Herrie se blog

 

Kreeftegang vir Cope?

Kreeftegang vir Cope?
Herman Toerien

As charismatiese leierskap buite rekening gelaat word, bepaal beleid en / of etnisiteit die bestaanspotensiaal van 'n party.

Met die tot standkoming van Cope sou verwag word dat dié party 'n beleid vir 'n nismark sou ontwikkel, en kiesers daarheen trek.

'n Ooglopende "vakante" nismark is dié van die Christen-demokrasie, en met sowat 80 % van die bevolking wat aandui dat hulle Christene is, was dit 'n ooglopende keuse. Sonder presedent sou dit nie wees nie, met sulke partye as hoofpartye in die regerende koalisies van onder meer Nederland, België en Duitsland.

Die bestaande Christen-demokratiese partye in Suid-Afrika is klein, en toon meer karakterooreenkomste met die kleiner groepering in Europa, die European Christian Pary Movement (ECPM) waarvan eintlik net die Nederlandse ChristenUnie 'n beduidende party is. 'n Tweede variasie in Suid-Afrika, die Christelike Volksie (bv die VF Plus), plaas self 'n plafon op sy hinterland vir groei.

Dat die ou Nasionale Party, veral in sy stuiptrekkingsdae, soms as Christen-demokratiese party beskryf is, onder andere deur Marthinus van Schalkwyk om die egskeiding met die liberaal-demokratise DA te motiveer, het moontlik die begrip Christen-demokrasie hier te lande gekontamineer. In werklikheid kon die NP en sy NNP-opvolger hoogstens, en met improvisasie, as Christelik-nasionaal beskryf word. Die aanwys van 'n paar teoloë, met een omstrede een daaronder, en 'n rits sterk uitsprake oor moraliteit, is geen plaasvervanger vir 'n gevestigde wêreldideologie nie.

Cope het, moontlik in 'n proses wat uit die beplanners se hande geloop het, sy nismark geskep waar die kiesers reeds is, naamlik in die poel wat deur die ANC beset word, en wat weer deel van 'n groter poel uitmaak waar ook die UDM en die DA, asook ander partye hulle bevind wat basies as humanisties beskryf kan word.

In die proses is nie genoeg ag geslaan daarop nie dat waarskynlik 'n klein minderheid kiesers weens ideologiese oortuigings mekaar in die poel vertrap. Die ander is om ander redes soos historiese faktore lid van die ANC, die UDM en die DA, met meer as net 'n knippie etniese sout ingewerk.

Deur 'n "little me" ANC te word, het Cope die bestemming, en dikwels halfweghalte vir 'n retoerkaartjie, geword vir mense wat dikwels opportunisties uit die ANC dros. Met die uitsondering van 'n paar "token"-aanstellings (ja, die debat oor nog geen interne verkiesings nie) is mense se aanwendbaarheid gemeet teen hul prestasies in die ANC. In die proses is goeie potensiaal van elders misgekyk, en verloopte ANC's, net soos in die ANC, ver bo hul vuurmaakplek "aangestel."

Die gevolg was dat 'n waarnemer duidelik kon sien wanneer die eksterne adviseurs in bedryf was (alles het volgens die horlosie verloop en die regte dinge is gesê), toe hulle dienste beëindig is (vergaderings weer laat begin en lede het hul voet knaend kniediep daarin gesit), en weer aangewend is (dinge weer opsigtelik tydelik beter gevlot het) en die platval daarna.

Die leiers het die duur van die mediapiekniek oorskat. Omdat hulle gewoond was aan die feit dat die media agter die ANC aanloop het hulle die harde werk van kleiners partye om in die media-oog te bly onderskat. 'n Gulde geleentheid is verpas om iemand aan te stel wat mediaverklarings ook in Afrikaans sou kon uitstuur en so 'n groter impak op die beduidende groot Afrikaanse media sou kon maak.

Ten slotte het die party hom in die opkomende Zuma-sindroom vasgeloop, wat ook kort hierna deur die na-verkiesingslapte gevolg is. Veral partye wat min soustreinmposte vir hoopvolles kon win uit die verkiesing word hierdeur hard getref.

Cope is te groot om sommer oornag in die niet te verdwyn, en of dit soos die IVP en UDM krimpend gaan voortspartel, hang van 'n paar harde keuses af wat gemaak sal moet word.

Volledige artikel in Engels by  http://fotostaatsentrum.posterous.com/the-death-bell-has-not-tolled-for-cope-not-ye

Vredesprys vir Nederlandse joernalis

Vredesprys vir Nederlandse joernalis

'n Nederlandse joernalis wat vir Trouw en VPRO verslag doen, Minka Nijhuis, is as die jongste wenner van die Humanistiese Vredesberaad (HBV) aangewys.

Op 'n foto wat met die berig saamgaan, wys Trouw waar Minka saam met gewapendes in 'n loopgraaf sit.

Die prys word jaarliks toegeken aan 'n joernalis wat deur onafhanklike, kritiese en objektiewe beriggewing 'n bydrae lewer tot 'n kultuur van vrede en regverdigheid.

Vanjaar het 35 joernaliste reeds volgens Verlaggewers sonder Grense (Reporters without Borders) in die uitvoering van hul pligte omgekom, 175 is toegesluit, en 9 media-assistente het ook al vanjaar agter tralies beland.

Sou daar nie ruimte in Suid-Afrika wees om joernaliste wat 'n bewese rol speel om versoening en vrede in die land op 'n grondslag van regverdigheid te vereer nie?

Journalist Nijhuis krijgt vredeprijs

Minka Nijhuis© Foto Eddy van Wessel

Journaliste Minka Nijhuis, verbonden aan het dagblad Trouw en de VPRO, krijgt de ereprijs Journalist voor de Vrede 2009. Dat heeft het Humanistisch Vredesberaad (HBV), dat de prijs toekent, vrijdag bekendgemaakt.

