Herrie se blog

 

Hoër goudprys bring berge van goud - Higher gold price brings mountains of gold

Hoër goudprys bring berge van goud

Die hoë goudprys laat mynmaatskappye opnuut kyk na die lewensvatbaarheid van ou delwersterreine.

Een so ‘n voorbeeld is die Hooglandprojek suid van Butte in Montana. Dié terrein, waar laas teen die einde van die 1800’s gedelf is, is op die kontinentale skeiding.

Twee maatskappye werk saam om ‘n beoogde myn op die been te bring, en beplan om sy lisensieaansoek vroeg volgende jaar in te dien. Die goedkeuring en aanvang van volle produksie sal na verwagting sowat ‘n jaar later realiseer.

Intussen word ‘n skag gegraaf. Dié skag sal omtrent twee kilometer die berg in strek, en op sy diepste ongeveer 700 meter onder die bergkruin wees.

Dit gee ook ‘n ou meule die geleentheid om weer in bedryf te kom.

Die maatskappy hoop om in die verwagte vyf jaar lewensduur van die myn, ‘n halfmiljoen onse goud te win.

Met die aanvang van die prospektering was die goudprys 800 dollar per ons, en is nou bykans $1 100. Die maatskappye hoop dat dit so sal bly.

Bron: Montana Standard

Higher gold price brings mountains of gold

The high price of gold tempts mining companies to again look at old exploration sites.

Two mining companies have started exploration on a site in the mountains south of Butte in Montana where mining on the continental divide stopped in the late 1800’s. They plan to submit their request for a mining license early next year, and to receive the go ahead for full production a year later.

In the mean time a shaft of two kilometers is sunk which will, at its deepest point be some 700 meters under the mountain summit.

This also gives an old ore mill sufficient time to be made operational again.

The company hopes to gain approximately half a million ounces of gold in the expected five year life expectancy of the mine.

When prospecting started, the gold price was around $800 per ounce. At this stage it is approximately $1 100, and the companies hope it stays that way.

Source: Montana Standard

Wanneer die regstaat 'n klug word

Nuuskommentaar: Wanneer die regstaat ‘n klug word

Herman Toerien

In kinderprogramme op TV word graag gespog dat Suid-Afrika die beste grondwet ter wêreld het.

Kinderprogramme, ongelukkig, speel grootliks af waar alles waar is ... in Kammaland.

Die vraag of Suid-Afrika werklik die beste  grondwet ter wêreld het, is egter steeds grootliks ontoetsbaar. Dit staan of val by die vermoë om dit wat op papier staan, na die praktyk te voer.

Beide Solidariteit en Afriforum is besig of op die punt om litigasie aan te pak om inhoud aan die grondwet te probeer gee. Dit is die rits regstelaksiesake van Solidariteit, en litigasie van Afriforum waar selfs die polisie weier om uitvoering aan hofbevele te gee, en nou ‘n voorgenome interdik om die regering te verhinder om ‘n verdrag met Zimbabwe te sluit.

Die voorgenome Zimbabwe-verdrag is ‘n skande. Suid-Afrikaners se belange in Zimbabwe word beskerm, maar nie Suid-Afrikaners wat landbougrond besit nie. Dié uitsluiting is op die aandrang van Mugabe self, terwyl die MDC se Tsvangirai volgens aansprake self die lot van grondeienaars op sy aansienlike maag gaan skryf het.

Hierdie gevalle staan nie in isolasie nie. Die Modderklip-saak is toegelaat om in ‘n monster te ontaard omdat selfs in ‘n vroeë stadium geweier is om uitvoering aan ‘n hofbevel te gee om die plakkers te verwyder.

Die Grondwethof het ingegryp omdat die te veel staatsdepartemente hulle afgevee het aan hofbevele om skuld te betaal, en boonop volgens onlogiese wetgewing gevrywaar was teen beslaglegging op bates. Die staat het homself ook netjies uitgesluit van die bepalings van die Sekerheid op Verblyfregwet op plase wat die staat self bedryf.

Danksy die grondwethof-uitspraak van Walker versus City Council of Pretoria kan die publiek ook nie maar die reg in eie hande neem wanneer die staat ooglopend die grondwet oortree nie. Min benadeelde lede van die publiek beskik egter oor die tipe fondse om hierdie litigasie in bedryf te stel, terwyl die amptenare en ampsbekleërs se litigasie deur die belastingbetalers gefinansier word.

Hoewel daar ‘n paar gevalle was waar howe stywe lip getrek en van hierdie amptenare en ampsbekleërs gewaarsku het dat hulle self vir regskostes sal moet instaan as hulle nie meer verantwoordelik optree om toekomstige litigasie te voorkom nie, het dit in die praktyk nog selde gebeur.

Een so ‘n persoon, wat toe boonop munisipale fondse gebruik het om sy eie hofkostes te betaal, is te midde van die herrie as die hoofdirekteur Finansies van provinsiale departement aangestel. Die boodskap wat hiervan uitgegaan het, is allermins bevorderlik vir die vestiging van ‘n gesonde regstaat.

In lande soos Australië woed ‘n debat oor hoe belangrik ‘n grondwet moet wees. Die argument is dat die oppergesag van ‘n grondwet nie-demokraties verkose regters soos eietydse Mandaryne in staat stel om die wil van die kiesers, soos deur die wetgewende liggame uitgedruk, te frustreer. Die argument word verder gevoer deur daarop te wys dat ooglopende vergrype, soos slawerny in die VSA, nie deur die grondwet en regters tersyde gestel is nie, maar deur die kiesers deur hul verkose verteenwoordigers.

In Suid-Afrika kan daar egter nie twyfel wees nie – die verkose verteenwoordigers het Suid-Afrika nou tot ‘n posie gevaarlik na-aan die onderpunt van die VN se sogenaamde piesangrepubliekindeks gevoer. Die grondwet, wat die oorgangsgrondwet vervang het, is doelbewus vaag geskryf sodat die inhoud juis onder meer deur die presedentereg gevorm kan word.

Hoewel die grondwet ooglopende leemtes gemeet aan moderne grondwette bevat, is dit beter as die neerslag daarvan in die praktyk ... en om dit reg te stel is litigasie nodig, baie litigasie.

En daarom is die hele land baie verskuldig aan instansies soos Solidariteit en Afriforum wat hierdie ongetemde bul by die horings pak.  

Van Atlantis na Mars

Van Atlantis na Mars

(Voorlopige raamwerk, deur Herman Toerien).

Dit was ‘n ligflits of iets wat my oog gevang het. Dalk ‘n diamant hier op Mars se oppervlak?

Ek hop-spring in die rigting vanwaar die flits gekom het, en nader ‘n breë skeur in die oppervlak.

Dan slaan my asem weg.

Voor my gaap nie ‘n afgrond soos ek verwag het nie. Ek kyk wel in ‘n skeur af, maar met ‘n deursigtige koepeldak, en lowergroen hange daaronder.

“Kom!” hoor ek weer oor die oorfone van my ruimtepak. “Ons moet nou opstyg.”

‘n Oomblik weifel ek, maar dan lê ek die rieme neer na ons vliegtuig.

Ja, ‘n vliegtuig op Mars se oppervlak.

“Hier is mense op Mars!” blaker ek uit toe ek uit die ruimtepak gestroop, agter die stuurkontrole inskuif.

“Styg op!” kom die stem oor die radio. Die opdrag is ongeveer 15 minute gelede reeds van die aarde afgestuur, maar Mars is op die oomblik so ver van die aarde af dat dit ‘n kwartier neem om die boodskap by ons te kry. Die stuur van die boodskap is haarfym uitgewerk sodat ons presies wegtrek en versnel om die aarde met ons terugtog te tref.

