Herrie se blog

 

Oom Anneries se stoepstories

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Dewetsdorp in die knoffel

“Ja,” sug oom Anneries, “ek sien vanoggend Dewetsdorp wil nou ook dispuut verklaar.”

“Verbaas my nie,” sê ek, “vandat daai berigte verskyn het hoe die kinders in die koshuis nie eens water het om tande mee te borsel nie.”

“Smaak my die regering reken hier kom groot moeilikheid.”

Ek is nogal verbaas. Vir my lyk dit of die regering eerder heeltemal geneig is om altoos net die silwer randjie raak te sien – die donker wolke soos die misdaad, swak dienslewering en werkloosheid is net persepsies – die dat ‘n eie koerant beplan word – ter wille van die silwer randjie, bedoel ek.

“Hoe so, oom Anneries?”

“”Nee man, jy onthou mos die grappie van die laaste NP-regering wat so met hul laaste begroting so kwaai vir Korrektiewe Dienste begroot het. Sodat elke tronk in ‘n luukse hotel omskep word, met skottel-TV vir elke sel en so aan. Om voorsiening te maak vir die nuwe bedeling wanneer hulle dalk self agter tralies sou wees.”

“Ek onthou, ja oom.”

“Nou waarvoor reken jy bou die nuwe regering so kleinhuisies dat daar nie meer genoeg drinkwater is nie? Dat die riool so in die riviere beland?”

“Vir stemme oom. Hulle fokus te veel op wat bokant die grond staan en stemme trek, en te min op die infrastruktuur wat onder die grond daarvoor nodig is.”

“Nee man, want hulle weet ons gaan vreeslik k&^. Oneindig k&*.”

Herrie se kerrie

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Tot die dood toe lus vir koffie

Herrie is ‘n man wat self nie soggens aan die gang kom voor ‘n koppie boeretroos nie eers ingekry is nie. Of soos hulle in Herrie se wêreld van herkoms sê, ‘n kommetjie gaat.

Maar Herrie meen darem die dag as hy sy laaste asem uitgeblaas het, sal die lus verdamp.

Elke nou en dan het Herrie die voorreg om met ‘n ekspert-verteller uit verskillende beroepe te gesels. Nou weer iemand wat op die spoorweë gewerk het, eers as stoker, toe as masjinis en later as drywer. Die verskil synde blykbaar toe oorgeslaan is van stoomlokomotiewe na diesels en elektriese eenhede.

Eers word die tragiese verhale opgediep, van hoe gevaarlik die werk was.

Maar toe is daar na die humoristiese geleenthede in herinnering geroep.

Destyds was dit nog algemeen dat lyke met die trein vervoer is – in die bagasiedeel van die kondukteurswa. Plankies is voor en agter die kis in die houtvloer vasgeslaan sodat die kis mooi op sy plek moet bly. Soms het die familie iemand saamgestuur om die kis te begelei.

Tydens een so ‘n rit word die kondukteur middernagtelik by ‘n stasie afgelos, en die trein is verder. Die nuwe kondukteur weet van die kis en lyk, maar nie van die begeleier nie.

Naderhand skink die kondukteur vir hom ‘n beker koffie. Dis toe dat die deur na die bagasiedeel oopgaan en ‘n vaak stem laat hoor: “Kan ek ook asseblief bietjie koffie kry?”

Om te sê daar is effe koffie van die skrik gestort sal wees om die waarheid bietjie te rek. Die koffie is met ‘n boog gelanseer, en die kondukteur is op slag by die toe venster uit. Duidelik het hy gedink die oorledene se koffielus is nie deur sy heengaan geblus nie.

Eers by die volgende stasie sou die drywer en stoker die ontstellende nuus verneem van die kondukteur wat besluit het sy wa is ‘n gawe plek skielik te makeer. Die lokomotief is maar afgehaak, en terug op sy spoor, tot hulle die sleg beseerde kondukteur gekry het.

Nee, Herrie weet nie of die kondukteur verder in sy eie wa gery het nie. Ook nie of die begeleier toe ooit koffie gekry het nie. 