De prijs Journalist voor de Vrede wordt jaarlijks toegekend aan iemand in de media die door een 'onafhankelijke, kritische en objectieve berichtgeving bijgedragen heeft tot een cultuur van vrede en rechtvaardigheid'. Eerder wonnen onder meer Arnold Karskens, Anja Meulenbelt en Ramsey Nasr deze prijs.

Volgens de jury maakt Nijhuis 'steeds opnieuw de menselijke situaties in oorlogsgebieden helder en voorkomt zij dat het menselijke verhaal ondersneeuwt onder de grote lijnen van politieke ontwikkelingen'. De wisselprijs bestaat uit een kunstwerk met de namen van de prijswinnaars er in gegraveerd.

35 journalists killed

0 media assistants killed

175 journalists imprisoned

9 media assistants imprisoned

93 cyberdissidents imprisoned

Water op maan - Nasa

Water op die maan ontdek

Die oprigting van 'n permanente basis op die maan kan na verwagting aansienlik vergemaklik word nadat Nasa aangedui het dat 'n aansienlike hoeveelheid brvrore water op die maan ontdek is.

Die ontdekking is aangekondig nadat data ontleed is van die stofwolk wat 'n ru8mtetuig veroorsaak het toe Nasa die tuig teen 9 000 kilimoter per uur in die Cabeus-krater laat neerstort het.

Dié krater se bodem kom nooit met sonlig in aanraking nie.

Bron: Trouw

Bevroren water ontdekt op de maan

NASA-beelden van de maan, met uitvergroot de plekken waar water is aangetroffen.© EPA

Op de maan is een "significante hoeveelheid" bevroren water aangetroffen. Dit heeft het Amerikaanse ruimtevaartagentschap NASA vrijdag laten weten.

De ontdekking kan het mogelijke opzetten van een permanente basis op de maan vergemakkelijken. Het was al eerder bekend dat er sporen van water op de maan voorkomen. Volgens wetenschappers zou het echter mogelijk gaan om slechts enkele moleculen.

De "significante hoeveelheden" water zijn vastgesteld in een krater die altijd in de schaduw ligt. "De ontdekking opent een nieuw hoofdstuk in onze kennis van de maan", aldus de NASA.

Vorige maand lieten de Amerikanen een raket met een snelheid van 9000 kilometer per uur inslaan in de Cabeus-krater. Dat gebeurde in de hoop in de stofwolk sporen van water of ijs te vinden. De meetgegevens die toen naar de aarde zijn geseind, zijn inmiddels geanalyse

© Trouw 2009, op dit artikel rust copyright.

 

Toerien Stamboom

(download)

To: 'boetie@toerien.za.net'; 'snbotha@telus.net'; 'z-line@telkomsa.net'; 'Francois Toerien'; 'ann@tnm.co.za'; 'martlie@vodamail.co.za'; 'Nico Toerien'; 'mctoerien@absamail.co.za'; 'icprojects@botsnet.bw'; 'pietert@ct.mr.co.za'; 'freddie.toerien@siemens.com'; 'TRIEN-ES@acaleph.vista.ac.za'; 'Theatre on the Bay'; 'gdekock@lantic.net'
Subject: Toerien Stamboom

Goeie dag mede-Toeriens
Hieronder 'n e-pos van prof. De Kock gekry wat saam met wyle Barend Toerien die stamregister opgestel het. Soos julle sal sien, het hy van die huidige oplaag net twee eksemplare oor.
Die vraag is of ons in hierdie stadium wil aangaan en bywerk, 'n nuwe oplaag laat druk ens. Dis iets waar die besluit nie by my berus nie.
Ek is bereid om die Word-weergawe van Alles deur of oor Toeriens, Thor se mense, aan enigeen beskikbaar te stel wat hieraan verder wil werk of die inhoud in iets anders wil inwerk. Verskeie feitefoute is reeds aan my uitgewys.
Op 18 November sal dit presies 150 jaar wees sedert Jepete Tooerien van My Sarie Marais-faam in die Paarl gebore is. 'n Artikel wat ek met Boetie Toerien se hulp opgestel het, het in Beeld en Volksblad verskyn, maar ek meen dit sal dalk goed wees as iemand wat kontak met Die Burger het bietjie skouer druk om iets daaroor oop te laat plaas. Dit is toevallig dat die een groot Toeriendigter, Barend, in dieselfde jaar gesterf het as waarin Jepete se 150ste geboorteherdenking gevier word. (Ek "plak" die Beeld / Volksblad-artikel hieronder, maar dit staan uiteraard die een wat dit na Die Burger gaan aanstuur vry om te verander - bv Barend is intussen oorlede).
Terug na die stamboom: Hentie is in PE en ek meen dalk die beste geplaas om met prof. De Kock te gesels oor 'n moontlike pad vorentoe. Ek sit dus al die Toerien-adresse wat ek het in die versendingsgleuf sodat ons solank so veel as moontlik adresse kan opbou. Uiteraard sal ek bly wees as diegene wat hierdie ontvang, dit weer aan nog Toeriens kan aanstuur.
Deur e-pos en die internet dink ek kan reeds baie inligting ingesamel word. Barend het nie die gerief gehad nie, en ook nie kans gesien om die internet te bemeester nie.
Ek plaas die brief ook op my blog vir ingeval iemand dit so raaklees.
Groete
Herman