Ek trek die tuig se vet vol oop. Die vliegtuig skiet vorentoe, effens hobbelrig want dis darem nie ‘n erkende landingstrook nie, en dan skiet die tuig skuins teen ‘n heuwel uit.

Mars het bitter min atmosfeer, en ons moet goed op spoed wees as die heuwel onder ons padgee. Ons hou asem op!

‘n Oomblik later klief ons egter sonder probleem Mars se atmosfeer in, en is ons op koers, terug huis toe.

“Wat sê jy van Marsmannetjies?” vra Tim, die Amerikaanse ruimtevaarder hier langs my in die stuurkajuit.

“Ek weet jy sal my nie glo nie, maar toe ek in daai skeur links van ons gaan kyk, sien ek dit het ‘n koepel oor en daar is gewasse teen die hange geplant.”

“Maar wat van mense?” dring Tim aan.

“Net vlugtig gesien, onder breë sambrero-tipe hoede.”

“Maar hoe lyk hulle?”

“Ek het nie mooi kans gehad om te kyk nie, maar so vinnig soos ek kon sien lyk hulle omtrent soos ons, net baie langer.”

Tim reageer nie weer dadelik nie. Na ‘n rukkie trek hy die mikrofoon nader en laat weet aardbeheer:

“Ons vlieënier het op ‘n kolonie in ‘n skeur met ‘n koepeldak afgekom. Dit lyk nie of ons die eerste mense op Mars was nie,” sê hy saaklik. Tim aanvaar ek sal nie stories oor Marsmannetjies opmaak nie. Daarvoor is ons situasie hopeloos te desperaat.

Ons gaan eers oor ‘n halfuur reaksie van die aarde kry. Ons is intussen reeds in die skoon ruimte, en ons kan nie veel doen nie. Ons gaan praat met die mense in die passasierskajuit.

Sjoe, dink ek. Net drie weke gelede was ek besig om ‘n prototipe vliegtuig in die Kalahari te toets, met Upington se groot lughawe as basis. En kyk waar sit ek nou.

Eintlik is dit nie soseer die vliegtuig wat so besonders is nie, as die nuwe brandstof. ‘n Wetenskaplike het ‘n formule ontdek wat ongeveer 150 keer sterker as bestaande vuurpylbrandstof is, wat heeltemal nuwe horisonne open.

Hoogs geheime toetse.

En dit was met een so ‘n vlug dat ek die boodskap kry. Die Suid-Afrikaanse Olimpiese hokkiespelers het in isolasie op ‘n plaas in die Kalahari gaan voorberei vir die Olimpiese Spele, en hul bus het gebreek. Nou is hulle in Upington, en moet inderhaas by die Olimpiese Spele in Sao Paolo aanmeld. Ek moet hulle neem!

‘n Paar minute later land ek by Pierre van Ryneveld, en die spanlede en hul bestuur stroom in – baie verlig dat hulle dit nog betyds gaan maak.

Maar dit was dit.

Met die opstyg brand ‘n module uit. Die vlappe “vries.” Ons bly opstyg. Ek verminder die brandstoftoevoer om te keer dat ons die ruimte ingeskiet word, maar daar is geen reaksie nie. Ons gaan eenvoudig op!

Ek laat weet my mense by die beheerstasie buite Pretoria.

“Ek is op pad ruimte toe!” Ek weet die tuig is met die oog op moontlike toekomstige veeldoeligheid ruimtebestand gemaak, maar die nodige ruimte-stuurmeganismes is nog hoegenaamd nie aangebring nie, en die paar wat wel in die prototipe aangebring is, is nie geaktiveer nie, of minstens nie gekalibreer nie. Ek was nie veronderstel om ruimte toe te gaan nie.

***

Die res van die verhaal is onwerklik. Die vliegtuig beland tydelik in ‘n wentelbaan terwyl die motore steeds die tuig versnel. By die Modderpoort-beheersentrum is ‘n geskarrel, en die bevelvoerder laat kom sy seun. Kobus, ‘n graad tien leerling wat graag met rekenaars speel.

Kobus is ‘n rekenaargenie, en baie lief om ruimteprogramme op rekenaar te simuleer. Sy pa kon nie in die haas op iemand beter besluit het nie.

In die komende weke was Kobus ons gereëlde geselsgenoot. Koel soos ‘n komkommer terwyl hy per rekenaar, radio en telefoon internasionaal met kenners in verbinding was.

Sy eerste woorde aan my, na hy die situasie opgesom het, was: “Oom Karel, moenie wharie nie. Ons het Houston laat weet en hulle bring met die pendeltuig al die kos, suurstof en ander middels wat hulle kan afstaan, en laai soveel as moontlik passasiers op die pendeltuig. Hulle los dan ook ‘n ervare ruimtevaarder by julle.”

Teen dié tyd het ek lankal geweet ons gaan binnekort te vinnig vir enige wentelbaan wees en die ruimte ingeslinger word. Dit klink egter die knaap het ‘n plan.

“Wat is jou plan, boet?”

“Ek speel vir tyd oom. Eerder as oom-hulle blindelings die ruimte te laat ingaan wil ek dat oom-hulle liefs maan toe geskiet word. Hopelik sal ons die probleem voor aankoms daar regkry, dat ons ‘n slingeraksie om die maan kan doen om die vliegtuig terug aarde toe te laat kom.”

Van die kant af sien ons die nuwerwetse pendeltuig kom. Hy kan op die meeste 20 mense vat en ons is altesaam 27 mense aan boord. Dit was ‘n interessante oefening om te besluit wie bly agter, en wie gaan. Van die land se voorste hokkiehelde was die bangste om agter te bly, terwyl die meeste van dié wat aangedring het om agter te bly, dames was.

“Dis miskien beter oom, hulle gebruik minder suurstof en kos,” het sê Kobus weer saaklik.

Uiteindelik breek die oomblik aan om maan toe geslinger te word.

“Gee 15,3 persent vet oom!”

Vinniger kan ons vinniger, maar stadiger nie.

“Julle Suid-Afrikaners krap ook ons ruimteplanne lekker deurmekaar,” korswel Tim hier langs my.

Shoot!” kom Kobus se stem en ek draai die vet oop. Met die opstyg in Upington was dit gelukkig net nodig om met die nuwe brandstofformule sowat ‘n kwart van die potensiële krag te gebruik om op te styg. Is volspoed opgestyg was ons nou seker in die son.

Saam met Tim het Jason, ‘n tegnikus, gekom, en hy spring dadelik aan die werk  om die fout te soek. Die eerste prioriteit is om die tuig in staat te stel om sy motore af te skakel. Jason en Kobus gesels lustig oor die radio, soos Kobus deur die handleidings werk om die foutiewe meganisme op te spoor.

‘n Dag later laat weet Kobus die ontstellende nuus:

“Julle het nou reeds te veel versnel om terug na die aarde geslinger te word. Die maan se swaartekrag is te min. Ek gaan uitwerk wat jul spoed moet wees om na Venus geslinger te word. Dit gee ons meer tyd.”

‘n Paar uur voor ons by die maan kom, herstel Jason die probleem van voortdurende versnelling. Ons kom dit dadelik agter toe ons gewigloos in ons stoele begin hang.

“Hoera!!!” gaan ‘n spontane gejuig deur die vliegtuig op.

“Dankie tog,” kom Kobus se stem. Nou kan ek presies uitwerk wat ons nodig het vir die rit Venus toe.

“Geen kans dat ons teruggeslinger kan word aarde toe?” vra ek hoopvol maar ek weet wat die antwoord gaan wees.

“Jammer oom, oom hulle sou moes kon rem om dit te doen, en daarvoor lê nog harde werk voor.”