Oom Anneries se stoepstories

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Praat van die duiwel

“Hierdie duiwel agter elke molshoop uitskoppery pla vir jou oom Anneries nou regtig.”

Ons praat oor die een skoolkind wat die ander met ‘n Ninja-swaard doodgesteek het.

“Maar dink oom nie die duiwel is werklik nie?”

“Werklik ja, maar soos nou die dag se storie oor die duiwel wat die dominees se haelgeweer gelaai het – daai is sommer beeldspraak.”

“Nou hoe het ek dit dan nou?”

“Man, die ding is net as iemand aanjaag, gee hy te maklik die skuld vir die duiwel, en hy self staan sondeloos daar. Soos oorle’ Eva al in die paradys gemaak het.”

“Ja oom, smaak my ook al daar is mense wat meer oor die Satan as oor die Here begaan is. Soos oom sê, die duiwel agter elke molshoop uitskop.”

“Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, die duiwel lê en loer en wag sy kans af. Maar ons kan ons darem nie verontskuldig en sê maar ek het niks verkeerd gedoen nie, dis die duiwel wat die dagga in my twak gesit het, of die duiwel wat die gesteelde geld in my sak gesit het, of die duiwel wat die petrol getrap het dat ek te vinnig gery het, of iemand op ‘n blinde hoogte verbygesteek het nie.”

“Ja oom Anneries.”

Hy tuur oor die dorp. Oorkant blink dit in ‘n straat. Seker weer riool wat uitloop. Die duiwel seker weer ‘n prop in die pyp gaan sit.

“Nee, elkeen moet net sorg dat sy hart reg is by die Here, en om volgens sy Woord te lewe. Dan sal ons minder van die duiwel weet.”

 

Nuuskommentaar

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

en flaminkbewaring, en daar gaan die land se beeld

Nog ‘n plaasaanval, maar dié keer is die slagoffer vir dood agtergelaat, anders as die vorige waar die slagoffer wel die lewe gelaat het.

Wat die jongste aanval meer stukrag gee is dat die slagoffer, mnr. Ludwig Taschner, ‘n bekende rooskweker is. Soos die aanval op die bekende David Ratray, kan ook nou verwag word dat Suid-Afrika weer in die buiteland behoorlik die aandag sal trek – ongelukkig weens die verkeerde redes.

Dit val saam met die skorsing van drie senior amptenare van Natuurbewaring in Kimberley. Ook hierdie insident sou nie internasionaal die aandag getrek het nie, as dit nie gekoppel was aan iets wat wél internasionaal belangstelling wek nie. Dit is die broeikolonie van die skaars klein flaminksoort op die Kamfersdam.

Die spreekwoord lui immers dat ‘n profeet nie in sy eie land geëer word nie, en dikwels staan Suid-Afrikaners verstom oor die reaksie wat optrede teen iemand wat in Suid-Afrika nie die nodige erkenning kry nie, internasionaal ontlok.

Suid-Afrika volg nou reeds meer as ‘n dekade ‘n Afrika-gesentreede beleid, waarmee niks skort nie. Maar dit beteken nie dat die wêreld daar buite ophou bestaan het nie. Die lande wat die IMF befonds, die werklike groot voedselverskaffers en die tegnologiese toonaangewers bevind hulle buite Afrika, en dit is ‘n eer dat soveel Suid-Afrikaners in daardie geledere nie net kan meeding nie, maar ook kan uitblink.

Om weens ‘n Afrika-gesentreerdheid hierdie mense nie as bekendes en kundiges in hul veld te reken nie, hou groot risiko’s in.

Dit beteken nie daar moet spesiale behandeling wees vir internasionaal bekendes nie. Die grondwet bevat immers die gelykheidsbeginsel. Dit beteken bloot dat die owerheid sekere basiese verantwoordelikhede het, soos om die veiligheid van al sy burgers te verseker. Was dit die geval, was Suid-Afrika nie om verkeerde redes internasionaal op voorblaaie nie.