Sarie Marais-skrywer verdien groter erkenning
Sy spore loop ook deur Bloemfontein en Volksblad
DIE man wat minstens ’n deel van seker die bekendste Afrikaanse volksliedjie My Sarie Marais geskryf het, is 150 jaar gelede gebore, skryf HERMAN TOERIEN. AFRIKAANSE TAALDAG wat môre, 14 Augustus, gevier word, vind plaas teen die agtergrond van die 150ste geboorteherdenking van ’n persoon wat diep spore in die Afrikaanse taallandskap getrap het, maar hoofsaaklik onthou word as die man wat bykans vir seker vir ’n paar verse van die liedjie My Sarie Marais verantwoordelik was.
Die verhaal van Jacobus Petrus (Jepete) Toerien het ook ’n draai in die Vrystaat en deur Volksblad kom loop.
Jepete is op 18 November 1859 in die Paarl gebore, en word op jong ouderdom subredakteur van De Patriot, maar lewer ook bydraes vir Ons Klyntjie, wat albei in die Paarl uitgegee is.
Hy was baie aktief betrokke by die eerste taalbeweging, en hoewel hy hoofsaaklik in Afrikaans gedig het, het ook Nederlandse en Engelse gedigte uit sy pen gevloei.
In 1884, ’n jaar nadat hy na die destydse Transvaal verhuis het, tree hy met Susara Margaretha Maré in die huwelik wat as inspirasie vir die titel van die lied My Sarie Marais gedien het.
Sarie was die dogter van die Volksraadslid Jacob Maré wat aan die Mooirivier by Potchefstroom geboer het. Vandag heet ’n straat in Pretoria nog na hom.
In 1890 stig Toerien in Middelburg die koerant De Republikein wat sterk pro-republiek was.
Hy het aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem, maar in die proses kwaai agteruitgegaan, veral nadat sy drukpers afgebrand het. Hy is in 1920 aan malaria oorlede.
Sy pro-Afrikaanse gesindheid blyk uit die volgende verwysing van hom na Het Dagblad, ’n koerant wat ’n pro-Engelse beleid voorgestaan het:
Afrikaner syn blad met jingoe syn gees,
Kyk maat, dis fieslik, dis naar om te lees . . .
Sy oeuvre is egter gewoonlik veel dieper as ’n ligsinnige gespot, soos die snede uit ’n Nederlandse gedig oor die Anglo-Boere-oorlog getuig:
Gy hebt gesien de stromen bloeds, de lyken op den grond,
De pas gedolven graven,
En als gy weer komt, brengt Hem den vrede
’n voorspoed mee
Waar naar ons hart, ons siel verlangt
W’ zyn moede van dien stryd.
NÁ Jepete se dood het Sarie haar in Bloemfontein kom vestig.
In 1937, twee jaar voor Sarie se dood, word sy deur ’n ongenoemde verslaggewer van Volksblad besoek.
Sy erken teenoor hom dat sy inderdaad die Sarie van die liedjie is – iets wat destyds taamlik wyd betwis is.
Sy stem tot ’n berig in, op voorwaarde dat die berig voor publikasie aan haar voorgelê word. Twee dae later, toe die verslaggewer haar vir die goedkeuring besoek, het sy egter van plan verander.
Kort voor haar dood laat Sarie ’n trommel verbrand, wat heelwat van Jepete se skryfwerk bevat het, en volgens aanduidings ook die oorspronklike Sarie Marais. Volgens navorsing van ’n broerskind van Jepete, ook JP Toerien, was Sarie nie gediend daarmee dat ’n lied wat aan haar opgedra is “goedkoop” oral gesing word nie.
Sarie se graf in Bloemfontein was tot enkele jare gelede ongemerk, maar is deur ’n projek van veral me. Joan Abrahams, bekende inwoner van die stad, opgespoor en van ’n grafsteen voorsien.
Uit die relatief klein erfenis van Jepete se skryfwerk wat vir die nageslag behoue gebly het, is dit duidelik dat Jepete groter taalkundige erkenning verdien, selfs al sou hy nie die skrywer van My Sarie Marais, of dele daarvan, wees nie.
BAREND J. TOERIEN HET die stukke wat hy vir die opstel van die Toeriens se stamregister bymekaar kon maak, na die voltooiing daarvan aan die Genealogiese Instituut geskenk. Dié “Sarie Marais-dossier” is weer aan Naln oorhandig. ’n Seleksie van Afrikaanse, Engelse en Nederlandse gedigte van Jepete is in die stamregister opgeneem.
Dit is dan ook ietwat interessant dat Barend J. Toerien, wat sedert die afsterwe van Elisabeth Eybers as die doyen van erkende Afrikaanse digters gereken word, juis vanjaar, met Jepete se 150ste herdenking, deur die SA Akademie met ’n medalje vereer is.
Jepete het van die eerste Toerien hier te lande se oudste seun afgestam, en Barend van die jongste.
Jepete en Barend was en is egter nie die enigste Toeriens met Afrikaanse ink in hul are nie. Die bekende Heine Toerien (van onder meer Die Mielieblaarklubfaam) het onder meer vir Groep Twee se Tussen Treine en Gé Korsten se Liefling gesorg, en het saam met nog ’n Toerien, Danie Toerien, vir verskeie van Beeld, susterkoerant van Volksblad, se Deurloo p-rubrieke gesorg.
Heine se pa was die bekende Frank Toerien, wat onder meer assistent-redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek was. Heine se seun, Blake, was weer bekend vir die musiekblyspele wat hy geskryf het.
Francois Toerien is nog ’n Toerien wat veral toneelstukke skryf, terwyl Ann Toerien, nou ’n impresario van Pretoria, bekendheid as kosresensent verwerf het.
Nog twee Toeriens skryf veral in Engels, Wendy veral oor wyn en Jane oor voëls. )  Herman Toerien is ’n vryskutskrywer, joernalis en rubriekskrywer van Bloemfontein.

-----Original Message-----
From: Gideon & Gretchen de Kock [mailto:gdekock@lantic.net]
Sent: 05 November 2009 05:13 nm
To: 'Herman Toerien'
Subject: RE: Toerien Stamboom

Herman Toerien
Ons het nog twee boeke oor -- as daar voldoende aanvraag sou wees, kan ons
weer 'n paar laat druk!
Aangeheg 'n bestelvorm met ons nuwe besonderhede.