“Boet, dit lyk my ons gaan in die man vasvlieg,” sê ek benoed.

“Nee oom, oom-hulle moenie worrie nie. Oom-hulle gaan by hom verbyvlieg, maar omdat die maan oom-hulle sy trajek moet buig, gaan oom-hulle baie naby verbyskuur.”

Die maan het yslik groot en onheilspellend voor ons opgedoem, en ons kon sigbaar sien hoe ons nader snel.

“Oor presies 18 minute gaan oom nog 23,7 persent vet gee, oom. Ek kan nie dan aftel nie want oom-hulle sal op daardie oomblik agter die maan wees.”

Ek stel die stophorlosie op my horlosie. So ook Tim. Niks mag verkeerd gaan nie.

Stadig begin die maan voor ons verbybeweeg, en dan, net toe daar ‘n klein openinkie is, skiet ons rakelings oor die oppervlakte. 

“Sjoe, dit was amper,” laat hoor Tim lakonies.

“So jy was ook bang?” vra ek.

“Nee, abosultely petrified.”

Dan gee ek vet en die maan skiet onder ons uit. Nou is ons op pad Venus toe, maar voor ons daar aankom is daar harde werk voor. Kan ons nie spoed verminder nie, is nugter weet waarheen in die ruimte ons volgende bestemming.

Nou moet Jason in ruimtetjies inwikkel waarvoor hy te groot is, en dit word duidelik waarom dit ‘n seën is waarom die meeste manshokkiespelers die hasepad gekies het. Van die dametjies pas in die spasies in, en is maar te bereid om handjie by te sit. Jason bedui van agter af soos hy instruksies van Kobus af kry.

“Sien jy die rooi draadjie?”

“Ja,” kom Sanet, die kleinste en skraalste van die hokkiespelers se stem uit die dieptes.

“Krap nou die isolasie aan die een kant deur tot op die draad.”

“Gaan ek nie skok nie?”

“Nee, dis net een stroom.....

So, swewend en met rusposes, vorder die werk moeisaam. Die eerste prioriteit nou is om die tuig in staat te stel om sy neusmotore te kan afvuur om spoed te kan verminder. Dan volg die werk aan die trumotore op die vlerke, en dan moet simulasieprogramme per rekenaar gestuur word om die motore te kalibreer. Die geringste wat die een kant meer rem as die anderkant, gaan die tuig in ‘n tolbeweging, en is die verdere beheer daarvan na die maan...

Of waar ook al in die ruimte heen...

Eers hierna kan begin werk word aan die sy-vuurpyltjies om die tuig te kan laat omdraai. As alles volgens plan verloop sal dit eintlik net ‘n bonus wees. Die kanse is in elk geval genoeg dat ons nie genoeg materiaal aan boord sal kan afstaan om dit ook te aktiveer nie.

Intussen het ons steeds bly versnel om saam met Venus op dieselfde plek aan te kom.

“Gelukkig sal ons oom-hulle dié keer verder van die oppervlak kan laat slinger,” sê Kobus. “Venus het ‘n vreeslike dik atmosfeer, en die tuig sal moet wyd hou. Dit beteken natuurlik ons sal teen daardie tyd moet kan spoed verminder, anders moet ons weer verder plan maak.”

“sal daar dan nog plan te maak wees?” vra ek.

“Altyd planne oom, maar ons begin van ‘n kant af tot iets werk.”

Dat ons by Mars aangeland het, beteken ons het dit nié betyds reggekry om spoed te verminder nie. Weer moes ons die swaartekrag gebruik om te slinger, dié keer Mars toe.

Intussen het die afstand na die aarde so groot geword dat dit bykans onmoontlik geword het om nog met spoedbeheer die stuurwerk Mars toe akkuraat genoeg te doen. Die een gesimuleerde rekenaarprogram na die ander is na ons gesein, om ons met die beperkte navigasie te help.

Uiteindelik breek die oomblik aan dat ons met die tru-vuurpyltjies kon begin spoed verminder. Met Mars se geringe swaartekrag moes ons baie, baie stadiger as om Venus slinger ander sou ons net reguit hou na die buitenste ruimte. Selfs al sou ons Jupiter deur die asteroïdegordel kom haal, en al was Jupiter op die regte plek, sou ons suurstof en water, asook brandstof met die herwinningsprosesse en al, nie meer hou nie.

“Ons gaan oor presies 24 uur begin spoed verminder sodat oom-hulle en Mars bymekaar gaan uitkom,” kom Kobus se stem oor die luidspreker.

Ons stel weer ons stophorlosies, want dit neem nou al ‘n hele paar minute vir die radiogolwe om ons te bereik.

Maar Kobus het sy sommetjies nog perfek gedoen. Toe sy stem oor die radio kom, “Briek!”, toe  wys die stophorlosies presies dat dit tyd is om spoed te verminder, die heel eerste keer sedert ons weg is van die aarde. Teen dié tyd snel ons al teen ‘n hoër snelheid as enige mensgemaakte voorwerp nog ooit in die ruimte kon haal.

Dadelik voel ons ‘n trekkrag van voor, soos die momentum ons vorentoe laat beur.

Uiteindelik het ons ‘n beheerbare spoed.

“Oom moet nou nie vir my kwaad wees nie...”

“wat is dit Kobus,” vra ek.

“Sien oom dalk kans om op Mars te land?”

“Hoe nou?”

“Oom, ek weet eerlik nie of ons oom-hulle akkuraat genoeg om Mars geslinger gaan kry om reguit terug aarde toe te kom nie. Ons het ‘n volgelaaide pendeltuig met die nuwe brandstof agter oom-hulle aangestuur, maar om hom in die ruimte nie te mis nie moet ons oom-hulle verskriklik akkuraat slinger. Dis moeiliker..”

“Moeiliker as ‘n naald in ‘n hooimied,” voltooi ek sy sin.

“Asseblief oom, as oom-hulle daai pendeltuig mis kom die tuig as doodskis hier aan – as dit ooit hier gaan aankom.

“Maar hoe gaan landing ons help?”

“Oom weet mos van Mons Olimpus op Mars?”

“Ja, die hoogste berg.”

“Nou oom, ek het al lankal die plek so 100 kilometer noordwes gesien – ‘n lang gelyk stuk, met ‘n heuweltjie met iets soos ‘n lanseerhelling daar langsaan.”

“Ja?”

“Oom, ek het sommetjies gemaak. As ons oom-hulle op die regte oomblik daar laat wegskiet kan ek met versnellingsbeheer oom-hulle presies op die regte trajek aarde toe kry.”

“Maar sal die vliegtuig op Mars kan land? Daar is amper geen atmosfeer nie.”

“En ook nie veel swaartekrag nie oom, maar ons het die vertikale vuurpyltjies ook reggemaak gekry vir ingeval ons oom-hulle in die ruimte maar moet probeer draai. Daai vuurpyltjies kan help om te gaan land, amper soos daai Engelse vegvliegtuie wat vertikaal kan opstyg en land....En oom is mos ‘n ervare yster agter ‘n vliegtuig se stuur.

“Ek het al met van daai Engelse jets gevlieg,” sê Tim.

Saam-saam kan ons dit doen.”

Intussen het die rooi planeet voor ons inbeweeg, en ons kon ons begin gereed maak om in die dun atmosfeer te gaan land.

‘n Ruk later sweef ons deur Mars se atmosfeer, eers reguit na Mont Olimpus wat massief groot oor die Marslandskap uittroon. Dan kry ons in die noordwestelike rigting koers, en soek die terrein waarvan Kobus vir ons ‘n satellietfoto gestuur het.

“Daar’s die plek,” sê Tim opgewonde, en ons begin sirkel om die “landingstrook” met die regte helling te tref. Die tru-vuurpyle en die vertikale vuurpyle werk hard om ons teen presies die regte spoed in die lug te hou.