Prof. Willie Esterhuyse het juis na aanleiding van die presidensiële verslag dat korrupsie toeneem, gewaarsku dat ‘n land waar korrupsie endemies raak, in die moeilikheid is. Dit is waar sakelui en ander nie meer sake kan doen sonder om iewers gunslone te moet betaal nie. Die skorsing van die drie amptenare kon nie op ‘n slegter tyd vir die land gekom het nie, en al sou dit later blyk dat die optrede geregverdig sou wees, sal die vraag altyd bestaan of ander opsies nie minder skadelik vir die land sou wees nie. Hierdie voorval volg kort nadat Unesco Suid-Afrika gelooi het oor hoe een van sy wêrelderfenisterreine, die Vredefortkoepel, hanteer word.

‘n Mens hoef net die verskillende spellings van Kamfersdam te Google om te sien hoe hoog hierdie flaminkprojek internasionaal aangeslaan word. Om ‘n behuisingsprojek in dieselfde asem te noem sál vir die groenes wêreldwyd na ‘n stommiteit lyk – die land het immers ruim grondgebied wat nie ekologies sensitief is nie.

Die jongste plaasaanval is die tweede sedert die Vrystaatse politikus, Dan Kgthule, die land se boere gestriem en die skuld vir stadige grondhervorming op hul skouers gepak het.  Hy het egter verder gegaan en retoriek oor grondroof opgedis, en boonop die vraag gevra of Robert Mugabe nie na Suid-Afrika gebring moet word om die grondhervorming hier te dryf nie. Dit mag populisties wees, maar skiet sy kontinent se pogings om internasionaal fatsoenlik te wees erg in die voet.

Oom Anneries se stoepstories

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

‘n Boer maak ‘n plan

“Kry jy nie bietjie lekker nie?” vra oom Anneries terwyl ons wit stome oor ons warm koffie blaas, en na die sonsopkoms oor die Maluti’s kyk.

“Bedoel oom nou oor die berig oor die Vrystaatse Jeugkommissie – dat die Premier die Wetgewer onvoorwaardelik om verskoning moet vra?”

“Einste. Is mos jy wat die regsmening geskryf het wat tot die klag by die Openbare Beskermer gelei het.”

“Ja oom, maar ook net oor niemand anders beskikbaar was nie, en daar minder as ‘n halfuur was om dit te doen. G’n behoorlike regsmens sou hom in so ‘n blik laat druk het nie.”

“Juistement, die beste antwoorde kom nie noodwendig van die geleerdste mense nie.”

“Die regte is darem ‘n annerster ding, oom.”

“Man, laat oom Anneries jou nou vertel van die slag wat die Goewerneur-generaal met die Wit Trein van Kaapstad na Pretoria gereis het, en sy lyfarts om ‘n rede nie kon saamry nie. Iewers in die Karoo raak die Goewerneur-generaal erg siek, en die trein stop by ‘n klein dorpie sodat die plaaslike dokter, ‘n jong mannetjie, kan kom kyk wat aangaan. Dié skryf toe ‘n verslag aan die lyfarts en verwys so terloops, soos u weet en so aan, na die gevorderde vlak van kanker...Maar die lyfarts het van niks daarvan geweet nie.

“Maar dis darem nog ‘n dokter oom. My los regsvakke maak van my allermins ‘n regsgeleerde.”

“Almiskie. Jy onthou van jou grootoom, oom Pieter de Necker, wat nou die dag op amper 100 dood is.”

“Ja oom, ek onthou hom goed.”

“Nou ja, hy het mos buite Fauresmith geboer. Daar deel die trein en die karre die hoofstraat. By die klofie waar die pad en die spoor die dorp ingaan, het ‘n reuse rots op die sypaadjie gelê, en die voetgangerverkeer gepla. Die munisipaliteit sit toe ‘n tender uit om die rots te verwyder.

“Man, en die manne se tenders is duur. Maar een man kwoteer sommer baie, baie minder. So min, die raad is skepties hy sal die werk vir so min kan doen. Maar die man verseker hulle hy kan, trouens, hy sal dit eers verwyder en as die raad nie tevrede is nie, hoef hulle hom ook nie te betaal nie.

