewêreld, wat so maklik is soos die telefoon optel, sou aan die lig bring dat van die skole wat gemeld word "die verkeerdste skole denkbaar is" om outisme in te ondervang.

Dit dui ongelukkig ook daarop dat die regering die geïntegreerde benadering tot spesiale onderrig tog maar onder die dekmantel van die inklusiewe benadering probeer insmokkel. Die VN, sou dié liggaam hiervan uitvind, sal heftig beswaar maak en teen Suid-Afrika optree, soos wat gebeur het toe Indië dit ook so tussen neus en ore probeer doen het.

Dit moet voorts in gedagte gehou word dat die VN se steun vir die inklusiewe benadering teen die agtergrond staan ddarvan dat hierdie benadering steeds net 'n noodmaatreël is om onderrig te voorsien aan kinders wat andersins heeltemal daarsonder sou moes klaarkom. Die eerste keuse is steeds spesialisskole wat spesiale onderrig op spesifieke gestremdhede toespits. Die ou, maklik-verstaanbare voorbeeld is dat hardhorende kinders en werklik dowe kinders nie saam onderrig kan word nie, omdat die werklik dowes visueel onderrig word, en die hardhorendes deur hul gehoor.

Die inklusiewe benadering tot hoofstroomonderrig is dus nie die doel nie, maar bloot om in gemeenskappe wat te klein is om in die spesialisbehoeftes te voldoen, 'n tweede beste beskikbaar te stel. Die kinders met spesiale behoeftes mag dus dalk geriewe by 'n uitgewysde skool met "normale" kinders deel, en selfs van die leerkragte deel, maar nie die klaskamers nie. Maar – daardie onderwysers moet nog steeds in spesiale onderrig opgelei wees, en so ook die ander spesiale leerkragte en terapeute wat uit die gemeenskap getrek word. Die skool of die deel van die skool wat hiervoor benut word, moet steeds spesiaal aangepas word vir rolstoele, met spesiale handreëlings langs die gange, die hoeveelheid leerders per leerkrag en terapeut per hoeveelheid leerders moet steeds beperk word. In die geval van outisme behoort dit nie meer as 1 tot 8 te wees nie. Dit is skrikwekkend duur.

In kort, die parlementêre vraag is beantwoord, maar dit lyk nie of die kennis wat vir die beantwoording daarvan na die besluitnemers deurgedring het nie. Nie as die subsidie vir Vera verminder is nie. Nie as ministers die een luukse vuurwa na die ander uit die boks uit haal nie.

Die outismegemeenskap, en die gemeenskappe van waarskynlik al die ander gestremdhede, sit in 'n benarde posisie. Hulle kán nie werklik 'n geraas maak nie, want hulle is absoluut uitgelewer. Onderrig vir outisme is peperduur, veral die vroeë intervensie wat tot dusver die belowendste resultate bied. Die aantal ouers wat dit kan bekostig, kan wêreldwyd waarskynlik op 'n enkele hand getel word, veral omdat minstens een ouer dikwels 'n beroep moet opoffer om voldoende tyd en aandag aan 'n outistiese kind te kan skenk.

Dit is daarom gebiedend noodsaaklik dat parlementêre vrae nie net beantwoord word nie, maar dat dit behoorlik gedoen word en dat die kennis wat so ingewin word, neerslag moet vind by die saakmakende komponente in die betrokke departemente.

Anders gaan die publiek se vertroue in hierdie demokratiese meganisme blywend geskend word.

Om een voorbeeld te gee:

Hoe gaan die publiek vertroue hê in 'n "gerusstelling" van die regering dat die beoogde nuwe onteieningswet vir grondhervorming bepaal dat die staat die waardasieprys sal betaal?

Maar 'n parlementêre vraag bring aan die lig na aansienlike roerwerk gedoen is – dat een boer meer as R100 000 MINDER as die staat se waardasieprys betaal is na die Departement van Grondsake geweier het om die waardasie aan die boer bekend te maak. Ander lastighede, soos 'n amptenaar van Grondsake wat self lid van die bevoordeelde trust is, kom ook aan die lig.

En 'n opvolgvraag deur die DA oor hoe dan nou, is skynbaar een van die honderde vrae wat nie beantwoord word nie.