Ons land op ‘n tiekie, en draai dadelik die vliegtuig se neus in die rigting van die skuins heuwel.

Dan swets Tim erg. Ek sien hoekom, en neem hom nie kwalik nie.

Die roete wat ons na die heuwel moet neem om teen uit te lanseer is gesaai met klippe. Dit wys nie op die satellietfoto nie.

“Ons het veilig geland, Kobus, en ons kyk in die regte rigting, maar ons pad is met klippe besaai en ons sal moet gaan opruim.”

Ons gaan eers oor ‘n halfuur ‘n antwoord kry. Oor presies agt ure moet ons opstyg, en ons het net drie ruimtepakke aan boord, met suurstof wat baie min begin raak.

Well I never,” sê Tim ‘n paar oomblikke later toe hy in sy ruimtepak gereed staan om deur die bagasieruim Mars te betree. “Toe ek na die internasionale ruimtestasie is, het ek nooit kom droom ek gaan die eerste mens op mars wees nie. Dit maak alles die moeite werd.”

“Persoonlik,” brom ek, “sal ek eers meen dit was alles die moeite werd as ons weer veilig met ons jisse op moeder aarde is.”

Tim word deur Sanet en een van die manshokkiespelers, Jaap, vergesel. Die ruimtepakke is nie ewe groot nie, en die skofte moet dus uit mense van verskillende groottes bestaan, en ons het ook besluit dat twee van die drie bemanningslede te alle tye op die tuig moes bly.

Dan begin die skoonmaak – elke klip wat moontlik in die pad kan wees, wat opgetel word en ‘n ent weggedra word.

“Dit lyk nogal amper asof hierdie eens op ‘n tyd ‘n soort lughawe kon wees,” sê Tim by geleentheid. Daardie struktuur lyk amper of dit eens ‘n beheerkamer kon wees.”

“Moenie laf wees nie,” korswel ek. “As jy ‘n mens is, is jy beslis die eerste mens op Mars.”

Uiteindelik is dit my beurt om saam met twee van die hokkiespelers ligvoets oor Mars et wip, en klippe weg te neem. Hier en daar moet ons gereedskap gebruik om graterige klippe los te kry, maar oor die algemeen lê hulel los genoeg, en verseker die geringe swaartekrag dat hulle maklik weggedra kan word.

En net toe ons klaarmaak, sien ek die ligflits.

“Ons moet nou begin uitkyk vir daardie pendeltuig,” sê Tim. Ons haal reeds moeilik asem, en ons laaste bruikbare water is pas gebruik.

Ons het die vliegtuig se landingsligte vol aan, en die pendeltuig sal ook alle beskikbare ligte aan hê sodat ons mekaar so maklik as moontlik teen die sterrehemel sal kan sien.

“Daar is hy!” roep Tim verlig uit.

Ons maneuvreervermoë is wel beperk, maar die pendeltuig kan maklik maneuvreer, en ‘n rukkie later is ons aan mekaar geanker. ‘n paar minute later vloei vars lug ons kajuit in.

“Hoera!” laat hoor die passasiers weer.

Terug op aarde word intensief reëlings getref om ‘n sending Mars toe te stuur – die keer bedoeld en goed toegerus, met die eerste opdrag om kontak met die mense te maak wat ek gesien het.

Ek, Tim en Jason kry die keuse om saam te gaan, en ons is al drie te bly. Sanet kry ook spesiale toestemming uit erkentlikheid vir die groot rol wat sy gespeel het om die vliegtuig so te kry dat ons lewend kon terugkeer aarde toe. Boonop is Sanet ‘n mediese dokter, ‘n persoon wat almal meen ‘n onontbeerlike deel van sy ‘n sending behoort te wees.

“Solank Kobus net by duie beheersentrum is,” sê sy.

Nog tien mense wat met die hand uitgesoek is, gaan saam. Nog een van die twee vroue wat saamgaan, die Amerikaner, Karen, is ‘n mediese dokter, die ander ‘n mediese wetenskaplike, Ursula, ‘n Noorweër.

Die ander sluit argeoloë en astronome in, ‘n bioloog en ‘n mikrobioloog.

Uiteindelik is alles gereed.

Die pendeltuig is bo-op ‘n spesiaal-omgeboude Boeing gemonteer, en ons bemanning van 10 bestyg die pendeltuig. Dit is behoorlik toegerus vir bykans enige gebeurlikheid.

Die Boeing neem die pendeltuig tot ‘n hoogte van 15 000 meter, waar die tuig ontkoppel is en vry sweef om die Boeing kans te gee om weg te kom.

Dan word die motore aangeskakel en ons begin uit die atmosfeer beur. Uiteindelik is ons op koers.

“G’n niks se geslinger om planete dié keer nie, oom,” kom Kobus se vriendelike stem oor die radio.

Die tuig se motore is so gestel dat dit die minimum energie gebruik om deurlopend te versnel, sodat ons binne drie weke by Mars sal wees. Om ‘n voldoende brandstofvoorraad te verseker het ‘n Japannese vuurpyl ‘n bykomende brandstofhouer in die ruimte vir ons gelos om die eksterne een te vervang waarmee ons uit die atmosfeer gebreek het en toe laat terugval het, te vervang.

Drie weke later land ons weer by ons vorige punt. Dié keer is die opstygbaan reeds skoongemaak, en kan ons meer aandag skenk oor ons ontmoeting.

Terwyl ons op die aarde was, is baie tyd spandeer om paleontoloë, argeoloë en ander kundiges bymekaar te kry om te probeer bepaal wanneer, en van waar die mense op Mars gekom het.

En hoekom.

En sou daar ‘n taalverwantskap kon wees?

Niemand twyfel dat hulle oorspronklik van die aarde af gekom het nie – behalwe natuurlik die groot groep skeptici wat meen ek het die hele storie uit my duim gesuig. Trouens, baie mense meen die hele Mars-besoek is fiksie.

Menings oor hoe lank gelede die mense gekom het wissel tot 50 000 jaar gelede. Dit is moeilik om te dink hoe anders die spore van so ‘n gevorderde beskawing so totaal uitgewis sou kon wees dat daar niks op aarde daarvan meer sigbaar is nie.

Ek, Tim, Jason en Sanet maak die eerste span uit wat kontak met die Marsmanne gaan hê.

Met ‘n paar tassies gewapen sit ons af na die plek waar ek die koepel gesien het. ‘n Doodse benoudheid pak my beet. Wat as my verbeelding my parte gespeel het? Dat die langdurige spanning my iets laat sien het wat glad nie daar was nie?

Maar oomblikke later is my vrese besweer. Ons staar oor die koepel, waaronder dit so lowergroen is. Ons sien die lang mense met die sombrero-hoede, en een gewaar ons. Ons sien hy beduie, en die ander kyk op.

Ons waai.

“Hoe dink jy kom ons by hulle? Vra ek.

“Ons moet seker nou kyk of hulle nie iewers ‘n deur oopmaak nie.”

Ons sien niks wat soos ‘n deur lyk nie.

Skielik begin daar lig onder aan ‘n groot rots se voet lig, en die opening word al groter. Eers sien ons die voete van mense in ruimtepakke, en toe die bene, toe die lywe, en uiteindelik vaagweg gesigte agter die glas van helms.

Ons wip-stap in daardie rigting.

Ons gaan by die deur in, en die deur begin weer stadig toeskuif. Ons bevind ons saam met drie lang vreemdelinge in ‘n kleinerige, wit afgeronde kamertjie. Toe die deur dig toe is, voel ons hoe lug weer in die kamertjie ingepomp word, en toe spuit ‘n vloeistof oor ons. ‘n Ontsmettingsmiddel, besef ons.