“Die volgende dag is die rots weg. Skoonveld, sonder eens ‘n teken van ‘n gespokery. Toe wil hulle weet hoe die man dit reggekry het, maar hy wil eers sy geld hê. Toe kom dit uit hy het met ‘n bakkie en ‘n span werker gekom, en hulle het ‘n gat langs die rots gegraaf, die rots ingerol, die gat toegegooi en die oorskietgrond weggery.”

 

Nuuskommentaar

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Die Vrystaatse Jeugkommissie

Die aanduidings bestaan nou dat die onverkwiklike sage rondom die aanstelling van die Vrystaatse jeugkommissie na ‘n punt beweeg.

Op die oog af is dit ‘n simplistiese saak. Beide die grondwet en die wet op die Vrystaatse Jeugkommissie maak die aanstelling van die provinsiale jeugkommissie ‘n gedeelde verantwoordlikheid van die premier en die Wetgewer. Die wetgewer is immers die premier en LUR’s se oorsigliggaam.

Die premier het uiteindelik terwyl die betrokke komitee van die Wetgewer besig was met onderhoude vir die aanstellings die jeugkommissie aangestel. Die Openbare Beskermer het dit as onregmatig bevind, en die Premier het vervolgens ‘n regsmening ingewin wat haar blykbaar gelyk gee. Nou het die Wetgewer besluit om te staan by die bevinding van die Openbare Beskerming.

Hoewel die teerling nou, uiteindelik na jare se toutrekkery en stofopgaardery gewerp is, is die kwessie nie afgehandel nie.

‘n Belangrike rede vir die hobbelrige speelveld is omdat hier aksies met regsgevolge geskied in die grys area tussen die wetgewende en uitvoerende gesag. In die parlement speel ‘n soortgelyke handeling hom nou af waar die parlement se ongelukkigheid met president Thabo Mbeki se aanstelling van die SAUK-raad nou tot groter afdwingingsmagte van die parlement lei. Reeds het die besware gekom dat die parlement hom nou buite sy speelveld op die terrein van die uitvoerende gesag bevind.

Hierteenoor bepaal die grondwet en konvensie dat die parlement ‘n oosigrol oor die uitvoerende gesag het, en soortgelyk die provinsiale wetgewers oor die Premiers Uitvoerende Rade.

Die skeiding van die wetgewende en uitvoerende gesag is lank nie meer so duidelik en afgebaken soos die oorspronklike modelle van die trias politica dit wou hê nie. ‘n Belangrike oorweging hiervoor is dat dit verhinder dat te veel mag in ‘n enkele orgaan gesetel raak. Waar koalisies aan bewind is, is ‘n groter mate van versmelting tussen wetgewende en uitvoerende gesag waarskynlik nie ‘n probleem nie. Waar ‘n enkele party egter allesoorheersend is soos in Suid-Afrika, en daardie party bowendien die grense tussen party en die wetgewende gesag erodeer sodat regeer in algemene belang in gedrang kom, is ‘n behoorlike skeiding van magte uiters noodsaaklik. So ‘n staat loop immers die gevaar om in ‘n diktatuur van die meerderheid te ontaard, en senior regeringslui het immers al onheilspellende geluide gemaak soos dat meerderheidsbelang swaarder as menseregte weeg. Dit trek in effek ‘n streep deur die konsep van grondwetlike demokrasie.

Die ander kant van die munt is egter dat wetgewing en die grondwet in die geval van die Jeugkommissie sekere verantwoordelikhede aan die Wetgewer opdra. ‘n Mens het voorts simpatie daarmee dat die Premier nie alleen aandadig was aan die uitgerekte proses wat haar uiteindelik nie op die Wetgewer se finale aanbevelings laat wag het nie.

In ‘n land wat deur erge wetteloosheid gekenmerk word, kan dit egter nie geduld word dat die premier haar oorsigliggaam systap waar die wet take aan die wetgewer opdra nie.