Dit het boonop intussen aan die lig gebring dat Pres. Zuma se trieng-trieng bloot dien om klagtes van die publiek na die departemente wat verkla word, te kanaliseer. Dis presies dieselfde blaps as wat pres. Mandela gemaak het toe hy nog in die stoel was. Die vrae wat wél beantwoord word, word net so aan die klaer deurgevoer – geen kwaliteitskontrole wat regstelling sal verseker nie.  

En net een uit tien oproepe word beantwoord, en hiervan weer net een uit tien hanteer.

Die kop en die voete is duidelik uit voeling.

Of anders gestel, die lokomotief en kondukteurswa van die soustrein is uit voeling met mekaar.   

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4583 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Val van die Berlynse muur - hoeveel mure nog?

Val van die Berlynse muur – hoeveel mure nog?

Môre word die twintigste herdenking van die val van die Berlynse muur gevier. Dit is ryk in simboliek en 'n mens kan gerus bestek opneem of daar nie ook sulke mure in 'n mens se huwelik, in die gesin, in die werk, en op verskeie ander plekke is nie.

Soms moet 'n muur gesloop word, soos die mure van Jericho.

Die mure van Jericho, een van die oudste bekende nedersettings van die wêreld is oor ongeveer agt duisend jaar gebou, afgebreek en weer gebou. Dit is gebou om die vyand uit te hou, maar moes uiteindelik gesloop word omdat dit ook God probeer uithou het.

Vandag nog huil die Jode gereeld by die Klaagmuur in Jerusalem. Die muur simboliseer 'n era en tydperk wat ook moes padgee omdat dit in die pad van volwaardige Christendom sou staan.

China se groot muur staan nou binne Chinese grondgebied, en is 'n toerismeattraksie.

Verskeie ideologiese mure het ook tot stand gekom – die Ystergordyn, die Bamboesgordyn, die Sigaargordyn...

Vandag nog skei 'n bykans ondeurdringbare grens families tussen Noord- en Suid-Korea, en op politieke terrein het 'n mens die vreemde verskynsel dat Suid-Tirool in die verre noorde van Italië is, en Suid-Brabant ook in die Noorde van Vlaandere. Dit is alles voorbeelde van waar politici grense gaan trek het oor ideologiese of oorlogsbuit-redes, en gesinne hulself weerskante van so 'n grens bevind het.

As hoogste offer het Jesus die muur kom afbreek wat ons sonde tussen ons en die Ewige Lewe kom oprig het. So ywerig of onnadenkend bou ons egter self mure – die hardwerkende ouers tussen hulle en hul kinders wat in 'n dwelmomgewing grootword, tussen lidmate en kerk, tussen Christene en die Christelike neerslag in die politiek...

Vanoggend snel 'n gesin in 'n luukse motor by die uwes verby, duidelik op pad kerk toe. Oortree die wet en skep 'n gevaar vir ander padgebruikers om nie laat by die kerk te kom nie.

Hoekom herinner dit so baie aan die definisie van gemengde gevoelens? Om jou skoonma met jou splinternuwe deftige vuurwa oor die afgrond te sien ry.

Kort-kort probeer die onervare regering kyk of hy nie sy ideologiese vriende kan plesier en steeds as beleggingsopsie dien nie.

Maar die werklikheid is anders. 'n Mens kan nie brûe en mure op dieselfde plek bou nie.

Daar is baie mure. Kinders wat grootword en elders gaan werk, en die land se oppervlak en ekonomiese klimaat wat kostegewys sulke families begin isoleer. Die internet en telefoon bied 'n bietjie troos, sodat gesinne selfs dwars oor die wêreld kan brûe bou. Dis egter nie volledig nie – 'n drukkie vir troos moet uitbly, die geskenkie met Kersfees kan nie persoonlik oorhandig word nie....

As 'n mens 'n bouer wil wees, weet dan minstens waar om mure te bou of te sloop, en waar brûe gebou moet word. En moenie twintig jaar wag nie – dan is die kind uit die huis (en uit die kerk).

Bou die brug met die Here nou! Môre is jy nie meer daar om die brug te bou nie.

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4583 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4583 (20091108) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com