Die Ma

Kritiek op plaasaanvalgedigte

Kritiek op plaasaanvalgedigte

Onlangs Google ek en raak toe weer ontGoogled.

Ek kom op die opsomming af van iemand wat op my plaasaanvalgedigte reageer.

Ek is g’n digter nie, en daarom verwag ek kritiek op die “digterlike vaardighede.”

Hierdie was egter ‘n verwysing na die tema wat hom so afsit dat ek die land moet verlaat, want die “gekla” daarin raak sy beursie.

Goed, *&^%&^&le het ook die reg op geld maak, maar om suur te wees oor die slagting van boere ‘n negatiewe impak op sy beursie het...

Toe ek die verwysing raakgeloop het het ek nie tyd of lus gehad om dit te lees nie. Nou, toe ek dit soek om te kyk of die hoender bereid was om homself te identifiseer, kry ek dit nie.

Gelukkig nie.

Herman

Die boodskap uit Europa

Die Christen-demokratiese boodskap uit Europa

Herman Toerien

In Saterdag 21 November se By van Nasionale Pers se Afrikaanse dagblaaie, vra die teoloog, prof. Jurgens Hendriks, die vraag: “Is ons land Christelik?”

Ongeveer 80 % van die land se inwoners dui immers aan dat hulle met ‘n kerk assosieer. Maar daar haak dit blykbaar vas.

Die Suid-Afrikaanse media het, moontlik voorspelbaar, die verkiesing van Herman van Rompuy as eerste vaste voorsitter, of te wel, president, van die Europese Raad grootliks verswyg.

Dit is egter iets wat nie ‘n nietige verwikkeling is nie.

Ironies, enkele jare gelede het Suid-Afrikaanse sendelinge in België gaan sendingwerk doen, synde geoordeel is dat België saam met verskeie ander Wes-Europese lande tot die post-Christelike era behoort.

Ironies,want Herman van Rompuy is nie net ‘n Christen-Demokraat nie, sy party, die Christen-Demokrate en Vlaandere (CD & V), is die dominante party van die Vlaamse en Belgiese koalisieregerings. Ook in lande soos Nederland en Duitsland oorheers die Christen-demokrate die koalisieregerings.

Van Rompuy se mees onlangse hoofteenstander vir die presidentskap was Jan-Peter Balkenende, die Nederlandse Premier en leier van die CD & V se susterparty, die Christen-Demokratiese Appèl.

Hulle het die hoof-aanspraakmakers geword – Balkenende teensinnig – nadat dit duidelik geword het die Christen-Demokrate van Wes-Europa gaan iemand uit hul eie geledere in die amp instem, en ‘n vroeë gunsteling, Tony Blair van Brittanje, se aansprake so in die stof gebyt het.

Kortom: Hoe gebeur dit dat Christen-demokrasie in Europa so sterk is, maar in Suid-Afrika in ‘n ooreenstemmende gedaante ontbreek?

En dit wat wel hier bestaan, is nietig klein, soos die ACDP en die Christen-Demokratiese Alliansie wat op sy beurt uit vier partye bestaan. Hierdie partye staan in ideologie en styl veel nader aan ‘n tweede, kleiner, beweging in Europa, die Europese Christen-Partyebeweging wat onder sy Engelse afkorting, ECPM, bekend staan. Die grootste van sy deelnemende partye is die Nederlandse ChristenUnie, wat uit die ou Gereformeerd Verbond gebore is. Die ChristenUnie vorm saam met die CDA en die PvdA die regerende koalisie, en is die kleinste, maar groeiende party in die koalisie.

Hoekom daar ‘n vakuum in Suid-Afrika bestaan, al het invloedryke mense soos FW de Klerk hulle al vir die vorming van so ‘n party uitgespreek het, is kompleks.

Ten eerste maak Suid-Afrika vanuit sy laaste koloniale afdruk wat partypolitieke rangskikking betref deel uit van die Engelse wêreld, en na 1994, ook versnit met iets uit die ou Oosblok. In Brittanje ontbreek ‘n werklike sigbare Christen-demokratiese “vennoot,” en so ook in sy eertydse kolonies soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada en Suid-Afrika. In hierdie lande is die CDP’s klein. In Kanada het ‘n meningsopname enkele jare gelede aan die lig gebring dat baie kiesers onbewus was van die bestaan van die Christian Heritage Party. In Nieu-Seeland het die CFP besluit om te ontbind.

In die VSA, met sy de facto tweepartybedeling, word die Christen-demokratise belange deur lobbies soos die Christian Coalition of America bedryf. Hierdie 4 miljoen ingeskrewe en opbetaalde lobby het ‘n volledige beleid en is bykans identies met dié van die CDP’s, soos sterk voorspraak vir gesinswaardes, ‘n sterk pro-lewestandpunt (dus om gekant te wees teen aborsie op aanvraag), ‘n handves van menseregte gerig op ontwikkeling en minderheidsregte eerder as ‘n oorheersende fokus op individuele regte en die subsidiariteitsbeginsel, dit wil sê die plasing van gesag op die laagste moontlike vlak, met inbegrepe dat verskillende lewensfere soos skoolbeheerliggame die grootste moontlike outonomie sal hê.

Die Suid-Afrikaanse media verwys dikwels na die party van Angela Merkel as ‘n konserwatiewe party, eerder as Christen-demokratiese party. Is dit korrek?

Volgens ‘n onlangse denkrigting in Europa is dit oudmodies om partye van links na regs, of van liberaal na konserwatief op ‘n reguit lyn te beoordeel. Die gedagte is dat volwasse partye dele van hul beleid uit ‘n linkse sfeer en ander dele uit ‘n regse sfeer neem, en dat ‘n party se posisie eerder as iewers in ‘n ronde bal as op ‘n reguit lyn uitgebeeld moet word. (Toegegee, die opkoms van werklike regse partye in Europa plaas hierdie nuwe denkrigting onder druk, en die versterkte Merkel-regering na die afgelope Duitse verkiesing is in Trouw aangekondig as: “Duitsland slaan na regs af.” Dood is die reguit lyn, maar lank lewe regs en links).

Verder het die klem die afgelope paar jaar sterk begin val op die verskerping van moraliteit in die politiek en sommer ook die media. Die wêreld-ekonomiese krisis en die rol wat bloedsuiers gespeel het, het partye die geleentheid gegee om in hul beleidsvoorstelle vir ekonomiese herstel, sterk elemente van moraliteit in te bou, en dit het niks met “regs” of “links” te make nie. Van Rompuy se party was juis een wat in sy heropboubloudruk breedvoerig hieroor uitgebrei het. In sommige kringe is na 2009 as die jaar vir geestelike higiëne verwys.

Die feit dat ‘n duidelike Christen-demokrasie in die Nuwe Wêreldlande van die eertydse Britse Dominium eerder die Britse as die vastelandse Europa navolg, beteken uiteraard nie dat dit so moet wees nie.

Net ‘n blitsige tussenwerpsel oor die Amerikaanse model: Daar kán ‘n lobby die funksie verrig omdat partykoukus nie bestaan soos hier nie. Die DA probeer wel die ruimte laat deur ‘n keusevryheid aan lede te gee oor tipiese Christen-politieke beginsels soos die doodstraf, gay huwelike en aborsie. Dit kan ooglopend net werk so lank ‘n party beoog om ‘n opposisieparty, en nie regerende party te wees nie. Hoe moeilik Christen-demokrasie en liberale demokrasie meng, blyk uit ‘n mediaverklaring deur Diane Kohler-Barnard om voorstelle vir die wettiging van prostitusie namens die DA te steun, en ‘n verklaring later dieselfde dag deur Athol Trollip, destyds Oos-Kaapse leier van die DA, waarin die voorstelle onomwonde verwerp word.