Ons hou data by op 'n groot databasis en sal later 'n tweede uitgawe kan
druk - baie dankie vir die inligting aangestuur.
Groete,
Gideon de Kock

________________________________________
From: Herman Toerien [mailto:hermantoerien@iburst.co.za]
Sent: 05 November 2009 03:11 PM
To: gdekock@lantic.net
Subject: FW: Toerien Stamboom

Goeie dag professor
Ek ontvang nog gereeld navraag oor mense wat die Toerien-stamregister wil
aanskaf. Ek het intussen verneem u e-posadres het verander. Is u nog die
persoon wat gekontak moet word.
Ek het ook die onderstaande data van mnr. Danie Toerien gekry. Ek weet nie
of u familiedata deurlopend byhou nie, maar stuur dit vir ingeval aan u aan.
Groete
Herman Toerien

-----Original Message-----
From: Gideon & Gretchen de Kock [mailto:gdekock@lantic.net]
Sent: 05 November 2009 05:13 nm
To: 'Herman Toerien'
Subject: RE: Toerien Stamboom

Herman Toerien
Ons het nog twee boeke oor -- as daar voldoende aanvraag sou wees, kan ons
weer 'n paar laat druk!
Aangeheg 'n bestelvorm met ons nuwe besonderhede.

Ons hou data by op 'n groot databasis en sal later 'n tweede uitgawe kan
druk - baie dankie vir die inligting aangestuur.
Groete,
Gideon de Kock

________________________________________
From: Herman Toerien [mailto:hermantoerien@iburst.co.za]
Sent: 05 November 2009 03:11 PM
To: gdekock@lantic.net
Subject: FW: Toerien Stamboom

Goeie dag professor
Ek ontvang nog gereeld navraag oor mense wat die Toerien-stamregister wil
aanskaf. Ek het intussen verneem u e-posadres het verander. Is u nog die
persoon wat gekontak moet word.
Ek het ook die onderstaande data van mnr. Danie Toerien gekry. Ek weet nie
of u familiedata deurlopend byhou nie, maar stuur dit vir ingeval aan u aan.
Groete
Herman Toerien

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4560 (20091031) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4603 (20091113) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4603 (20091113) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4603 (20091113) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Blog 25 000

Blog 25 000

Met 25 000 trefslae en sowat 400 000 "reads" evalueer ek weer kortliks die blog.

Toe amper 18 maande gelede met die blog begin is, was die hoofdoel om te probeer vasstel of daar werklik in die Afrikaanse gemeenskap so 'n gebrek aan belangstelling in aktualiteit is soos wat die sluiting van Insig sou suggereer.

Die inhoud van die blog sou daarom ongeveer 95 % Afrikaans wees. Hoewel 'n paar Engelse artikels 'n anaduiding van 'n paar meer "reads" te kry, is die meerderheid van die mees gelese artikels in Afrikaans. Uit ander kontroles bly dit dat daar heelwat Nederlandse en Vlaamse lesers is. 'n paar van die artikels is selfs in publikasies opgeneem.

Veel dank aan mijn Nederlands en Vlaams lezers!

Om dit wat ek beoog het via 'n blog te beoordeel, moet 'n mens die aard van blogs ook verstaan. Hulel is veronderstel om interaktief te wees, en hulle is of sosiaal of baie gespesialiseerd. Dié blog is niks hiervan nie. 'n Bloggogga het die interaktiwiteit verongeluk, en om belangstelling in aktualiteit te toets is dit onmoontlik om besonder gespesialiseerd te wees. Tog, omdat ek 'n inkomste moet verdien en aangesien ons jongste outisties is, is daar velde wat meer aandag as ander kry.

Die artikels wat neig om die meeste trefslae te kry is juis dié oor outisme, oor moraliteit in politiek (waaronder Christen-demokrasie), en groen sake.

My eie spesialisveld. Afrikaanse humoristiese woordsketse, trek nie vreeslik baie lesers op die blog nie, maar op ander webwerwe soos Scribd en Beeld se My Storie, neig hulle om onder die mees gelese te tel. Op die Beeld-web is hulle wel nie die met die heel meeste lese nie, maar hul "punte" van beoordeling is hoog, 'n anaduiding van 'n dieper soort storie as die komiese wat die lesers skynbaar eerder wil lees.

Die Afrikaanse boekie oor elementêre argeologie het egter met elke gewysigde plasing op die blog en op Scribd baie trefslae opgelewer.

Soms het 'n artikel baie trefslae en kry steeds trefslae by sonder dat dit duidelik is oor hoekom, soos 'n plaaslike storie oor 'n dorpsontwikkeling op swellende kleigronde.

Die artikel oor geenterapie en outisme het letterlik oornag baie trefslae gekry, maar later skerp afgeneem.

Gewildheid is baie siklies. Daar is 'n skerp afname wanner baie artikels gou geplaas word, veral as dit tegniese materiaal is.

Die teenoorgestelde gebeur egter ook. Ek was 'n ruk "van die lug" af toe my tante oorlede is en die rekenaar kort hierna gebreek het. Die trefslae op nuwe byvoegings is steeds stadig. In die geheel neem die trefslae steeds vinnig toe soos mense ouer artikels via Google "raakboor."

Nog 'n gewildheidsfaktor is dat die nuwe plasings in 'n groot mate nuuskomemntare is na die nuusvoorsieningsooreenkoms met Radio Rosestad uitgeloop het. Die nuuskommentare is op die oomblik redelik swaarmoedig. Tog word van die nuuskommentare periodiek deur die groot media gebruik, hetsy net so of aangepas.

Dankie vir diegene wat op die blog ingeteken het.

Van tyd tot kry 'n mens via die blog ook positiewe terugvoer. Veral om oor outisme-aangeleenthede ingelig te word.

Hieronder 'n seleksie van die URL's van die mees gewilde artikels op die blog.

Herman Toerien   

With 25 000 hits and approximately 400 000 reads I whish to shortly evaluate this blog.