Vanuit Wetgewergeledere is die Premier daarvan beskuldig dat sy die Jeugkommissie as slarisstruktuur vir die ANC Jeugliga laat dien. Inderdaad was die Wetgewer se komitee besig met onderhoude met kandidate wat deur verskillende partye genomineer is, en wat gewoon deur die premier oor die hoof gesien is. Die jeugkommissie het juis pas ‘n klag by die Openbare Beskermer op die lyf geloop omdat ‘n groot bedrag staatsfondse bewillig is vir ‘n geleentheid waar ANC-leiersfigure met geen owerheidsampte nie, waaronder die ANC-jeugleier en die organisasie se president opgetree het.

Die afloop hiervan gaan nietemin ‘n groter toets vir die afbakening van regeermagte wees as bloot ‘n politieke magstryd tussen ANC-faksies.   

Herrie se kerrie

Plaasmoorde verander dinge erg....

Herrie is dankbaar om te verneem twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord van mnr. Gert Engelbrecht van die plaas Oshoek tussen Memel en Verkykerskop aangekeer.

As landbouongelukke by die moordsyfer bygewerk word, is die onnatuurlike sterftesyfer van boere en hul gesinslede in Suid-Afrika na raming hoër as die Chinese steenkoolmynwerkers se sterftesyfer. Hierdie werkers se beroep word algemeen as die gevaarlikste ter wêreld beskou.

Maar dis blykbaar nog gevaarliker om in Suid-Afrika te boer.

Herrie het ‘n kleintjie dood aan politici en ander heethoofde wat volhou om so te veralgemeen as hulle boere slegsê. Natuurlik is nie alle boere engeltjies nie. Maar dis so dikwels die goeie mense onder hulle, en hul vroue, en hul kinders, wat vermoor word.

Gewoonlik absoluut wreed vermoor word, so asof daar erge haat uitgestraal word. En Herrie weet van hierdie wreedheid, en die seer wat dit aan die naasbestaandes aanrig. Soos die vrou wat Herrie bel en haar emosies deel nadat haar bejaarde pa se voetsole genadeloos verbrand is, sodat hy maande na die voorval nog mank loop. Net omdat hy nie gehad het wat die aanvallers gesoek het nie.

En juis daarom is dit nodig dat die meningsvormers ‘n wag voor hul mond moet plaas. Dit sal ook nie skade doen om sommer so tussenin by die waarheid ook te bly nie.

Herrie was teenwoordig toe ‘n vorige premier van die Vrystaat, Winkie Direko na sy die toneel van ‘n plaasmoord by Senekal besoek en deur huilende plaaswerkers begroet is, emosioneel gesê het sy voel lus om vir die polisie te sê hulle moet plaasmoordenaars doodskiet voor hulle toegesluit word. Sy moes kwaai terugkrabbel hieroor, maar Herrie daag enigeen met ‘n binneste om die toneel van ‘n plaasmoord of erge plaasaanval te besoek en nie minstens so te vóél nie.

 

Herrie se kerrie

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

verander dinge erg....

Herrie is dankbaar om te verneem twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord van mnr. Gert Engelbrecht van die plaas Oshoek tussen Memel en Verkykerskop aangekeer.

As landbouongelukke by die moordsyfer bygewerk word, is die onnatuurlike sterftesyfer van boere en hul gesinslede in Suid-Afrika na raming hoër as die Chinese steenkoolmynwerkers se sterftesyfer. Hierdie werkers se beroep word algemeen as die gevaarlikste ter wêreld beskou.

Maar dis blykbaar nog gevaarliker om in Suid-Afrika te boer.

Herrie het ‘n kleintjie dood aan politici en ander heethoofde wat volhou om so te veralgemeen as hulle boere slegsê. Natuurlik is nie alle boere engeltjies nie. Maar dis so dikwels die goeie mense onder hulle, en hul vroue, en hul kinders, wat vermoor word.