In Suid-Afrika is die huidige situasie waar die groot rolspelers in ‘n oorvol humanistiese deel van die politieke poel saambondel, sterk histories beïnvloed. Suid-Afrika was immers nie vry van variasies van wat breedweg as Christelike politiek beskou kan word nie. Die Nasionale Party het hom lank as Christelik-nasionale party beskryf, en op die ander kant van die politieke spektrum was die “bevrydingsteoloë” erg sigbaar en aktief. Beide het ‘n impak gelaat op die aansien van Christelike politiek, en ‘n ongunstige klimaat vir die posvat van Christen-demokrasie geskep. ‘n Verdere variasie, die Christelik-volkseie, plaas selfverduidelikende beperkings op sy groeipotensiaal.

Terminologie is boonop opportunisties wanaangewend. Met die samesmelting van die DP en die NP is gewag gemaak van hoe identies hul beleid is. Toe die huwelik op ‘n egskeiding uitloop, is gemotiveer dat die DP/ DA sy wortels in die liberale demokrasie vind, en die NP in die Christelik-nasionale. Marthinus van Schalkwyk is selfs aangehaal as sou die NP / NNP Christelik-demokraties wees.

Tog was dit toe weer “identies” genoeg om by die sosiaal-demokratiese ANC in te skakel.

Die ontstaan en ontplooiing van Cope demonstreer waarskynlik die dilemma van Christen-demokrasie hier te lande ten beste.

In wese moes Cope kies tussen waar ‘n vakuum in beleid bestaan, naamlik die Christen-demokratiese, of waar die kiesers was (binne die ANC). Bedoeld of onbedoeld, dit het in ‘n mini me ANC ontwikkel, soos ook die UDM.

Die kiesers is wel binne die ANC, maar is een uit tien, of een uit dertig weens beleids- en ideologiese redes in die ANC?

Die speelveld van die Christen-demokrasie bly dus effektief onaangeraak.

Natuurlik kry die media dikwels die skuld hiervoor. Die vorige leier van die Kanadese CHP het graag aangehaal uit ‘n Amerikaanse studie wat bevind het die gemiddelde Amerikaanse joernalis is links van die gemiddelde Amerikaner. Dan word geïmpliseer dieselfde geld in ‘n grotere of mindere mate elders, en daarom word die Christen-demokrasie buite Wes-Europa deur die media grootliks verswyg.

Daar is ‘n ander siening, naamlik dat die Suid-Afrikaanse bevolking, media inkluis, ideologies ver agter Europa is en nou eers in die era van die 70’s van die vorige eeu verkeer, waar Europa tot op die randjie beweeg het tot waar ongebreidelde liberalisme lande kan voer – en ‘n teenreaksie ontstaan het.

In Nederland is byvoorbeeld baie gemaak van Calvyn se 500ste herdenking, en het ‘n studie aangetoon die gemiddelde jong Nederlander is meer Calvinisties as hul ouers.

Te veel klink dit of Suid-Afrika se negrofiliste en Cape Liberals  - geoordeel aan die histerie in hul geskrewe kommentare – bevange is oor ‘n moontlike omkeer en hul idee dat vooruitgang ‘n reguit liberale lyn behels onderweg na ‘n nog liberaler omgewing. In hierdie histerie word selfs voormalige Dakargangers as “neo-konserwatiewes” uitgeskel, terwyl hulle self steeds erg konserwatief klou aan die reguit lyn opvatting. ‘n Tipese “sonde” van ‘n “neo-konserwatief sou wees om dit te durf waag om hom oor ‘n mate van die behoud van Afrikaans by Maties uit te druk.

Kritiek op die kerk hier bly ook nie uit nie. Simplisties gestel, Sondae is Suid-Afrikaners lid van ‘n kerk wat gekant is teen aborsie op aanvraag, dobbel en gay huwelike, maar in die week behoort hulle aan partye wat dit juis weer voorstaan – en die kerke swyg oor hierdie teenstellings as sou dit in die haak wees om die Here Sondae na die kerkdienste in die kerk toe te sluit, en eers weer volgende Sondag oop te sluit. Kerke se wegskram hiervan wentel om argumente soos soewereiniteit in eie kring, maar hel (geen woordspeling bedoel) dan oor dan die negering van universaliteit in eie kring.

Die kerk “verskoon” of regverdig sy optrede deur akademies te kyk na die kerk wat as “gefokus op Jesus” eerder as “gefokus op die kerk as instelling” moet funksioneer. Ja, maar dan leen verskeie kerke hulle tot politieke uitbuiting soos die voorkeur-preekgeleenthede wat pres. Jacob Zuma kry.

Vir die Christen-demokraat is Jesus geen party se instrument nie – ook nie die instrument van die Christen-demokratiese partye nie, maar is Christene die instrument van God – in die kerk, in die party, in die staat, in die huwelik, in die gesin, in die skoolbeheerliggaam... Dan kan hulle maar baie soewerein in eie kring wees, want hulle word immers deur dieselfde mense met (Christelike) waardes bestuur.  

Tog – die klein bestaande Christen-demokratiese rolspelers kan gerus ook die hand in eie boesem steek. Onder die kritiek hier te lande is dat van dié partye hulle sterk in uitdrukkings en dampkring van die fundamentalistiese charisma bevind. Iemand sal sommer gou verstaan laat word hy is nie ‘n Christen nie en dus nie welkom nie omdat hy nie glo die aarde is net 6 000 jaar oud nie. So word lidmate van die groot susterkerke in effek uitgesluit.

Veral een party het ‘n erg verskanste diktatoriale leierskap ontwikkel wat dit onmoontlik maak vir meer gematigdes om toe te tree, en die party van die ekstreme weg te voer. Lank voor gebalanseerde Christene hulself kan posisioneer is hulle as “vrot kolle” geïdentifiseer en uitgewerk.

Lees ook:

http://fotostaatsentrum.posterous.com/road-map-to-christian-democracy-0

 

 

 

Herrie se kerrie: Ons blaps so lekker want ons gaps so lekker

Herrie se kerrie: Ons blaps so lekker want ons gaps so lekker

Die huidige regering het nie korrupsie uitgevind nie. Nog nooit nie.

Net vervolmaak.

Nee, dis nie Herrie wat so sê nie, dis die regering wat self so sê. Nou nie in soveel woorde nie, maar dit word darem nou erken dat dinge nou heeltemal hande uit geruk het.

Neem nou maar die parlementêre vliegtuigkaartjies. Dis ‘n ou ding, en Herrie ken ook een wat destyds gevang is persoonlik. Hy is later tronk toe, maar oor iets anders.

Ai, en helikopterritte elke Vrydag na ‘n sekere missieltoetsterrein naby Waenhuiskrans (waar die minister heel toevallig ‘n strandhuis gehad het), en Maandae weer terug parlement toe met die helikopter. Nee, dit was ook nie Herrie wat so briljant was om dit uit te pluis nie, maar die inwoners in die stranddorpe waaroor die heli gevlieg het, soos Hermanus, Onrus, Kleinmond, Gordonsbaai...”Daar gaan die minister weer vir sy naweeklikse inspeksie...”

Nou wie kan dan nou die eerste klip gooi as ‘n huidige minister oor die Kerstyd in ‘n Durbanse strandfront-hotel tuisgaan, en ‘n paar besoeke aan plaaslike polisiestasies bring? Al kon ‘n mens nou met daai hotelrekening die hele missieltoetsterrein koop.