When this blog was started just under a year and a half ago the main purpose was to establish whether there is a lack of interest in actuality from the Afrikaans community as the closure of Insig suggested.

The contents of the blog therefore are approximately 95 % Afrikaans.

Although some English articles did indicate a few more reads than those in Afrikaans, the majority of the most read articles are in Afrikaans. From some cross checking it seems as though there are quite a number of Dutch and Flemish hits as well. A few articles have, indeed, been taken over.

By evaluating what I intended through a blog, one must also understand the nature of blogs. They are supposed to be interactive, and they are usually social or specialized. This blog is none of the above. A blog bug killed of the possibility of being inter active, and to test an interest in actuality does not lend to specialisation.

Yet, as I have to earn an income, and since our youngest is autistic, there would be some fields of more attention.

The articles with the most hits tend to be those on autism, on morality in politics (Christian democracy amongst others), and green issues. My own speciality field, Afrikaans humour stories, do not really excel, but on other web sites such as Scribd and Beeld's My Storie, they tend to be amongst the "most read". On the Beeld blog, the number of hits are not the most, but they tend to get "full marks" in reader's evaluation. This is probably due to the fact that my humour stories are "deep" whilst most people tend to prefer "comical" humour.   

The Afrikaans booklet on basic SA archaeology is popular on the blog (three versions all registering many hits) and on Scribd.

Yet, sometimes an article has numerous hits and keeps on accumulating hits, such as a very local story on a proposed town development on clay soil.

The article on gene therapy and autism picked up many hits in a very short while, but then sharply depleted.

Popularity is also very cyclic. There will be a sharp decline when a number of articles are placed in a short period of time, such as the components of a booklet on harassment in the work place (Labour Law).

The opposite also seems to happen. I went "of the air" for a while when I was out of town with my aunt's death, and this was soon followed by a computer break down also taking me out of circulation for a while. At present the daily reads on new articles are still slow. As a whole, the number of hits remains fairly high as it seems as though people read older articles by picking them up through Google. 

Another factor is that with the ending of the agreement with Radio Rosestad on daily news items, the bulk load of items are news commentaries, and these at present are not actually very positive. Yet, some are used in the mass media – sometimes in full, and sometimes altered.

Thank you to those who have subscribed to the blog.

From time to time the blog also leads to some very positive feed back, especially as to be informed on autism developments and events.

Hereunder a selection of the URL's of the most popular and read articles on the blog.

Herman Toerien     

Some of the most read books / stories included in other web sites:

Van die mees gelese boeke / stories wat in ander webwerwe opgeneem is:

Die reine waarheid en ander liegstories

As "Breipatrone"

2 665 trefslae

Onder eie naam:

http://www.scribd.com/upload/document_view_interstitial?doc_id=17033338&docs_viewed=11

Namakwaland: Storiespens

Avbobstaaltjies

http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/JouStorie/1975/4b41c9488be04927bbdad3be747f1d9f/31-08-2009-03-22/Avbobstaaltjies

Gevaar teen Dagbreekkrater (Nic Toerien)

1 320 tefslae

Blikoorblik op verkiesing

1 422 trefslae

Alles deur of oor Toeriens – Thor se mense

(Volledige lys boeke aan die einde van artikel)

Some of the most read articles on blog

Van die mees gelese artikels op blog

http://fotostaatsentrum.posterous.com/outisme-en-geenterapie

http://fotostaatsentrum.posterous.com/kindermishandeling

http://fotostaatsentrum.posterous.com/belgie-1

http://fotostaatsentrum.posterous.com/afrikaanse-letterkundiges-swyg

http://fotostaatsentrum.posterous.com/moraliteitspolitiek

http://fotostaatsentrum.posterous.com/stryd-oor-drie-dokumente

http://fotostaatsentrum.posterous.com/mynbou-in-vredefort-bewaringsg

http://fotostaatsentrum.posterous.com/herrie-se-kerrie-19

http://fotostaatsentrum.posterous.com/jong-aarde-kreasionisme-en-ou

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nog-iets-uit-die-oude-dood

http://fotostaatsentrum.posterous.com/balansstaat-vir-christen-deokr

http://fotostaatsentrum.posterous.com/skaars-gestremdhede

http://fotostaatsentrum.posterous.com/brolloks-doop-sy-pen-in-bitter-2

http://fotostaatsentrum.posterous.com/artikel-6

Etiek in die politiek – Vreemde bedmaats?

http://fotostaatsentrum.posterous.com/artikel-5

http://fotostaatsentrum.posterous.com/nuuskommentaar-14

http://fotostaatsentrum.posterous.com/reaksie-willem-jordaan

Boeke

Suid-Afrikaanse Argeologie vir misterie@junior.co.za

Cry Freedom too (Revised)

Die reine waarheid en ander liegstories

Kerklike kinkels

Plaasaanvalgedigte: Te erg vir woorde

Teistering in die werkplek

Blikoorblik op verkiesing

Outisme: Die besondere mense Jandré

Gevaar teen Dagbreekkrater

Alles deur of oor Toeriens, Thor se mense

Die lansering van Jorsie

Namakwaland, storiespens en ander kort, humoristiese sketse

Die media, die politici en die Reitz 4

Nuuskommentaar: Slagoffers van oorlog en volstruispolitiek

Nuuskommentaar: Slagoffers van oorlog en volstruispolitiek

Herman Toerien

Die aanbreek van die Anglo-Boereoorlog 110 jaar gelede word op die oomblik in Suid-Afrika gedenk. Dié oorlog het meer burgerlike slagoffers – in die vorm van vroue en kinders – in die Britse konsentrasiekampe as gesneuweldes op die slagveld opgelewer.

Met veral die Tweede Wêreldoorlog, met die bombardering van stede, was dit ook nie net die mense op die front wat in gevaar was nie.