Gewoonlik absoluut wreed vermoor word, so asof daar erge haat uitgestraal word. En Herrie weet van hierdie wreedheid, en die seer wat dit aan die naasbestaandes aanrig. Soos die vrou wat Herrie bel en haar emosies deel nadat haar bejaarde pa se voetsole genadeloos verbrand is, sodat hy maande na die voorval nog mank loop. Net omdat hy nie gehad het wat die aanvallers gesoek het nie.

En juis daarom is dit nodig dat die meningsvormers ‘n wag voor hul mond moet plaas. Dit sal ook nie skade doen om sommer so tussenin by die waarheid ook te bly nie.

Herrie was teenwoordig toe ‘n vorige premier van die Vrystaat, Winkie Direko na sy die toneel van ‘n plaasmoord by Senekal besoek en deur huilende plaaswerkers begroet is, emosioneel gesê het sy voel lus om vir die polisie te sê hulle moet plaasmoordenaars doodskiet voor hulle toegesluit word. Sy moes kwaai terugkrabbel hieroor, maar Herrie daag enigeen met ‘n binneste om die toneel van ‘n plaasmoord of erge plaasaanval te besoek en nie minstens so te vóél nie.

 

Nuuskommentaar

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Bestekopname vir die verkiesing

‘n Goeie foto sê meer as ‘n duisend woorde.

Die afgelope paar dae kon Vrystaters in die media foto’s sien van onder meer ‘n straat in Ventersburg wat eens ‘n teerstraat was, maar nou tot ‘n bruin pulp vertrap is. Nog ‘n foto wys hoe ‘n laerskool in Bronville by Welkom elektrisiteit met ‘n kabel van ’n huis oorkant die straat aanlê omdat die onderwysdepartement glo nie geld het om vir elektrisiteit by hierdie skool te betaal nie.

Die presidensiële jaarverslag wat onlangs bekend geword het, is verbasend eerlik oor verskeie aspekte. Daar word onder meer toegegee dat korrupsie en die inkomstegaping toegeneem het. Daar word egter ook volhard met die klem op die groter getal mense wat nou toegang tot basiese dienste het as wat die geval was toe die nuwe bedeling aangebreek het. Kenners is gou by om die gehalte hiervan aan te val.

‘n Spoelrioleringstelsel is immers ‘n gesondheidsgevaar as dit nie aan ‘n stelsel gekoppel is nie, of as die bestaande infrastruktuur onvoldoende is, of as die pompe by die suiweringsaanlegte nie werk nie. Onlangs nog is berig dat opgehou tel is toe ontleders by twee miljoen e-Coli-bakterieë per 100 milliliter water in die Vaalrivier gekom het. Drinkwater mag geen e-Coli bevat nie.

Dit is trouens vir die verstand moeilik om te midde van die gereelde berigte ‘n persepsie van die omvang van die probleme te vorm. Teen die tyd dat ‘n mens van die babasterftes in die Oos-Kaap lees, het mens reeds van die babasterftes by Reitz vergeet. Tussenin is mense in Soweto aan cholera dood wat skaars die media gehaal het. Die Delmassterftes is al in die vergetelheid. Dat ‘n afvaardiging aan die parlement gesê het Suid-Afrika sit nog op honderde potensiële Delmasse is ook reeds grootliks vergete.

Goeie foto’s help dat die onaangename werklikhede langer vasslaan.

Net ‘n vyfde van die land se 247 munisipaliteite kon ongekwalifiseerde verslae by die Ouditeur-generaal verwerf. Nie minder nie as 22 se verslae is verwerp, en in 101 gevalle is ‘n ouditmening weerhou. In net 2 gevalle het munisipaliteite heeltemal skoon verslae gekry.

Terwyl sommige politici duidelik probeer om kiesersteun te werf deur aanstigting en ophitsing, soos ook vandag deur mnr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA in Volksblad uitgewys, is daar al hoe meer tekens dat politici soos mnr. Johnny de Lange bekommerd raak oor die sake soos die strafregstelsel wat op mank bene staan. Ander is eerlik oor die toedrag van sake in die onderwys.  