Ai, en ‘n minister se eersteministerplanne wat in die slag bly toe dit kort voor die werping van die lot aan die lig kom hoe heldersiende dié minister was om te weet presies waar damme gebou, en besproeiingsplase uitgelê gaan word. Koop dan droë land, en verkoop besproeiingsgronde. Snaaks, mens sou dink so ‘n heldersiende minister sou ‘n gawe eerste minister kon wees.

Toe Herrie op skool was, was hy self taamlik heldersiende, soos om soos klokslag te weet wanneer die administrateur siek is, en een van die LUK’s as administrateur waarneem. Want dan het sy telgies met daai lang, slap kar, OVS 1, skool toe gekom, chauffeur en al. 

Ai, en daai bekaf uitdrukkings toe ‘n paar LUK’s, senior amptenare, ‘n horde vroue en ‘n hele klomp vriende,familie en etlike belangstellendes in Bloemfontein van die êrrie afklim, en die SAUK (ja, toe was dit nog die SAUK) se TV-kameras wag hulle in. Dié lywige afvaardiging sonder ‘n enkele kundige het oorsee gaan besluit watter skandeerder die provinsie moet aankoop.

Natuurlik was die proffie toe al hoeka oorsee gewees om die skandeerder te gaan kies – die afvaardiging kon slegs die kleur gaan uitsoek. Fred Schnetler, destydse skrywer van Volksblad se Stop van Myne en deesdae saliger, het toe ‘n ellelange stuk geskryf oor hoe dit gebeur het dat die verbypad om Senekal 15 jaar geneem het om goedgekeur te raak. Van die afvaardigings wat eers oorsee moes gaan om ondersoek in te stel na die kleur van koppies.

Daardie verbypad, terloops, is nou nog amper 30 jaar later steeds nie gebou nie.

Nou wie kan dan ‘n vinger wys na ‘n hedendaagse brandarm munisipaliteit se toerismebevorderingsekskurie van ‘n half miljoen rand? Peanuts!

Ook voor die nuwe bedeling vertel ‘n hoofdirekteur van die TPA van ‘n sekere burgemeester wat ‘n kontrak met ‘n ontwikkelaar gesluit het. Die maatskappy sou hom naamlik ‘n miljoen rand betaal, en sy seun in die VSA op universiteit hou. Boonop, een keer jaar, gaan die gesin op maatskappykoste vir boetman in die vreemde kuier. Natuurlik is die teenprestasie nie in die kontrak vervat nie.

Toe lek die spulletjie uit, en die eintlike kontrak byt in die stof. Die maatskappy dog nog die ander kontrak is ook daarmee heen, toe laat weet die, toe gewese burgemeester, aikôna, daar is mos niks van ‘n teensprestasie nie.

Maar soos Herrie sê, al het die nuwe regering nie korrupsie uitgevind nie, hulle het dit vervolmaak. Of dit nou “handling fees” vir kontrakte is, of dit “geskenkies is om die hart bly te maak, en of dit nou sommer doodgewoon tsjôtsjô is, Herrie het dit als gesien..

Selfs ‘n burgemeester wie se onder die tafel-aksies op ‘n versteekte video-kamera vasgelê is. Pleit onskuldig, want, voer hy aan, wetgewing maak net voorsiening daarvoor dat iemand vir prostitusie en diamante in ‘n lokval gevang kan word. Nie korrupsie nie. Hy is onskuldig bevind, maar Herrie weet nie of dit iets met sy verweer te make gehad het nie.

Ja, Herrie het al als gesien.

Of nee, daar was variasies wat Herrie nie geken het nie. Ai, soos die slag wat Herrie deel was van ‘n vergadering met die onderwysbase en die een kollega ‘n geldjie vir die onthaal kry. Die “onthaal” het in inkopiesakkie in die hoek bly staan – doodgewone kruideniersware vir die huis met ongewone fondse.

In geheel was Herrie se verslag aan die Ouditeur-generaal oor die hele projek 86 bladsye. 

Herrie se Sothonaam het van Lethola (die een wat sag praat ween ‘n gewas wat die senuwee na die stembande seergemaak het) na Moferefere (die een wat onluste maak) verander. So erg, ‘n hoofdirekteur uit die vorige bedeling het Herrie ingeroep en gesê Herrie skep vir die nuwe regering probleme. Herrie, of dan Moferefere, moet net bietjie diskresie aanleer, leer wegkyk nou en dan, en as Herrie hom ooit aanhaal sal hy dit “voor die Here ontken.”

Sjoe, so lekker gaan dit, ‘n bekende advokaat se naam is glads “Gaps” en ‘n rubriekskrywer “Roof.”

En as iemand dalk self moeite het om in te sien wat verkeerd is met korrupsie – neem dan maar die Wêreldbank se woord daarvoor: Korrupsie is die diefstal van ‘n land se toekoms.   

South African Christian democrats congratulates first European Council president with election

English text hereunder

Suid-Afrikaanse Christen-demokrate wens eerste vaste President van Europese raad geluk met verkiesing

Die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) het die Belgiese Christen-demokratiese premier, Herman van Rompuy, geluk gewens met sy verkiesing tot die vaste President van die Europese Raad.

Van Rompuy was die kandidaat van die Vlaamse Christen-demokrate en die Christen-demokratiese partye in ander Europese lande.

"Juis nou dat erken word dat korrupsie, misdaad en ander probleme in die land hande uitgeruk het, is dit belangrik dat Suid-Afrikaners kennis neem daarvan dat daar ook 'n Christen-demokratiese opsie is, en dat Wes-Europa hierdie opsie aangegryp het," sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-demokratiese Party en ondervoorsitter van die CDA.

"Ideologies en in styl lê ons wel nader aan Europese Christenpartye Beweging waarvan die Nederlandse ChristenUnie die sterkste en deel van die regerende koalisie is, maar in oorhoofse beleid en etiek het ons baie raakvlakke met Europa se groot Christen-demokratiese partye, en is ons verheug oor die boodskap wat nou aan die wêreld uitgestuur word, naamlik dat Christen-demokrasie steeds toonaangewend is."

Theunis Botha, 0836572482

South African Christian democrats congratulates first European Council president with election

The Christian Democratic Alliance (CDA) congratulated the Christian Democrat Belgium Premier, Herman van Rompuy, with his election as the first president of the European Council.

Van Rompuy was the candidate of the Flemish Christian Democrats and the other Christian Democrats in other European countries.

"Especially now that it is acknowledged that corruption, crime and other problems in South Africa have spiralled out of control, it is important that South Africans should take note that there is also a Christian Democratic option, and that Europe has opted for this option," says Rev. Theunis Botha, leader of the Christian Democratic Party (CDP) and deputy chair of the CDA.

"Ideologically and in style we are closer to the parties of the European Christian Party Movement of which the Dutch ruling coalition partner, the ChristenUnie is the largest. There are, however, many similarities in policy and ethics we share with Europe's large Christian Democratic Parties. We are delighted at the message now sent out to the world – Christian democracy is still a positive force in the world."

 Theunis Botha, 0836572482

  

De Europese staats- en regeringsleiders hebben premier Van Rompuy gekozen als vaste voorzitter van de Europese Raad. Dat is een grote eer voor het land, voor onze partij en voor Herman zelf. Herman Van Rompuy zet daarmee de lange traditie verder van christendemocratische leiders die hun stempel drukken op de Europese integratie. CD&V wenst hem van harte proficiat. Wij zijn Herman dankbaar voor alles wat hij heeft gedaan voor het land en voor de christendemocratie. We wensen hem veel succes in zijn nieuwe functie. Europa is in goede handen.