Sedertdien is baie aandag daaraan geskenk om burgerlikes deur presisie-bomaanvalle uit die doodsakkers te hou. Die Amerikaanse geleide missiel -aanvalle waar 'n missiel letterlik by 'n huis se deur ingestuur kan word terwyl die stuurman duisende kilometers daarvandaan sit, het die aandag van die wêreldpubliek vasgevang gehou. Daar is egter deurlopend burgerlike ongevalle.

Daar is ook aggressors wat steeds primêr burgerlikes teiken. Waarskynlik die mees sprekende voorbeeld is Osama bin Laden en sy Al Kaida se aanval op die Amerikaanse Twin Towers. Die Palestynse mortieraanvalle op Israel is 'n sprekende voorbeeld, terwyl van Israel verwag word om in teenaanvalle nie burgerlike teikens te laat deurloop nie.

Presisie-aanvalle op gewapendes word uiteraard bemoeilik as die aggressors dan menslike skilde gebruik, soos om mortieraanvalle van skoolterreine te loods.

Dit is skokkend dat daar meer mense in Suid-Afrika in plaasaanvalle sterf as Britse soldate in Afganistan waar die Taliban hard probeer om die bewind te herwin. Volgens syfers van TLU-SA het bykans 300 mense die afgelope vier jaar in plaasaanvalle gesterf, teenoor 232 Britse soldate wat die afgelope agt jaar in Afganistan omgekom het.

Hierdie syfers word nie as eie kategorie deur die SAPD bygehou nie, en onlangs het die SAPD 'n versoek aan Agri SA gerig om nie die syfers wat uiteraard uit ander bronne saamgestel moet word, bekend te maak nie.

Die era van volstruispolitiek is kennelik nog nie verby nie. Dit het pas aan die lig gekom hoe die volstruispolitiek Suid-Afrika se stryd teen MIV-Vigs gerysmier het, en die blaam is op die bewind van oud-President Thabo Mbeki geplaas. Hy het duidelik nog nie sy les geleer nie, en pas in 'n lesing die stelling gemaak dat daar geen burgeroorlog in Darfoer woed nie. Hy het mense wat beweer daar is 'n burgeroorlog afgemaak as mense wat politieke agendas bedryf. Volgens die VN het sowat 300 000 mense sedert 2003 omgekom in wat as 'n volksmoord en etniese suiwering beskryf word.

Etniese suiwering is toevallig ook die uitdrukking wat dikwels gebruik word om plaasmoorde mee te beskryf. Die periodieke moordkoers van sowat 130 boere en hul gesinslede per 100 000 per jaar is aansienlik hoër as Suid-Afrika se gemiddeld van sowat 40 per 100 000 per jaar en die wêreldgemiddeld van sowat 5. Die getalle is moontlik nie vergelykbaar met dié van Darfoer nie, maar daar is moontlik maar sowat 30 000 kommersiële boere in Suid-Afrika oor.

In 'n demokrasie regeer die regering in algemene belang, nie in belang van die meerderheid, of die ondersteuners van die party nie. Dit sou op 'n diktatuur van die meerderheid neerkom. Die grondwet waarborg die reg op veiligheid – en plaas die plig op die regering. As 'n demokrasie werk, sou meer ongevalle as in 'n veelbesproke oorlogsone nie gebeur het nie, en as dit dan wél sou gebeur, sou daar klinkklare ontsteltenis gewees het. 'n Bykans dawerende stilte uit regeringsgeledere – in 'n demokrasie - hieroor is ondenkbaar.  

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4602 (20091113) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4602 (20091113) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

The death bell has not tolled for Cope - not yet

The death bell has not tolled for Cope, but all is not well either.

Analysts differ on what went astray with the Cope march up, and usually link the reasons to the lack of internal elections and thus elected structures.

But the reason may be even more obvious.

A party can only consistently grow if it has a vacant hinterland to canvass in. If it tries to evolve in an overcrowded landscape, it needs to constantly compete and canvass in an over saturated market.

When Cope started, hopes were high that it will move into an area well under populated in South Africa – the field of Christian Democracy. This should be qualified – not the political playing ground of the host of small Christian charismatic parties, but the parties similar in style to the European CDP's, such as the ruling parties in for e.g. Germany (CDU), the Netherlands (CDA) and Flanders (CD & V).

This field is unnaturally vacant in South Africa, even stranger with the vast majority of South Africans claiming to be Christian. Probably the closest parties do come to this field, is the Freedom Front Plus with Christian Volkseie approach.

Cope gave some early indications that it had fixed eyes on the vacant land by involving quite a number of clerics, with Rev. Dandala as parliamentary leader, Dr. Allan Boesak as Western Cape leader, and an offer to Prof. Russel Bothman to be the Western Cape's Premier candidate.

But working to the direction of Christian democracy was also verbally frustrated from the outset, by for e.g. deputy leader Sam Shilowa's denouncement of the re-introduction of capital punishment as "it is against the constitution."

In fact, some countries with the same constitutional provision as South Africa, for e.g. the USA, do apply the death penalty. Also, Cope underlined its commitment to the constitution, which unlike Christian Democratic constitutions, does not recognize God as highest authority.

Despite numerous expressions against corruption and a lack of morality in government, Cope actually missed the boat of political morality which is very much afloat internationally.

Why did Cope miss this opportunity and rather aim for the oversaturated space occupied by the ANC, UDM, DA and some others?

Simply as this was the playing field known to the ANC's dissidents flocking to Cope. They came not only in numbers but in attitude sidelining other arrivals (except for a selected few such as the Odendaals, Koornhofs, Kilians etc.

The rest, not getting a foot hold, also found them in 'n mini me ANC, which was strange to them in the first place.

Cope probably tried to counter this by delaying structural voting, as this by sheer numbers, would probably have hastened the non-ANC originated supporters, and have stripped the party from much needed know-how sooner.