Die slegte nuus is dat hierdie nugterheid in die ANC hoofsaaklik tot mense beperk is wat duidelik in die Mbeki-kamp staan.

Meningspeilings dui al ‘n geruime tyd daarop dat die publiek minder verskonend oor die regering se mistastings is. Vertroue in die regering se hantering van inflasie het al tot ongeveer 30 persent gedaal in ‘n opname wat gedoen is lank voor die voedsel- en brandstofkrisisse hul knyp laat voel het. Tog dui ander peilings dat opposisiepartye nie regtig wen deur die ontgogelings wat plaasvind, soos wat in ‘n volwasse demokrasie sou gebeur nie. Jan-Jan Joubert het byvoorbeeld daarop gewys dat die ANC steeds sterk, dalk sterker as na die vorige verkiesing maar swakker as na die oorlopery, uit die verkiesingstryd sal tree onder meer weens die inploffing van die IVP. Die aanduidings is wel daar dat ‘n groot wegblystem ‘n rol gaan speel.

Die opposisie het ‘n ondankbare rol. Tydens ‘n vorige verkiesing is dit al bewys dat ‘n felle aanslag op die ANC se mislukkings deur baie kiesers as ‘n anti-swart sentiment vertolk word, en kiesers juis na die ANC dryf. Opposisiepartye wil juis die beeld uitdra dat hulle positief is en nie net teer op die regerende party se foute nie. Korrupsie het volgens sommiges so endemies geword dat mense en organisasies wat belange gekoop het, nie kan bekostig dat die ANC sy beheer verloor nie.

Druk is op die opposisiepartye om saam te staan, wat ook ‘n rits potensiële nadele kan inhou, soos dat dit as ‘n blote anti- ANC-aksie gesien kan word, en dat partye wat weens unieke beleidsriglyne ‘n eie trekkrag vir hul nismarkte het, hierdie glans kan verloor.

Die ANC staan ook nie met leë hande nie, en hoewel bedenkinge oor die kwaliteit gekoester kan word, sal die party sy groot toegang tot fondse gebruik om die positiewe hiervan uit te lig. Boonop staan die ANC onder nuwe bestuur – weliswaar onbeproef en met gevaartekens – maar dit inhibeer nie die openbare steun nie.

Oom Anneries se stoepstories

Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4

Die bult uit

Baie van oom Anneries se stories het ek al gehoor. Maar mens help hom nie reg nie. Hy is so ‘n vindingryke verteller dat daar altoos nuwe kinkels bykom, dit kon netsowel ‘n nuwe storie gewees het.

“Man, van die Ingelse die konvensionele oorlog gewen het, het die Boere mos guerrilla-oorlog  beoefen. Kos en voorraad was maar skraps maar gelukkig het die Engelse heel onbedoeld kos vir die Boere met die treine aangery. Maar die afhaal van daai kos was nie alte maklik want die Ingelse was half teë daarop  en het vreeslik kapsie gemaak soos om op die Boere te skiet.

Nou so het die Boere gou agtergekom ‘n lokomotief sukkel teen ‘n opdraande uit as die Boere ghries daarop gesmeer het. Maar ghries was nie altyd beskikbaar nie, en het hulle uitgevind nat beesmis werk net so lekker – in elk geval vir ‘n rukkie.

“Dis nou waar die Boere langs die spoor weggekruip het om te wag tot die trein so te sê stilstaan dat die misverstand ontstaan het. Dis wanneer die drywer of stoker sê ‘We are going to skate today’ dat die misverstand ontstaan het. Hulle het gemeen die ‘skate’ verwys na die nat beesmis.”

“Deesdae skate ons vreeslik. ‘n Slag ‘n dominee selfs met so motorfiets geval na hy op riool geskate“Ja,” sê oom Anneries, “Mens kan sê ons gaan sk die bult uit al dieper die %$# in.”

“Ons skate“Ja,” sug oom Anneries, “Ons huidige regering het nie die skatekuns uitgevind nie, net vervolmaak.”