Zijn vertrek uit de Belgische politiek betekent dat we binnenkort een nieuwe eerste minister krijgen. Wat ons betreft lag en ligt het premierschap bij CD&V. Het is belangrijk om geen tijd te verliezen. Ons land gaat nog steeds gebukt onder een internationale economische crisis. Het is dus niet het moment om te treuzelen of politieke spelletjes te spelen. CD&V zal in elk geval zijn verantwoordelijkheid opnemen. Er is een regeerakkoord en het engagement van 5 partijen om dat tot 2011 uit te voeren. Wij respecteren dat en vragen van de coalitiepartners hetzelfde.

Het initiatief voor de aanduiding van een nieuwe premier ligt nu in eerste instantie bij de koning. CD&V kan daarover momenteel weinig publieke verklaringen afleggen. Wat we te zeggen hebben, zullen we aan de koning zeggen. Wij zijn op alles voorbereid, maar we spreken niet voor onze beurt.

De inhoud van het beleid is hoe dan ook belangrijker dan de vraag wie welke rol speelt. De uitdagingen zijn immers groot genoeg: de begroting, de economie, de hervorming van justitie, de communautaire dossiers… Dat alles goed aanpakken zal altijd onze eerste prioriteit zijn.

Marianne Thyssen
Voorzitter CD&V

Koerantwese in Nederland steeds in owerheidsvisier

Koerantwese in Nederland steeds in owerheidsvisier

‘n Vorige Belgiese premier, Yves Leterne, het by geleentheid die vrye pers die vierde, maar nie-amptelike, been van die demokrasie genoem.

Dat koerante te midde van die ekonomiese klimaat, maar ook ander veranderende omstandighede, noustrop trek, het dus by verskeie Wes-Europese lande die bewindhebbers aan die dink gesit.

Dit was veral om opnuut ‘n leeskultuur, en spesifiek ‘n koerantleeskultuur, by jonges te herstel wat die kopkrappery aan die gang gesit het.

Kort na mekaar het die Nederlandse en Franse staatshoofde die gedagte geopper om reëlings in te stel wat daarop sou neerkom dat jong mense vir ‘n bepaalde tyd gratis ‘n koerant van keuse sou ontvang. So is gehoop, sou die leeskultuur reeds gevestig wees, en die jong mense darem minstens weet wat aangaan.

(In Suid-Afrikaanse terme, so sou ‘n mens in die versoeking wees, sê sou die kiesers darem weet wat in die werklike wêreld buite die sepie-wêreld aangaan).

Die jongste inisiatief van die Nederlandse minister van Mediasake, mnr. Plasterk, is om koerante ‘n subsidie te betaal om jong joernaliste “aan te neem.” Jong joernaliste kry moeilik werk, en is ook gou om die trekpas te kry as afleggings plaasvind.

Sy planne pla ander sterk en hy kry die wind van alle oorde behalwe die Groen-Links.

Die vrese is dat gevestigde en gesoute joernaliste in die slag kan bly om plek te maak vir staatsgesubsidieerde jonges. Die VVD se Remkes is ‘n regte remskoen en sê hy gaan die minister se planne in die wiele ry.

Nuuskommentaar: Seisoen van geweld

Nuuskommentaar: Seisoen van geweld: Dienslewering in die spervuur

Herman Toerien

Met elke ter plaatse besoeke wat pres. Jacob Zuma aan gemeenskappe bring, word hy luidens berigte getref deur die gebrekkige dienslewering.

Sy voorganger het ook gereeld, kort voor verkiesings tydens sy blitsbesoeke aan Suid-Afrika deur die townships getoer en selfs imbizu’s met die gemeenskap gehou.

Die land beskik oor ‘n intelligensiediens waarvan die hooffunksie is om die Kabinet oor bedreigings in te lig. Tensy hier verbrou is, is die regering dus deeglik bewus van hoe sake staan, en is die besoeke eintlik meer vertonings om hul omgee te demonstreer. Landswye plaaslike regeringsverkiesings is immers om die draai.

Municipal IQ het pas aangekondig dat oproer oor swak dienslewering vanjaar reeds met 200 persent toegeneem het en dat die hoeveelheid sulke oproergevalle vanjaar nou die 100 nader – bykans twee per week. Vanoggend berig Volksblad oor nog ‘n oproer, dié keer op Boshof in die Wes-Vrystaat.

Vanjaar se voorvalle maak bykans die helfte uit van alle soortgelyke voorvalle sedert 2004. Daar kan geen twyfel wees nie dat dit skerp toegeneem het.

Dit is geen vreemde verskynsel dat daar ‘n skerp toename in oproergevalle is na ‘n bewindsoorname nie. Dit vind egter gewoonlik plaas wanneer ‘n diktatoriale regering in die stof gebyt het, en die skerp onderdrukkende maatreëls wat gegeld het soos die prop van ‘n drukkoker afblaas.

Dit wil voorkom asof die afsydigheid en ontkenningspolitiek van oudpres. Thabo Mbeki ‘n soortgelyke uitwerking gehad het. Verwagtinge is telkemale met sy oop oor-benadering voor verkiesings geskep, waarvan in die praktyk skynbaar dadels van die grootste gros gekom het. Die Zuma-bewind erken nou dat korrupsie hande uit geruk het, dat massiewe brouwerk met die bou van HOP-huise plaasgevind het, dat MIV-Vigs inderdaad ‘n slagting van mense veroorsaak het...

Nou is daar as’t ware ‘n nuwe “scramble for Africa.” Geen gemeenskap wat nou duidelik onder die besef is dat hy aan die agterspeen gesuig het, wil nou sy aanspraak op hulpbronne uit die openbare oog laat verdwyn nie. Dit is ongelukkig bykans elke gemeenskap.

Dat baie van die soustreinryers nog nie die skrif aan die muur gesien het nie, blyk egter steeds. Vorige LUR’e en Premiers wat ongeskeduleerde besoeke aan skole bring, en met openingstyd die hekke sluit om skoliere wat laat kom uit te sluit, moes dan verbysterd besef die skoolhoof en ‘n hele groep onderwysers is ook uitgesluit. Zuma en sy ministers vind dit steeds, selfs al is die besoeke vooraf gereël. Burgemeesters en raadslede wat nie opgespoor kan word nie, en ‘n polisiekommissaris wat soek was, en later in burgerlike drag sy opwagting gemaak het.

Werksetiek ontbreek dikwels by dienslewering. Dis nie iets wat vanself regkom nie.

Die spreekwoordelike roede, en as dit nie help nie, die trekpas, is al wat die land weer aan die beweeg sal kry. Dienslewering en etiek gaan hand aan hand.  

Was China se aarbewingramp mensgemaak?

Was China se aarbewingramp mensgemaak?

Het die Chinese self die aardbewing veroorsaak wat 8 op die Richterskaal geregistreer, en 68 000 mense se dood veroorsaak het? Destyds is ook berig van bykans 20 000 mense wat vermis is, en amper 400 000 wat beseer is.

Die aardbewing het in Mei 2008 se Sichuanprovinsie voorgekom, pas na die reuse Zipingpudam voltooi is. Dit hou 320 miljoen ton se watergewig, en is tussen twee aardkorsfoute gelë. Die een aardkorsfout grens in wese teenaan die dam, en die ander is sowat 7 kilometer daarvandaan. Die aardbewing se episentrum was sowat 20 kilometer van die dam.

Navorsing in die VSA toon dat die skielike gewigstoename op die aardkors wel tot die aardbewing, of minstens die versnelde voorkoms daarvan, kon bygedra het. Dit lyk ook of die water na die foutlyne kon deurdring, en as ‘n tipe smeermiddel kon dien, wat sou verklaar waarom die episentrum so na –aan die dam voorgekom het.

Die gevolg is dat die spanningsvlakke wat tot die aardbewing gelei het met tussen tientalle en duisende jare versnel is. Groot lewensverlies en $75 biljoen se skade was die gevolg.

Bron: Christian Science Monitor