Cope is probably also right that Cope offered the opportunity for opportunists. Cope may well have expected this as well, as this is no new feature. People who do not make it in ANC internal elections joining parties such as the ACDP, UDM and IFP where much ado are made about them.

They are often favoured to become MP's and so utilising them to draw even more support from the ANC. Very little of these expectations realise, as they in the first place defected because they could not gain enough support.

The floor crossing legislation made it possible to defect back to the ANC once they have benefited, and in the process severely trimming the number of MP's of the UDM, IFP, ACDP and even impacting on the DA.

The scrapping of floor crossing simply hastened the return to the ANC fold, especially if they did not get the Cope red carpet welcome they expected.

One day, reflecting back, Cope may find that the following aspects frustrated the expected growth:

-          The behind the scenes involvement of advisors who assisted the party in organising important events, advising on saying the right things at the right time, and getting some structures going was maintained for too short periods. This was probably due to the cost implications, and the party made at least one early attempt to cope on its own, but having to fall back on the advisors. Each time a lot of damage had already been done, especially surrounding the involvement and handling of Boesak.

-          Attempts to not becoming a second ANC (probably being so advised) were not handled with the required intent. It was also probably judged that the party needs to harvest where the crops were – inside the ANC, not open to suggestions that most ANC voters were in the ANC for reasons having nothing to do with policies or philosophy. Rather than offering a better policy to the (ANC) voters, all but the charisma of the leaders basically remained the same – and so also alienating non-ANC originated voters.

-          Cope, being used to the automatic media coverage of the ANC as ruling party, seriously misjudged the duration of the media picnic it experienced from the outset. When this more or less evaporated so did the profile of the party. It missed the opportunity to appoint a bilingual person who could have issued media releases in Afrikaans as well, and so increase media coverage in a vast Afrikaans media world. Rather it opted for an all English approach, again expecting the Afrikaans media to engage in translations.

-          It ran into the upcoming Zuma syndrome. Cope clearly focussed on the Eastern Cape expecting some Xhosa resentment, but finding very little. Early indications that Cope may do well in Limpopo were effectively, if not deliberately, thwarted by Julius Malema's rise to power as ANC Youth League president. Profiling Malema, was deliberate, however. Cope underestimated its growth potential in the FS and Northern Cape for some reason, resulting with no significant profilers effectively "deployed" in the provinces where they are the official opposition.

-          General elections are usually followed by a post election slump when people are tired of politics. Political parties usually find it difficult to maintain interest after elections, as the general supporters are tired, and many leaders are disappointed as they "have not made it." Those who have are often in such euphoria that the gap between those who have made it, and those who have not, can be very damaging. This is especially the case in municipal elections when many see councillorship as a lucrative alternative to total unemployment.  

Cope remains one of the strongest political forces in the country, but it may suffer further losses in the 2010 municipal elections if Cope neglects looking hard to the image it reflects at present.     

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4598 (20091112) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: Die keiser is kaal

Nuuskommentaar: Die keiser is kaal
Herman Toerien

Pres. Jacob Zuma is pas aangewys as die beste president in Afrika in 2009. Dié toekenning is deur die African Consciousness Media van die Kenneth Kaunda Instituut gedoen. Dat Zuma nog skaars 'n halfjaar in die amp is, beteken dat dié beoordeling op bitter min bewese presidensiële leierskap gedoen moes wees.

Vandag skryf Volksblad dat die land in werklikheid deur Julius Malema en Jimmy Manye regeer word, want sou Zuma werklik die land regeer het, sou dié twee here lankal in die bek geruk gewees het om die skade wat die land aangedoen word, te stuit.

Dié toekenning kan afgeskryf word as vanwaar dit kom, maar die toekenning van die Nobel Vredesprys aan pres. Barack Obama, ook na minder as 'n jaar in die stoel, het ook baie wenkbroue laat lig, en dit het niemand verbaas toe dit blyk dat die komitee daaroor verdeeld was nie. In Obama se geval is daar byvoorbeeld op gewys dat min ten opsigte van die oorloë in Afganistan en Irak verander het. Obama en mev. Clinton se vredespogings in die Midde Ooste maak ewe-eens tot dusver nie veel hond-haaraf nie.

Binne die VSA ontstaan 'n kloof tussen die president se liberale waardes en die meer konserwatiewe bevolking. Dit is waarskynlik ten beste gedemonstreer, sonder om 'n oordeel oor die reg of verkeerd uit te spreek, deur die referendum-uitslag in die liberale staat Maine, waar wetgewing om gay huwelike te wettig, deur die kiesers verwerp is. Dit is die 31ste Amerikaanse staat wat so maak, terwyl die kiesers van Kalifornië 'n hofuitspraak wat gay huwelike gewettig het, nek omgedraai het. Net 5 state is in pas met die president. Meer duidelik, egter, is dat 'n peiling kort na Obama se verkiesing aangedui het dat die meerderheid Amerikaners nou teen aborsies op aanvraag gekant is – die eerste keer sedert dié praktyk deur 'n hofbevel gewettig is. Die Christian Coalition of America met sy sowat vier miljoen opbetaalde lede het beraam dat Obama se verkiesing die stryd om aborsies op aanvraag te stuit, met 20 jaar teruggesit het. Obama, so is berig, is selfs 'n voorstander van die hoogs omstrede partial birth aborsies.

Wat Zuma se aanwysing betref, is dit om die minste te sê erg voortydig en deurspek met hoop, eerder as bewyse – min of meer dieselfde as wat in die Nobel-vredesprys geblyk het die geval te wees.

Indien Zuma aan die verwagtinge van die toekenning wil voldoen, sal hy noodwendig sekere keuses moet maak. Dit is die harde les van enige landsleier – hy kan onmoontlik nie alles vir almal wil wees nie, en 'n moderne media maak die voorhou van hierdie skyn onmoontlik. Wat hy aan 'n sekere gemeenskap opdis, bereik gewoonlik met ontstellende gevolge die ore van ander gemeenskappe, en selfs die buiteland.

Die huidige netto-invloei van buitelandse belegging in die Johannesburgse effektebeurs is nie soseer die gevolg van 'n boodskap van vertroue in Suid-Afrika nie, maar die gevolg van bitter lae bankrentekoerse in die buiteland. In plaas van om beskikbare kapitaal teen sowat een persent rente in 'n bank te laat stagneer na kostes bygewerk is, word dele van 'n beleggersportefuelje aan groter risiko met die vooruitsigte van hoër inkomste onderwerp. Nog 'n deel gaan na die goudmark, wat weer die JSE opwaarts aanhelp.

Dit het meer met opportunisme en waagkapitaal te make as beleggersvertroue, en kan soos 'n seepbel verdwyn. Die land se beleggingsbehoefte lê op terreine soos die gesneuwelde Coega-alluminiumsmeltery wat hoofsaaklik weens Eskom se probleme in die slag gebly het.

En dit is 'n toets wat die regering, onder die de facto aanvoering van Malema en Manye, liederlik druip. Geen wonder nie dat Malema in 'n deel van die swart gerigte pers as die de facto premier van die land beskryf word nie..  

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4597 (20091111) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4597 (20091111) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

EsCom Media release

EsCom Lightouts Limited

Megabites Park, Sundown, Banana Republic

News Release

Realising that we have kept the country in the dark for too long, we have decided to issue this release to enlighten the public.

We regrettably have to announce that the Board chairman, Mr. Good Sales, has tendered his resignation. This was accidentally referred to the Tender Division to establish the amount handling fee due, before it came to light that tendering a resignation was not a tender issue.

As required, we informed the Minister, Nersa (Not Enough Racal Application) and the ruling party's Youth League.

The same process was followed when the CEO, Mr. Marog, was requested to vacate his office and switch of the lights and air conditioning on his way out. We are presently trying to shed some light on this matter, hampered by power sharing and an unwillingness of the Youth League to lend us the spot light. According to the League the spot light is in full time use, and so are the blue lights on the security escort agency vehicles.

We would like to thank the members of government taking such a keen interest in the events at Megabug Park. We would especially like to thank Minister Slogan for equalling her performance when she, as the then Minister of Health, visited the Free State and gave the provincial set up a clean bill of health, a statement still echoed in appreciation.   

We would also like to confirm that we have made great advances in our strategy to solve the country's energy problems. The measures include massive sales of candles, the utilisation of the overpopulated prisons to treadmill power, subsidies for donkey carts and many more. A special program will be launched to popularise "Die donkie is 'n wonderlike ding," and the local leg of the F1 Championships, sponsored by EsCom, will be a donkey chart race, with the participant dressed as gladiators.

We also thank government for the unemployment rate, as this not only limits the number of people driving to work, but also saves electricity in many buildings.

W believe by this statement the public will not only be enlightened, but be empowered (albeit not electricity driven power) to assist in our task of bringing the country to a stand still.

Flash Light

Acting Media Relations Officer 

 

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4595 (20091111) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4595 (20091111) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Nuuskommentaar: En toe het hulle gelag....Lesse van Tswelopele

Nuuskommentaar: En toe het hulle gelag....Lesse van Tswelopele
Herman Toerien

Voor die algemene verkiesing het die kongresgangers by 'n SALGA se kongres gelag toe hulle deur die latere Vrystaatse Premier, Ace Magashule, toegespreek is en Magashule gesê het onbekwame en korrupte burgemeesters en Hoof- Uitvoerende Beamptes gaan afgedank word.

Pas het die Ouditeur-generaal geweier om ouditmenings oor 20 van die 25 Vrystaatse munisipaliteite uit te spreek, en slegs twee kon ongekwalifiseerde ouditmenings kry.

Dat dit g'n so onmoontlik moeilik is om ongekwalifiseerde ouditmenings te verkry nie, blyk daaruit dat Tswelopele, met Hoopstad en Bultfontein as hoofdorpe, 'n derde agtereenvolgende ouditmening gekry het. Daar is dus hoop, maar vir die meeste lê 'n stywe bult voor.

Tswelopele, wat saamwerk beteken, is trouens in ander opsigte ook vir die provinsie se grotes 'n les – soos in die skoonste dorp-kompetisie.  

Nou het Magashule ruim skietgoed om sy dreigemente deur te voer, en die laggendes as't ware vir hul gelag te laat betaal.

Trouens, Magashule kan nog 'n paar stelle skokkende syfers bytrek om sy afdankingsvisier ingestel te kry. Hy kan die Departement van Waterwese se bloudruppellys gebruik, hy kan kyk welke munisipaliteite het kriminele klagtes op die lyf geloop vir die hantering van hul rioolwerke, hy kan munisipaliteite se agterstallige Eskom-rekenings nagaan, en hy kan let op waar belastingbetalersverenigings sorg dat daar darem 'n sweempie dienslewering is.

As Magashule uit die geskiedenis leer sal hy weet dat afdanking nou die enigste opsie is wat oorbly. Al die ander optredes is reeds beproef, soos om die mees disfunksionele munisipaliteite onder administrasie te plaas. In Kroonstad se geval is die munisipaliteit met groot moeite en te midde van heftige teenkanting onder administrasie geplaas, net om te sien hoe pres. Thabo Mbeki enkele weke later met 'n helikopter aangevlieg kom en die administrasie ophef.

Ook die munisipaliteite wat uitgelig is vir nasionale ingryping het gewoon aangeploeter.

In plaas van lag, neem 'n blaadjie uit die geval Tswelopele. Pak die stywe bult aan, en deur hard te werk, veral saam te werk, sodat die hoop nie beskaam nie.

Dan kan lekker gelag word. 'n Tevrede en blye lag oor 'n werk wat deur tswelopele goed gedoen is.

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4592 (20091110) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com


__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4592 (20091110) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com